Patrick Soon-Shiong: Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingschirurg, miljardêr-sakeman, biowetenskaplike en media-eienaar

Patrick Soon-Shiong (gebore 29 Julie 1952) is 'n Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingchirurg, miljardêr-sakeman, biowetenskaplike en media-eienaar.

Hy is die uitvinder van die middel Abraxane, wat bekend geword het vir sy doeltreffendheid teen long-, bors- en pankreaskanker. Soon-Shiong is die stigter van NantWorks, 'n netwerk van gesondheidsorg-, biotegnologie- en kunsmatige intelligensie-beginonderneming; 'n adjunkprofessor in chirurgie en uitvoerende direkteur van die Wireless Health Institute aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles; en 'n besoekende professor by Imperial College London en Dartmouth College. Soon-Shiong het meer as 100 wetenskapartikels gepubliseer en het meer as 230 patente wêreldwyd verkry oor vooruitgang wat oor talle velde in tegnologie en medisyne strek.

Patrick Soon-Shiong: Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingschirurg, miljardêr-sakeman, biowetenskaplike en media-eienaar
Patrick Soon-Shiong spreek afgevaardigdes toe by die 2014 NHS Konfederasie konferensie

Soon-Shiong is die voorsitter van drie nie-vir-winsorganisasies: die Chan Soon-Shiong Family Foundation, wat daarop gemik is om navorsing te befonds en ongelykhede in toegang tot gesondheidsorg en onderwys uit te wis; die Chan Soon-Shiong Institute for Advanced Health, wat gefokus is op die verandering van die manier waarop gesondheidsinligting gedeel word; en die Healthcare Transformation Institute, 'n vennootskap met die Universiteit van Arizona en die Arizona Staatsuniversiteit.

Hy is sedert 2010 'n minderheidseienaar van die Los Angeles Lakers, en sedert Junie 2018 die eienaar en uitvoerende voorsitter van die Los Angeles Times en The San Diego Union-Tribune. Gedurende April 2021 het Forbes Soon-Shiong se netto waarde as VS$11,5 miljard geskat. Hy het hom verbind tot die Giving Pledge en het belowe om ten minste die helfte van sy rykdom aan filantropie te skenk.

Verwysings

Tags:

195229 JulieBeginondernemingChirurgieKunsmatige intelligensieMedisynePatentTegnologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NarkoseKontinent2024 Formule Een-seisoenAB de VilliersGeweldErektiele disfunksieNoag se arkSamestellingSkisofrenieVitamien DTien GebooieTolla van der MerweRookgewoonteXhosaChemiese verbindingKlereKarooPlatteland (rolprent)StollingsgesteenteMorfologie (taalkunde)DriedimensioneelGenreKindermishandelingEpilepsieNomina sacraWerkloosheidMoskouWhatsAppAngolaPaasfeesInsekTaalAluminiumSally EsterhuizenStaalVoorsetselHaasKolorektale kankerEreksieLetterlike en figuurlike taalgebruikMondRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Afrikaanse TaalmonumentKalsiumRenosterHondsdolheidJenewerbessieGetalMaatskappyOnse VaderWaarheid-en-versoeningskommissieKoorsPrimêre sektor van die ekonomieLys van hoofstedeGeskiedenis van Suid-AfrikaRina HugoLimpopo (rivier)Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaZoeloeSpelerposisies in rugbyKopielinksTsongaProstaatkankerHerpes simplexPretoriaRugbyMagda van BiljonNuwe TestamentArabiesMelaatsheid1 Henog🡆 More