Prinses Dagmar Van Denemarke

Marie Sophie Frederikke Dagmar van Denemarke (Kopenhagen, 26 November 1847 – Hvidøre (Denemarke), 13 Oktober 1928) was ’n Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna (Russies: Мария Фёдоровна) van Rusland deur haar huwelik met tsaar Aleksander III.

Maria Fjodorowna
Keiserin-gemalin van Rusland
Maria Fjodorowna, omstreeks 1885.
Maria Fjodorowna, omstreeks 1885.
Periode 13 Maart 18811 November 1894
Eggenoot Aleksander III van Rusland
Kinders Nikolaas, Aleksander, George, Michail, Ksenia, Olga
Vader Christiaan IX van Denemarke
Moeder Louise van Hesse-Kassel
Gebore 26 November 1847, Kopenhagen
Oorlede 13 Oktober 1928, Hvidøre (Denemarke)

Sy was die dogter van koning Christiaan IX van Denemarke en Louise van Hesse-Kassel, en die suster van koning Frederik VIII van Denemarke, koning George I van Griekeland en koningin Alexandra, vrou van koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk.

Vroeë jare

Prinses Dagmar is op 26 November 1847 in Kopenhagen gebore as die vierde kind en tweede dogter van koning prins Christiaan van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, die latere koning van Denemarke, en Louise van Hesse-Kassel. Sy het twee ouer broers, Frederik en Willem, en ’n ouer suster, Alexandra, gehad. Ná Dagmar was daar nog twee kinders, Thyra en Waldemar.

Toe sy gebore is, het haar vader in die Deense leër gedien en was die gesin baie arm. Dinge het verander toe koning Frederik VII van Denemarke Dagmar se vader as sy opvolger aanwys. 1863 was ’n goeie jaar vir die familie: haar suster Alexandra is getroud met koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk, haar broer Willem het koning George I van Griekeland geword en haar vader koning van Denemarke. Haar vader is vanweë sy nageslag die "skoonvader van Europa" genoem.

Huwelik en gesin

Prinses Dagmar Van Denemarke 
Maria Fjodorowna en Aleksander III.

Dagmar se moeder, sedert 1863 koningin Louise van Denemarke, het altyd ’n hegte band met die Russiese hof behou sodat, as ’n huwelik met die Britse hof sou misluk, een van haar dogters nog met ’n Russiese groothertog kon trou. Ná Alexandra se troue met prins Edward is die verlowing van Dagmar en tsarewitsj Nikolaas in 1864 bekend gemaak. In 1865 word Nikolaas egter baie siek en hy sterf. Haar moeder en tsarina Maria Aleksandrowna het ná sy dood besluit dat Dagmar moet trou met die nuwe tsarewitsj, Nikolaas se jonger broer Aleksander. Om met hom te kon trou, moes Dagmar haar tot die Russies-Ortodokse geloof bekeer en die naam Maria Fjodorowna aanneem. Sy en Aleksander is op 28 Oktober 1866 in Sint Petersburg getroud. Uit die huwelik is ses kinders gebore, onder andere die latere Nikolaas I.

Tsarina van Rusland

Die rustige gesinslewe van Aleksander en Maria het skielik geëindig toe tsaar Aleksander II in 1881 in ’n bomaanval vermoor word en hulle die nuwe tsaar en tsarina van Rusland word. Maria het haar rol geniet as die eggenote van een van die magtigste heersers van Europa en het deur die tsaar groot invloed op die politieke kwessies in Europa gehad.

Sy was gekant teen die huwelik van haar seun Nikolaas met prinses Alix van Hesse-Darmstadt, ’n kleindogter van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. Sy en die tsaar het egter hul toestemming vir die huwelik gegee. Net ná die aankondiging van die verlowing is Alexander III skielik oorlede en Nikolaas II het die volgende tsaar geword.

Keiserin-moeder van Rusland

Nikolaas en Aleksandra is op 26 November 1894 getroud terwyl die familie nog in rou was. Vir Maria was dit moeilik om haar posisie as keiserin aan Aleksandra af te staan en daardeur is ’n wig ingedryf tussen die egpaar en die res van die keiserlike familie.

Ballingskap en terugkeer

Prinses Dagmar Van Denemarke 
Dagmar en haar suster, koningin Alexandra van die Verenigde Koninkryk, omstreeks 1875.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Maria haar liefdadigheidswerk voortgesit en talle hospitale en gewonde soldate besoek. In dié ongunstige toestande het Nikolaas en Aleksandra al hoe ongewilder geword en eindelik het die Russiese Rewolusie in 1917 uitgebreek. Die tsaar is gedwing om te abdikeer en hy en sy gesin is na Jekaterinburg verban waar hulle in 1918 deur die Bolsjewiste doodgeskiet is.

Eers het Maria geweier om te vlug, maar eindelik vlug sy tog op aandrang van haar suster Alexandra van die Verenigde Koninkryk in die lente van 1919. Sy het vir ’n ruk in Londen by Alexandra gebly, maar toe na Denemarke teruggekeer. Sy is in 1928 daar oorlede.

Ingevolge haar wens om in Rusland by haar man begrawe te word sodra toestande na normaal teruggekeer het, is sy op 28 September 2006 in Sint Petersburg langs haar man herbegrawe.

Verwysings

Tags:

Prinses Dagmar Van Denemarke Vroeë jarePrinses Dagmar Van Denemarke Huwelik en gesinPrinses Dagmar Van Denemarke Tsarina van RuslandPrinses Dagmar Van Denemarke Keiserin-moeder van RuslandPrinses Dagmar Van Denemarke Ballingskap en terugkeerPrinses Dagmar Van Denemarke VerwysingsPrinses Dagmar Van Denemarke13 Oktober1847192826 NovemberAleksander III van RuslandDenemarkeKopenhagenRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlankverskynselsDurbanLys van visseOrgasmeInflasiePaddaVryheidsdagWes-KaapKasteel die Goeie HoopRenosterVennootskapSeegolfGezina, PretoriaRudi ClaaseNederlandsTandbederfCalviniaGroepsgebiedewetPlastiekMenseregtedagWhatsAppDomineeKorrupsieDemokrasieLionel PetersonVolhoubaarheidSuid-Afrikaanse etniese groepe en kulturePrimêre sektor van die ekonomieBreinvliesontstekingBoontjieCovid-19-pandemieIdioomRomanVlagterminologieMiddeloorontstekingPseudowetenskapRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KrugerwildtuinCristiano RonaldoPersoonlikheidMieliestronkMantisBysteekBeesDiskriminasieFiksieLys van musiekinstrumenteKarakteriseringFabelBeeldspraakWieg van die MensdomStikstofSonWoestynArmoedeverligtingRuslandVormVrouAustraliëGoudkus (streek)Mane van GalileiJohannes MeintjesPuberteitBesoedelingVarkSelfoonNatuurbewaringSharpeville-slagtingSeksualiteitRooibokTelkomSteenkool in Suid-AfrikaSinoniemDemokratiese AlliansieHipotese🡆 More