Swart Dolfyn-Tronk

Die Federale Regeringsinstelling – Strafkolonie No.

6 Federale Strafgevangenisdiens van Rusland in die Orenburg-oblast, algemeen bekend as die Swart Dolfyn-tronk (Russies: Чёрный дельфин, Tsjorni delfin), is 'n korrektiewe instelling in Sol-Iletsk, Orenburg-oblast, Rusland, naby die land se grens met Kasakstan. Die tronk is een van die oudstes in Rusland en een van die eerstes in die Orenburg-oblast vir onder andere gevangenes met lewenslange vonnisse. Die nieamptelike naam kom van die swart standbeeld van 'n dolfyn wat glo deur 'n gevangene gemaak is en by die hoofingang staan.

Swart Dolfyn-tronk
Swart Dolfyn-Tronk
Ligging
Stad/dorp  Orenburg
Land Vlag van Rusland Rusland
Inligting
Status Werkend
Bevolking 700
Bestuur deur  Federale strafgevangenisdiens

Geskiedenis

Die Swart Dolfyn was sedert minstens 1745 'n gevangenis (ostrog, "fort" of "tronk") vir gevangenes wat tot dwangarbeid gevonnis is. Ná die onderdrukking van die Poegatsjof-rebellie in 1773 is die tronk opgedateer vir die deportasie en aanhouding van rowers. Die tronk het plek vir sowat 700 van Rusland se gehardste misdadigers, insluitende kindermolesteerders, moordenaars, terroriste, kannibale en reeksmoordenaars.

Die gevangenes dien almal lewenslange vonnisse uit. Die tronk het dié soort gevangenes van 1 November 2000 af begin aanvaar.

Toestande

Gevangenes word alleen aangehou in selle met 'n stel van drie staaldeure. Hulle oefen 90 minute per dag in 'n groot hok; in dié tyd word die selle deursoek vir onwettige voorwerpe. Die gevangenes word 24 uur per dag dopgehou en word nie toegelaat om op hulle beddens te rus of sit vandat hulle opstaan totdat hulle gaan slaap nie (16 uur). Wanneer 'n bewaarder 'n bevel aan die gevangenes gee, moet hulle "Ja, meneer" antwoord.

Die bewaarders doen elke 15 minute die ronde om seker te maak die gevangenes hou by die reëls. Die gevangenes kry vier keer per dag sop, en het net toegang tot boeke, koerante en 'n radio.

Bewaarders blinddoek gevangenes met hulle aankoms sodat hulle nie 'n grondplan van die tronk in hulle koppe kry nie. Hulle word ook geblinddoek wanneer hulle tussen geboue vervoer word. Bewaarders het 'n unieke manier om die gevangenes te vervoer: Hulle moet vooroor gebuig sit terwyl 'n bewaarder hulle geboeide hande agter hulle rug vashou, hoër as die heupe. Dit sorg vir maksimum beheer.

Hoewel daar gerugte van die mishandeling van gevangenes by die Swart Dolfyn is, is daar geen bevestigde verslae of klagtes nie.

Die Duitse aktrise Carola Neher het in 1942 in die Swart Dolfyn gesterf.

Verwysings

Skakels

  • Swart Dolfyn-Tronk  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Swart Dolfyn-Tronk GeskiedenisSwart Dolfyn-Tronk ToestandeSwart Dolfyn-Tronk VerwysingsSwart Dolfyn-Tronk SkakelsSwart Dolfyn-TronkDolfynKasakstanOrenburg-oblastRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bela-BelaMinervaMaroela MediaMichail BoelgakofKliniese depressieLiewe HeksieNiccolò MachiavelliJapanKwaggaTuisbladChester A. ArthurBloedvergiftigingAnglo-BoereoorlogRina HugoSpringsKonjunktivitisParkinson se siekteJavaScriptTafelbergInternetPuberteitKnieAnale seksJudaïsmeRomeinse RykOraniaVaginaAfrikaanse skrywersAntarktikaSint-LaurensrivierGeologieJohannesburgWelkomHoër Landbouskool BolandVSA dollarLiesbreukInterlingueSeksposisieLys van Suid-Afrikaanse musikanteAartappelZuurbekomDierewelsynBolsjewisKadmiumSokkerCharles II van EngelandJuan Antonio VillacañasRuan JoshWaterpokkiesKunsmatige intelligensieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMusieksimboleBloeddrukSally EsterhuizenSkilpadMarkenApartheidBloedplaatjieDuitslandMeksikoSpysverteringstelselNarkoseYouTubeSuid-Afrikaanse GrensoorlogRanger 5Bruin menseVlag van EuropaNelson MandelaAmazon.comVerenigde StateAbstraksie (rekenaarwetenskap)Russiese Rewolusie (1917)BynierUniversiteit van die WitwatersrandLiefdePatriot🡆 More