Prins Nikolaas Romanof

Nikolaas Romanowitsj Romanof (Russies: Николай Романович Романов; 26 September 1922 tot 15 September 2014) was ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en president van die Romanof-familievereniging.

Hoewel hy ’n afstammeling van tsaar Nikolaas I van Rusland was, is sy aanspraak deur sommige lede van die familie betwis wat beweer sy ouers se huwelik was nie "gelyk" kragtens die Russiese Ryk se wette nie. Hy word ook onder andere prins Nikolaas van Rusland, of prins Nikolai Romanof genoem.

Prins Nikolaas Romanof
Titel Prins van Rusland
Huis Holstein-Gottorp-Romanof
Eggenote Gravin Sveva della Gherardesca
Kinders Prinses Natalia Nikolajewna
Prinses Elizabeth Nikolajewna
Prinses Tatjana Nikolajewna
Gebore 26 September 1922
Oorlede 15 September 2014 (op 91)
Vader Prins Roman Petrowitsj
Moeder Gravin Praskowia Dmitrijewna Sjeremetjewa

Vroeë lewe

Prins Nikolaas is naby Antibes, Frankryk, gebore as die oudste seun van prins Roman Petrowitsj van Rusland en sy vrou, prinses Praskowia Dmitrijewna (geb. gravin Sjeremetjewa). Hy het ’n jonger broer, Dmitri, gehad. Hul pa was die enigste seun van groothertog Pieter Nikolajewitsj en prinses Milica van Montenegro. Hul oupa was die seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj (1831–1891), wat die seun was van keiser Nikolaas I van Rusland.

Prins Nikolaas het in Frankryk in ’n Russiese omgewing grootgeword met die gebruik van die Juliaanse kalender in die huis. Hy het sedert sy geboorte Russies en Frans gepraat. Sy gesin het later na Italië verhuis vanweë die hoër vlak van onderwys.

Hy het sy opvoeding in 1942 in Italië voltooi en het belanggestel in ’n vlootloopbaan, maar dit is die wiele gery deur sy bysiendheid. Hy wou daarna ingenieurswese studeer, maar die Tweede Wêreldoorlog het dit verhinder. Ná die oorlog het hy as ’n burgerlike werk gekry by die Geallieerdes se afdeling vir sielkundige oorlogvoering en die Amerikaanse inligtingsdiens. Sy gesin het in 1946 in Egipte gaan woon waar hy betrokke was by die koop en verkoop van Turkse tabak. Hy het ook by ’n versekeringsmaatskappy gewerk.

In 1954, ná die dood van sy swaer, het hy die bestuur van sy vrou se eiendom en besigheid in Toskane oorgeneem. In 1982 het hy na Switserland verhuis. As vlugteling van geboorte af het Nikolaas nie burgerskap van ’n land gehad nie en het hy oorsee gereis met ’n brief wat deur die koning van Griekeland uitgereik is. In 1988 het hy eindelik ’n burger van Italië geword. Prins Nikolaas het Rusland die eerste keer in Junie 1992 besoek saam met ’n groep sakelui. Hy het dikwels met die pers gepraat oor die Romanofs en het in TV-dokumentêre verskyn. In 1999 is ’n dokumentêr oor sy lewe gemaak deur die Russiese TV-kanaal NTV.

Familievereniging

Die idee van ’n Romanof-familievereniging het in die 1970's by sy pa opgekom. Ná sy dood in 1978 het Nikolaas en ander familielede die Romanof-familievereniging gestig met prins Dmitri Aleksandrowitsj as president en Nikolaas as visepresident. In 1989 is Nikolaas verkies tot president. Die meeste afstammelinge van tsaar Nikolaas I deur die manlike lyn is lid van die vereniging, hoewel groothertogin Maria Wladimirowna en haar pa, groothertog Wladimir Kirillowitsj, nooit aangesluit het nie.

Aanspraak op opvolging

Die amptelike posisie van die Romanof-familievereniging is dat die reg van die familie op die Russiese troon opgeskort is toe tsaar Nikolaas II geabdikeer het namens homself en sy seun, Aleksei, ten gunste van sy broer, groothertog Michail Aleksandrowitsj. Dié wou nie regeer tensy die Russiese Oorgangsregering sy bewind bekragtig nie. Hy het nie geabdikeer nie, maar het die oorgangsregering mag gegee om te regeer. Michail se "bewind" is beëindig met sy moord in 1918.

Volgens prins Nikolaas was hy ná die dood van groothertog Wladimir Kirillowitsj in 1992 die hoof van die Huis van Romanof en Wladimir se regmatige opvolger. Dié posisie word nou beklee deur prins Alexis Romanov.

Wladimir se dogter, Maria, maak ook aanspraak op die hoofskap van die huis op grond daarvan dat haar pa die laaste manlike dinas was en dat alle ander Romanofs uitgesluit is weens hul ouers se morganatiese huwelike. Kragtens die opvolgingswette van die Russiese Ryk moes troonopvolgers "gelyke" huwelike aangaan met ander koninklikes (dus buitelandse prinsesse), anders kon hul kinders hulle nie opvolg nie.

Die grootste deel van die familie het Nikolaas en daarna sy broer, Dmitri, as die hoof van die familie erken. Die jongste uitgawe van die Almanach de Gotha, wat in 1944 deur Justus Perthes gepubliseer is, noem egter dat die huwelik van Nikolaas se ouers "nie in ooreenstemming met die wette van die huis" was nie, hoewel vorige uitgawes hom gelys het as ’n dinastiese lid van die huis. Prins Nikolaas self het oor die feit dat hulle en hul ouers se huwelike nie gelyk was nie, gesê:

Daar was niemand wat ons gevra het om afstand van ons regte te doen nie; daarom het ons getrou sonder om afstand daarvan te doen, en ons en ons kinders het steeds ’n aanspraak op die troon van Rusland.

Prins Nikolaas het die familie gelei met die herbegrafnis van Nikolaas II en sy gesin se beendere in Julie 1998. As hoof van die familie was hy ook teenwoordig toe keiserin Maria Fjodorowna se oorskot in September 2006 in Rusland herbegrawe is.

Die prins was ook ’n aanspraakmaker op die Britse troon deur Nikolaas I se vrou, Charlotte van Pruise, ’n afstammeling van koning George I van Groot-Brittanje.

Gesinslewe

Prins Nikolaas Romanof 
Die wapen van die Huis van Della Gherardesca

In 1950 het prins Nikolaas en gravin Sveva della Gherardesca, ’n lid van ’n Italiaanse adellike familie van Toskane, mekaar in Rome ontmoet. Hulle is op 31 Desember 1951 in Florence op ’n burgerlike plegtigheid getroud en op 21 Januarie 1952 op ’n Russies-Ortodokse seremonie in Cannes.

Hulle het drie dogters gehad:

  • Prinses Natalia Nikolajewna Romanowa (geb. 1952)
  • Prinses Elizabeth Nikolajewna Romanowa (geb. 1956)
  • Prinses Tatiana Nikolajewna Romanowa (geb. 1961)

Prins Nikolaas is op 15 September 2014 op 91-jarige ouderdom oorlede.

Verwysings

  • Massie, Robert K. (1995). The Romanovs The Final Chapter. Jonathan Cape. ISBN 0-224-04192-4.

Eksterne skakels

Tags:

Prins Nikolaas Romanof Vroeë lewePrins Nikolaas Romanof FamilieverenigingPrins Nikolaas Romanof Aanspraak op opvolgingPrins Nikolaas Romanof GesinslewePrins Nikolaas Romanof VerwysingsPrins Nikolaas Romanof Eksterne skakelsPrins Nikolaas Romanof15 September1922201426 SeptemberHuis van RomanofNikolaas I van RuslandRussiesRussiese Ryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Britse RykSamestellende afleidingAfrikaanse WikipediaOutismeDroomGholfSlawernyPrimêre sektor van die ekonomieBestuiwingDeon GrootKweekhuisgasRivierApartheidKoorsMenseregteFietsBorskankerLien se lankstaanskoeneByWikipediaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KilometerSinoniemViëtnamDataverwerkingHector PietersonSiembambaDokterKunsmatige intelligensieOnse VaderLewerWolVenusChristogramLandbou-ingenieursweseGeskiedenis van AfrikaansWet op NaturellengrondMaselsAdolf HitlerMagnetismeRob HersovFrederik Willem de KlerkSowjetunieAntieke EgipteIngrid JonkerOrthopteraLys van Suid-Afrikaanse musikanteVerkragtingMisdaadromanHipertensieCholeraErebus (berg)KnieTafelbergNieuwoudtvilleLys van kinderspeletjiesOopbroninhoudFiela se kindMartin Luther King jr.BywoordGesondheidHernubare energieHomoniemDiskriminasieAs jy singSwart menseSirkelInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandWitstinkhoutBTWPomeloFotosinteseQNederduitsch Hervormde KerkHoërskool Sentraal, BloemfonteinLemoenHond🡆 More