Oktaan: Chemiese verbinding

Oktaan is 'n koolwaterstof en 'n alkaan met die chemiese formule C8H18, en die struktuurformule CH3(CH2)6CH3.

Oktaan het 18 strukturele isomere wat verskil deur die hoeveelheid en ligging van vertakking in die koolstofketting. Een van hierdie isomere, 2,2,4-trimetielpentaan (algemeen iso-oktaan genoem), word gebruik as een van die standaardwaardes in die oktaangetal.

Eienskappe

Algemeen

Naam Oktaan 
IUSTC-naam Oktaan
Struktuurformule van Oktaan
Struktuurformule van Oktaan
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere
Chemiese formule C8H18
Molêre massa 114,232 g•mol-1
CAS-nommer 111-65-9  
Voorkoms Kleurlose vloeistof  
Reuk petrolagtig
Fasegedrag
Smeltpunt -57,1 tot -56,6 °C
Kookpunt 125,1 tot 126,1 °C
Digtheid 0,703 g•cm-3
Oplosbaarheid 0,007 mg•dm-3 (teen 20 °C) 
Viskositeit 0,542 mPa•s (teen 20 °C) 
Termodinamies 
ΔfHɵ −252,1 kJ•mol-1 
ΔcHɵ −4530 kJ•mol-1 
Henry se konstante 29 nmol•Pa-1•kg-1 
Warmtekapasiteit 225,68 J•K-1•mol-1

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 13 °C 
Selfontbrandingspunt 220 °C 
LD50 428 mg•kg-1 (oraal, muis)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere Chemie
      Hierdie bladsy handel oor die chemiese verbinding. Vir die petrolgraderingstelsel, sien Oktaangetal en Petrol.

Oktaan is 'n komponent van petrol. Soos met alle koolwaterstowwe met lae molekulêre gewig, is oktaan vlugtig en baie vlambaar.

Voorkoms in die natuur en sintese

Oktaan is 'n natuurlike bestanddeel van die grootste paraffienfraksie van ruolie en word ook in natuurlike gas aangetref. Oktaan kan bv. deur middel van 'n multi-stap reaksie vanaf furfuraal gesintetiseer word.

Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
Multi-stap reaksie van furfanaal tot oktaan

Gebruik van die term in petrol

"Oktaan" word in die algemeen gebruik as 'n kort vorm van "oktaangetal", veral in die uitdrukking "hoë oktaan". Die "oktaangradering" is 'n indeks van die vermoë van 'n brandstof om die motorklap teen hoë kompressie te weerstaan, wat kenmerkend is van oktaan se vertakte ketting-isomere, veral iso-oktaan.

Die oktaangetal is oorspronklik bepaal deur brandstof uit slegs heptaan en 2,2,4-trimetielpentaan ('n hoogsvertakte oktaan) te meng en antiklopwaardes van nul aan suiwer heptaan en 100 aan suiwer 2,2,4-trimetielpentaan toe te ken. Die antiklopgradering van hierdie mengsel sal dieselfde wees as die persentasie 2,2,4-trimetielpentaan in die mengsel. Verskillende isomere van oktaan kan bydra tot 'n laer of hoër oktaangradering. Byvoorbeeld, n-oktaan (die reguit ketting van agt koolstofatome sonder vertakking) het 'n -20 (negatiewe) navorsingsoktaangradering, terwyl suiwer 2,2,4-trimetielpentaan 'n navorsingsoktaangradering van 100 het. Sommige brandstowwe het 'n oktaan hoër as 100, veral dié wat metanol, etanol of tetra-etiellood bevat.

Isomere

Oktaan het 18 strukturele isomere (24 insluitend stereoisomere):

Geen syketting Een syketting Twee sykettings Drie sykettings Vier sykettings
  • Oktaan (n-oktaan)
  • 2-metielheptaan
  • 3-metielheptaan
  • 4-metielheptaan
  • 3-etielheksaan
  • 2,2-dimetielheksaan
  • 2,3-dimetielheksaan
  • 2,4-dimetielheksaan
  • 2,5-dimetielheksaan
  • 3,3-dimetielheksaan
  • 3,4-dimetielheksaan
  • 3-etiel-2-metielpentaan
  • 3-etiel-3-metielpentaan
  • 2,2,3-trimetielpentaan
  • 2,2,4-trimetielpentaan*
  • 2,3,3-trimetielpentaan
  • 2,3,4-trimetielpentaan
  • 2,2,3,3-tetrametielbutaan

*(iso-oktaan)

Voorbeelde van isomere van Oktaan
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
Oktaan
Oktaan  
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
2-metielheptaan
2-metielheptaan  
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
2,3-dimetielheksaan
2,3-dimetielheksaan  
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
2,2,4-trimetielpentaan
2,2,4-trimetielpentaan  
Oktaan: Voorkoms in die natuur en sintese, Gebruik van die term in petrol, Isomere 
2,2,3,3-tetrametielbutaan
2,2,3,3-tetrametielbutaan  

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Oktaan Voorkoms in die natuur en sinteseOktaan Gebruik van die term in petrolOktaan IsomereOktaan VerwysingsOktaan Sien ookOktaan Eksterne skakelsOktaanAlkaanChemiese formuleIsomeerKoolwaterstofPetrol

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike skeletKlimaatsverandering in AfrikaJodeDiepaartromboseSuid-Afrikaanse WeermagKoue OorlogMaatskaplike verantwoordelikheidEweknienetwerkLuiperdHoofletterWoordBloedsomloopstelselStadOlimpiese Somerspele 2012SeilvaartElandréWêreld- Ekonomiese ForumTelevisieGetalDolfynTydTuisbladImpakte van toerismeDuitslandSoortnaamAnale kankerMilitêre diensplig in Suid-AfrikaJo BlackArendVolhoubaarheidRugbyAngina pectorisNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKasteel die Goeie HoopKlopjagRooilipslangAfrikaVingerseksHeidelberg, GautengBedreigde spesieDie ontstaan van die dramaDeelwoordSpelerposisies in rugbyBosbokAB de VilliersMynbouOrale seksBTWKolonoskopieWêreldboekedagVoedingPseudowetenskapConsolidated B-24 LiberatorHartFamilie (verwantskap)DuitsTierDikdermTienerTafelbergNamakwalandVulkanismeGeldeenheidLoodSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van hoofstedeYsterHandré PollardMiddeloorontstekingSmeltpuntSirkusHerfsBynierDoopLeierskap🡆 More