Middeloorontsteking (in leketaal gewoonlik net oorontsteking genoem) of otitis media is 'n ontsteking van die middeloor.
Dit is 'n algemene verskynsel wat veral by kinders gevind word. Afhangend van die tipe, kan middeloorontsteking verskillende simptome hê, soos oorpyn of vloeistof wat uit die oor loop (minder gereeld), maar dit kan ook sonder simptome wees.
Middeloorontsteking | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | H65-H67 | |
ICD-9 | 017.40, 055.2, 381.0, 381.1, 381.2, 381.3, 381.4, 382 | |
DiseasesDB | 29620 sereus, 9406 lokale teerheid | |
MedlinePlus | 000638 akuut, 007010 met effusie, 000619 kronies | |
eMedicine | emerg/351 ent/426 komplikasies, ent/209 met effusie, ent/212 Mediese behandeling, ent/211 Chirurgiese behandeling ped/1689 | |
MeSH | D010033 | |
Mediese waarskuwing |
Die helfte van al die gevalle van oorpyn verdwyn sonder behandeling na drie dae en 90% verdwyn binne sewe tot agt dae. Daarom is die hoofbehandeling vir oorontsteking pynstillers en anti-inflammatoriese middels. Antibiotika soos penisillien VK help net in sommige gevalle en kan ernstige newe-effekte hê.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Middeloorontsteking, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.