Bultfontein

Bultfontein is 'n dorp in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika, 97 km noord van Bloemfontein.

Bultfontein
Bultfontein is in Vrystaat
Bultfontein
Bultfontein
Bultfontein Bultfontein se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°17′17″S 26°9′1″O / 28.28806°S 26.15028°O / -28.28806; 26.15028 26°9′1″O / 28.28806°S 26.15028°O / -28.28806; 26.15028
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitTswelopele
Stigting1874
Oppervlak
 • Totaal39,50 km2 (15,25 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal2 176
 • Digtheid55/km2 (140/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense58.3%
 • Indiërs/Asiërs0.8%
 • Bruin mense0.6%
 • Swart mense38.5%
 • Ander1.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 58.1%
 • Sotho 24.3%
 • Xhosa 6.2%
 • Tswana 3.9%
 • Ander 7.4%
Poskode (strate)
9670
Poskode (posbusse)
9670
Skakelkode051

Geskiedenis

Die dorp is in 1874 gestig. Die dorp het sy ontstaan te danke aan 'n sterk fontein, wat op die bult ontspring het. Dit was eers deel van die plaas Kameeldorings. Boesmans, Voortrekkers en wilde diere het by die bron kom water drink.

Bultfontein se fonteinarea is omskep in 'n park genaamd Parabaai. Die park het sy ontstaan te danke gehad aan ene Gerrit Viljoen (1893-1968), wie se idee dit was om die park te stig en te ontwikkel.

Bultfontein is ryk aan geskiedenis, naamlik: Die Tweede Vryheidsoorlog, vliegveld en die Boesmans. In die dorp se ou begraafplaas is Engelse soldate begrawe, wat tydens die oorlog gesneuwel het. Die vliegveld is deur D.J. Viljoen, seun van Gerrit Viljoen, en ander vennote soos Sannie Bekker ontwikkel. Bultfontein beskik oor groot neerslae goud en diamante. Myne sou op die dorp gestig word, maar het nooit 'n werklikheid geword nie.

Die plaas Bultfontein het eers aan Andrew Murray behoort, voor dit 'n dorp geword het. Bultfontein self het 'n bevolking van sowat tweeduisend inwoners en maak deel uit van die Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit.

Distrik

Die distrik is 3 000km2 groot. Mielies is die belangrikste gewas wat in die distrik verbou word asook sonneblomme, graan en grondbone. Trofeejag is ook van belang in die distrik.

Boorlinge van Bultfontein

Sien ook

Verwysings

Tags:

Bultfontein GeskiedenisBultfontein DistrikBultfontein Boorlinge van Bultfontein Sien ookBultfontein VerwysingsBultfonteinBloemfonteinSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CIndonesiëKuberkrakerBorsteSuid-KoreaDigvormPiet ByleveldWashington, D.C.BosluisGedigCarles PuigdemontWortelkanaalLys van Joodse feeste en herdenkingsJodeSamestellingFamilie (verwantskap)AardeErfenisDiplopodaGewone luislangEuropese RugbykampioenskapEikelLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePoësiePapegaaieDemokrasieDulcie van den BerghRugbyLuiperdYouTubeAntjie KrogNoord-KaapSwangerskapRooikatBrandmondsindroomVoedingAardbewingBruin huisslangOntkiemingEuropese UnieBTWOssewaSwedeSuid-Afrikaanse WeermagRussiesKrampSusan CoetzerKarpaletonnelsindroomJavaScriptAfrikaNatuurlike satelliete van kleinplaneteJan BloukaasKatAdolf HitlerSonsverduisteringHartversakingSarah Rose KarrBorsbeenMarsIngrid JonkerStaat PalestinaMolotofbomVoortrekkermonumentRooiwaterVratDundermWikiNaeltjiesAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome🡆 More