Gregorius IV was die 101ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Gregorius IV | |
---|---|
Pontifikaat begin | 20 September 827 |
Pontifikaat eindig | 11 Januarie 844 |
Voorganger | Valentinus |
Opvolger | Sergius II |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 11 Januarie 844 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Pous Gregorius IV is in Rome gebore, die seun van Johannes. Op 20 September 827 volg hy Pous Valentinus op en regeer tot sy dood op 11 Januarie 844. Hy word opgevolg deur Pous Sergius II. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Voor sy verkiesing was Gregorius kardinaal van die Sint Markus basiliek.
Pous Gregorius IV het in Desember 827 na sy verkiesing die opperheerskappy van die Frankiese keiser Lodewyk die Vrome onomwonde erken. Die pouslike afhanklikheid van die keiser van die Heilige Romeinse Ryk het egter begin verbrokkel deur die stryery tussen Lodewyk se drie seuns uit sy eerste huwelik Lotarius I, Pepyn van Akwitanië en Lodewyk die Duitser. Toe die seuns teen hulle pa rebelleer het omdat hy 'n deel van hulle gebied aan sy vierde seun uit sy tweede huwelik (met die ambisieuse Judith van Beiere), Karel die Kale gegee het, het Gregorius Lotarius gesteun, in die hoop dat dit vrede sou bevorder, maar dit het die Frankiese biskoppe gepla. Gregorius het egter aangedring op die oppergesag van die opvolger van Petrus.
Twee leërs, een van Lodewyk en een van sy seuns, het teenoor mekaar gestaan by Rotfeld naby die huidige Colmar teen die einde van Junie 833. Die seuns het Gregorius gevra om na Lodewyk te gaan om te onderhandel. Lotarius het hom egter verkul. Lodewyk se ondersteuners het gedros en die keiser moes onvoorwaardelik oorgee. Lodewyk is afgeset en verneder. Die hele episode staan bekend as "Campus Mendacii" (die veld van leuens). Lodewyk is later weer in ere herstel op die ryksdag van Nijmegen. Na Lodewyk se dood, het Gregorius weer vergeefs probeer om tussen die broers te bemiddel.
Gregorius het Ostia laat herbou en versterk as vesting teen die Sarasene. Op 1 November 837 roep die pous die feesdag Allerheilige uit.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Valentinus | Pous (Pontifex Maximus) 827 – 844 | Opgevolg deur Sergius II |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pous Gregorius IV, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.