Roelf Britz: Suid-Afrikaanse skrywer

Roelf Britz (*1906– † onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer van romans oor veral die lewens van mynwerkers.

Roelf Britz: Lewe en werk,  Skryfwerk, Publikasies
Roelf Britz

Lewe en werk

Roelf Britz is in 1906 in Petrusburg gebore as een van veertien kinders. Hy word groot in die Petrusbrug distrik en verhuis dan op twaalfjarige ouderdom na Bultfontein in die Vrystaat, waar hy matrikuleer. Na skool begin hy by ’n prokureur op Bultfontein werk. Nadat hy tien jaar op Bultfontein deurgebring het, verhuis hy saam met sy ouers na Brandfort. Vir sestien maande slaag hy nie daarin om werk te kry nie, selfs nie toe hy feitlik elke naweek Bloemfontein toe gaan om ook daar te probeer werk vind nie. Uit moedeloosheid gaan hy dan na die Rand toe, waar hy in 1929 in die Witwatersrandse goudmyne begin werk. Later word hy ’n mynkaptein. Hy is getroud en woon in Krugersdorp.

 Skryfwerk

Sy werk by die myn inspireer hom om tydens sy etensure te begin skryf. Mammon se afgronde en Goudkoors is romans oor mynwerkers, terwyl Die lokstem van verleiding die euwel van dobbel op windhonde en renperde beskryf.

Publikasies

Werke uit sy pen sluit in:

Jaar Publikasies
1944 Mammon se afgronde
1945 Goudkoors
1945 Die lokstem van verleiding

Bronnelys

Boeke

  • Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
  • Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
  • Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
  • Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
  • Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem. Treurspel-lewe. Transvaler, 29 April 1944

Verwysings

Tags:

Roelf Britz Lewe en werkRoelf Britz  SkryfwerkRoelf Britz PublikasiesRoelf Britz BronnelysRoelf Britz VerwysingsRoelf BritzAfrikaansRomanSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

B3D-rolprentSeksuele opwekkingKonjunktivitisNarsismeAppel (sanger)Herpes simplex20ste eeuNairobiKonsonantHJuan Antonio VillacañasToyota QuantumLeestekenSI-stelselHomoseksualiteitFrankrykCovid-19-pandemieBuffelLandbouNagapieEb-3 visaJDesimale breukeVaginale kankerEikelPaul McCartneyBiljoenAnna GravesVangueriopsis longifloraAsteroïdeBesnydenisOmkoperyPerdReddingskakeEier (voedsel)Anale kankerAngkor WatAardverwarmingAbercrombie & FitchDoodRockmusiek7de LaanBloeddrukSkerpioenEdward Higgins WhiteJeugdagSpysverteringstelselKoppeltekenCarcassonneTutsiIrakSuid-Afrikaanse randMotorLiefdeWaterTydbestuurBroodbomeNoag se arkSuiderkruisVisVerenigde KoninkrykLekkerruikpeulKaasSanskritVrye toegangMuishondKorrupsieDanie Botha (musikant)VormLys van kleureMaliAlliterasieLettergreepNepotismeSimon PetrusSlangLauren London🡆 More