Swart-Mfolozirivier

Die Swart-Mfolozirivier (Swart-Umfolozirivier, Imfolozi emnyama) is 'n rivier in KwaZulu-Natal.

Swart-Mfolozirivier
Stroomgebied KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Oorsprong oos van Vryheid, KwaZulu-Natal
Monding samevloei in Mfolozirivier
Oorsprong-hoogte 1 500 m
Monding-hoogte 46 m
Ligging van Swart-Mfolozirivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Swart-Mfolozirivier
Swart-Mfolozirivier
Koördinate: 28°21′7.67″S 31°58′51.02″O / 28.3521306°S 31.9808389°O / -28.3521306; 31.9808389 31°58′51.02″O / 28.3521306°S 31.9808389°O / -28.3521306; 31.9808389

Oorsprong

Hierdie rivier ontspring op 'n hoogte van 1500 m bo seespieël, ongeveer 20 km oos van Vryheid by 27° 48′ 23″ suid en 31° 2′ 16″ oos.

Stroom

Die rivier is opvallend kronkelrig en loop deur savanneveld, met lae bome en welige plantegroei. Op die suidoostelike hoek van die Hluhluwe-iMfolozipark sluit dit by die Wit-Mfolozirivier aan om die Mfolozirivier te vorm. Die Mbhekamuzi- Thake-, Sikwebezi- en die Vunariviere is die grootstes van 'n groot aantal sytakke.

Warmbron

Die Thangami-warmbron is suidoos van die dorpie Swart-Umfolozi en wes van die dorpie KwaCeza, op die noordelike oewer geleë.

Naam

Umfolozi is 'n Zoeloe-woord met die betekenis “die dwalende een”. Dit verwys na die baie kronkels in die rivier. Waarskynlik het die opvallende hoeveelheid donker klippe in die rivierbedding tot die voorvoegsel swart aanleiding gegee.

Lees ook

Bibliografie

  • Bate, G.C. Whitfield, A.K. en Forbes, A.T.: A review of studies on the Mfolozi estuary and associated flood plain, with emphasis on information required by management for future reconnection of the rivier to the St. Lucia system. wrc.org.za
  • portfoliocollection.com
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973. ISBN 0-625-00325-X
  • Wannenburgh, Alf: The natural wonder of Southern Africa. Kaapstad: Struik, 1984. ISBN 0-86977-088-8

Tags:

Swart-Mfolozirivier OorsprongSwart-Mfolozirivier StroomSwart-Mfolozirivier WarmbronSwart-Mfolozirivier NaamSwart-Mfolozirivier Lees ookSwart-Mfolozirivier BibliografieSwart-MfolozirivierKwaZulu-Natal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anrich HerbstWapen van Suid-AfrikaKommaJeugdagHerfsTelwoordMisdaadLetterkundeTydKleurVormLeestekenGemeenskapLys van NG gemeentesNederlandHartMusiekMagneetLeeuNarsismeLongBetonNasionale VrouedagGeslagsgelykheidMenseregteRuslandMIVDachshundSowjetuniePersoonlike voornaamwoordDagboekGewone luislangGriepUniversele Verklaring van MenseregteNoord-KaapGevolge van aardverwarming op oseaneMonumentHomoniemNierversakingKasteel die Goeie HoopHoedHaasLiefdeErosietipesLys van kinderspeletjiesKoolstofDansDigitale en analogiese tydThomas EdisonPotchefstroomHernubare energiePinksterLeierskapPeriodieke tabelWerkersdagPornhubAgtervoegselAsiëAB de VilliersVaginaTikTokStadCarles PuigdemontAfro-AmerikanersVaginale kankerReënspinnekopWes-KaapJohannesburgGeografie van Suid-AfrikaProstaatkankerNederlandsBloukraanvoëlVryheidsdagTsongaPrimêre sektor van die ekonomie🡆 More