Skiepertjie

'n Skiepertjie (Nederlands: Schipperke) is 'n klein Belgiese hondjie met 'n oorsprong in die vroeë 16de eeu.

Skiepertjie
Skiepertjie
Alledaagse bynameSpitzke
OorsprongBelgië
Kenmerke
Gewig 3-9 kg
Hoogte Reun 33,6 cm (gem.)
Teef 31,2 cm (gem.)
Kleur Enige effekleur
Lewensduur 13–15 jaar
Klassifikasiestandaarde
FCI Group 1, Section 1 Skaaphonde #083 standaard
AKC Nie-sportief standaard
ANKC Groep 7 (Nie-sportief) standaard
CKC Groep 6 (Nie-sportief) standaard
KC (UK) Nuts standaard
NZKC Nie-sportief standaard
UKC Metgesel standaard
Hond (Canis lupus familiaris)

Beskrywing

Skiepertjie 
'n Skiepertjie toon die dik rol rondom sy nekgedeelte.

Skiepertjies is klein hondjies met 'n dubbelpels van sagte dons aan die onderkant en growwer, langer hare aan die bokant. Die ras het 'n langhaarmaan, wat met 'n punt hang teen die rug af, tot by die kruis. Hoewel hul meesal swart van kleur is, kom hul somtyds ook in ligbruin voor.

Die hondjies is bekend vir hulle stoute, nuuskierige en somtyds hardkoppige temperament. Skiepertjies is baie energiek en benodig gereëlde oefening en kan veeleisend wees vir eienaars aangesien hulle nie altyd gehoorsaam is nie. Hulle is verder bekend vir hulle wakker geblaf as hulle van indringers bewus raak en is dus goeie waghonde.

Agtergrond

Die naam skiepertjie, kom van die Nederlands ""Schipperke"" wat "klein kapteintjie" beteken. Die hondjies het hul naam gekry aangesien hulle in België en Nederland op kanaalbote gewerk het, ondermeer as waghonde en muisvangers.

Die hondjie word geklassifiseer as 'n nutshond, 'n beskrywing vir nuttige honde wat vir verskillende doeleindes gebruik kan word.

Skiepertjies in kuns en kultuur

Beatrix Potter se kinderverhaal The Pie and the Patty-Pan bevat verwysings na 'n Skiepertjie genaamd "Duchess".

Verwysings


  • Skiepertjie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Skiepertjie BeskrywingSkiepertjie AgtergrondSkiepertjie s in kuns en kultuurSkiepertjie VerwysingsSkiepertjieBelgiëHondNederlands

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JeuksiekteBloeddrukNasionale VrouedagKlem-in-die-kaakFabelBywoordJohann de LangeSeekoeiHartSkaakAppelNasionaal-SosialismeDonderstormSharpeville-slagtingSeptimius AwardsKoeffisiënt en magswortelLys van Griekse mitologiese figureJodeLenteBotswanaDigvormVersoeningsdagInsekKaartPussy RiotNamibiëErfenisKunsGrondJan van TonderGrootste rampe in Suid-AfrikaMynbouAntieke EgipteKleurLimfvatstelselBoerboelKoos du PlessisOorkruipersPiesangBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Onderhandelinge om apartheid te beëindigKitaarGeografie van Suid-AfrikaNiemetaalHemelvaartLetsiteleNag van die lang messeFotosinteseOogproblemeKommunismeVoortrekkermonumentIsraelDermpoliepWerkwoordEreksieKrimpvarkieAkuutKatherine JohnsonOrtopedieHeuningbyDysselsdorpVratKunsmatige algemene intelligensieInleiding tot die genetikaWet op NaturellengrondDuitslandKappie (skryfteken)Pornografiese akteurHamburgerWaarheid-en-versoeningskommissieMiltAnale kankerBerilliumMarie AntoinetteWes-KaapNelson MandelaSeksuele opwekkingNiersteen🡆 More