Sjepseskare: Egiptiese farao

Sjepseskare (ook bekend as Sjepseskare Isi en onder die Hellenistiese naam Sisires volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk.

Sommige kenners glo hy het van omstreeks 2455 tot 2448 v.C. regeer. Sy troonnaam beteken "Edel is die siel van Ra".

Sjepseskare
Sjepseskare Isi, Sisires
Farao van die 5de Dinastie
Periode  Omstreeks 2463-2445 v.C.
Voorganger  Neferirkare (?)
Opvolger  Neferefre (?)
Sjepseskare in Egiptiese hiërogliewe
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Sjepseskare: Egiptiese farao
R8wwsr s
r
Sjepseskare: Egiptiese farao
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
Sjepseskare: Egiptiese farao
raA50sskA
Sjepseskare: Egiptiese farao
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Hy is een van die farao's met die kortste bewind en sommige Egiptoloë soos die Tsjeg Miroslav Verner glo hy het net ’n paar maande lank regeer na aanleiding van sy onvoltooide piramide by Aboesir, waarvan die basis skaars voltooi was voor werk gestaak is, asook vanweë die min artikels wat die koning noem. Tog dui sowel die Turynse Koningslys as Manetho sy bewind as sewe jaar aan.

Bewind

Die enigste bekende artefakte uit Sjepseskare se bewind is ’n paar kleiseels van Aboesir, waar die koning moontlik begrawe is, en twee silinderseels volgens Verner. Verner glo ook Sjepseskare het Neferefre opgevolg en was nie sy voorganger nie, na aanleiding van die ontdekking in 1982 van verskeie nuwe kleiseels met Sjepseskare se naam Horus Sechemkaoe in die oudste deel van Neferere se dodetempel by Aboesir wat nie gebou was voor Neferefre se dood nie. Dit dui daarop dat Sjepseskare ná Neferefre moes regeer het. Hy meen die feit dat Sjepseskare in die Egiptiese koningslys as Neferefre se voorganger aangedui word, kan wees vanweë die politieke wanorde en dinastiese dispute van dié tyd.

Sjepseskare kon die seun van Sahoere gewees het wat vir ’n kort ruk die mag oorgeneem het ná Neferefre se voortydige dood. Verner lê klem daarop dat werk aan Sjepseskare se piramide, tussen die Piramide van Sahoere en die sontempel van Oeserkaf, onderbreek is baie kort nadat dit begin het, ná ’n paar weke of hoogstens ’n maand of twee. Hy glo die koning wou met die ligging van die piramide sy verwantskap aan óf Sahoere óf Oeserkaf wys.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antieke GriekelandEgipteFaraoManethoOu Ryk van EgipteRa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderhandelinge om apartheid te beëindigAngina pectorisWayback MachineAprilRugbyDierGrondbesoedelingGravis-aksenttekenPandemieAfrikaanse TaalmonumentProstaatkankerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVryheid van spraakKroonkiewietAntieke Nabye OosteAfrikaanse taalleerSaraikiRuslandEmily HobhouseKain en AbelSkilpadHoërskool Sentraal, BloemfonteinAborsieDanie du ToitLeukemieLettergreepSkaapSteve BikoLongontstekingWiskundeDistrik SesDie GelofteGriekelandAkkedisHolocaustSeekoeiBloeddrukDuitse maselsSmall HandsStephanus Jacobus du ToitRooihartbeesVoortrekkermonumentBlonde stereotipeNelson MandelaKarlien van JaarsveldGoogleBruto binnelandse produkLys van lande volgens bevolkingTsammaBreinvliesontstekingVaginaKouga Plaaslike MunisipaliteitSuid-Afrikaanse WeermagAfro-AmerikanersKlitorisSwangerskapIntensiewe vormLys van persone in die BybelSpierZirk BerghAfrikaanse woordelys en spelreëlsKoorsNic de JagerGrondsoorteInfeksieBruin menseSekelbosVlag van Suid-AfrikaKrimpvarkie2023 Spaanse Grand PrixMonopolieTuberkuloseBlackie Swart (sanger)MierBukkake🡆 More