Metiel-Tersiêre-Butieleter: Chemiese verbinding

MTBE, Metiel-tersiêre-butieleter, is 'n chemiese verbinding met die molekulêre formule (CH3)3COCH3.

MTBE is 'n vlugtige, vlambare en kleurlose vloeistof wat effens oplosbaar in water is. MTBE het 'n ment-agtige reuk wat vaagweg herinner aan diëtieleter en 'n slegte smaak en reuk aan water gee. MTBE is 'n petrol-byvoegsel, wat gebruik word as 'n oksigineerder en om die oktaanwaarde te verhoog.

Eienskappe

Algemeen

Naam Metiel-tersiêre-butieleter
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Metiel-Tersiêre-Butieleter: Produksie, Fisiese eienskappe, Gebruike
Chemiese formule (CH3)3COCH3
Molêre massa 88,15 [g/mol]
CAS-nommer 1634-04-4  
Voorkoms Kleurlose vloeistof  
Reuk sterk
Fasegedrag
Smeltpunt -109 °C
Kookpunt 55,2 °C
Digtheid 0,7405 (rel)
Oplosbaarheid  
Henry se konstante 1,6 [L/mol.atm] 7700 [K]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt -28 °C 
Selfontbrandingspunt 224 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Metiel-Tersiêre-Butieleter: Produksie, Fisiese eienskappe, Gebruike Chemie

Die gebruik daarvan het sterk gedaal in die VSA ná ongunstige reaksie in verband met omgewingsbeskerming en gesondheidsgevare. Daar is gevind dat dit baie maklik groot hoeveelhede grondwater kan besoedel wanneer petrol wat MTBE bevat uitvloei uit 'n tenkwa tydens 'n padongeluk of wanneer 'n lekkasie by 'n vulstasie sou voorkom. MTBE word ook gebruik in organiese chemie as 'n relatief goedkoop oplosmiddel met eienskappe wat vergelykbaar is aan diëtieleter maar met 'n hoër kookpunt en laer oplosbaarheid in water. Dit word selfs in mediese aanwendings gebruik om galstene op te los.

Produksie

MTBE word vervaardig deur die chemiese reaksie van metanol en isobutileen. Metanol is afkomstig vanaf 'n natuurlike gas, en isobutileen is afkomstig vanaf ru-olie of 'n natuurlike gas.

In die VSA, waar dit in baie groot hoeveelhede vervaardig was (meer as 200 000 vate per jaar in 1999), is dit vryelik gebruik as 'n petrolbyvoegsel.

Omrede die wydverspreide vrystelling van MTBE-bevattende petrol van ondergrondse stoortenks oral in die VS, het verskeie jurisdiksies die gebruik van MTBE verban en produksie is verminder. Nogtans het die verbruik gestyg in ander dele van die wêreld, veral in Asiatiese lande, wie vir die helfte van produksie in 2004 verantwoordelik was.

Fisiese eienskappe

MTBE vorm aseotrope met water (52.6 °C) en metanol (51.3 °C).

Gebruike

MTBE word byna uitsluitlik gebruik as 'n komponentbrandstof in motorpetrol. Dit is een van 'n groep van chemikalieë wat algemeen bekend staan as oksigineerders omdat hulle die suurstofinhoud van petrol verhoog.

As teenklopmiddel

In die VSA is dit op lae vlakke in petrol gebruik sedert 1979 deur tetra-etiellood te vervang om sy oktaangehalte te verhoog en dus enjinklop te help voorkom. Suurstof help om petrol meer volledig te laat verbrand en skadelike uitlaatgasse te verminder in voor-1984 motorvoertuie. In meer moderne voertuie, is die vermindering in uitlaatafval weglaatbaar. Die meeste raffinaderye het verkies om MTBE te gebruik bo oor ander oksigeneerders, hoofsaaklik vir sy goeie mengeienskappe en om ekonomiese redes. Dit word vervaardig van natuurlike gas, wat goedkoper is as olie.

Alternatiewe

Ander verbindings is beskikbaar asoksigineertoevoegings tot petrol, bv. etanol en sommige eters soos tersiêre-amielmetiel-eter. Etanol is as 'n veilige alternatief geadverteer deur landboubelangegroepe in die VSA en Europa. Voorstanders van beide kante van die debat in die Verenigde State van Amerika beweer dat petrolvervaardigers deur wetgewing gedwing was om etanol by petrol te voeg.

'n Alternatief vir etanol is die verwante eter ETBE, wat vervaardig word van etanol en iso. Sy prestasie as 'n toevoeging is soortgelyk aan MTBE, maar as gevolg van die hoër prys van etanol in vergelyking met metanol, is dit duurder. In 2003 was Kalifornië die eerste Amerikaanse staat om MTBE te vervang met etanol. Verskeie ander lande het kort daarna gevolg.

Hoër gehalte petrol is ook 'n alternatief, sodat bymiddels soos MTBE onnodig word. Iso-oktaan self kan ook gebruik word, en MTBE-aanlegte kan aangepas word om iso-oktaan uit isobutileen te produseer.,

Iso-oktaan is die ideale brandstof, en is die standaardverwysing vir die oktaangradering.

Op die lang duur kan dieselbrandstof ook as alternatief dien, alhoewel dit 'n groot oorskakeling na dieselvoertuie benodig. Daar bestaan heelparty variante van biodiesel: beide suurstofbevattende esters en suurstofvrye alkielbiodiesel is verkrygbaar.

Gesondheidsrisiko's

Die Agentskap vir Kankernavorsing, 'n afdeling van die Wêreldgesondheidsorganisasie, hou vol dat MTBE nie as 'n menslike karsinogeen geklassifiseer kan word nie. Blootstelling aan hoë dosisse MTBE dra egter steeds wesenlike nie-kankervormende gesondheidsrisiko's. MTBE benadeel die smaak van water teen konsentrasies so laag as 5 – 15 µg/l.

Sien ook

Verwysings

  1. CARB MTBE fact sheet at the California Air Resources Board, Cleaner Burning Gasoline without MTBE, opgedateer 9 Augustus 2004, besoek op 14 Februarie 2006
  2. Harper's Magazine, Augustus 2004, pp 73-64
  3. UKPIA on MTBE. air quality health safety/methyl tertiary butyl ether[dooie skakel]

Eksterne skakels

Tags:

Metiel-Tersiêre-Butieleter ProduksieMetiel-Tersiêre-Butieleter Fisiese eienskappeMetiel-Tersiêre-Butieleter GebruikeMetiel-Tersiêre-Butieleter GesondheidsrisikosMetiel-Tersiêre-Butieleter Sien ookMetiel-Tersiêre-Butieleter VerwysingsMetiel-Tersiêre-Butieleter Eksterne skakelsMetiel-Tersiêre-ButieleterChemieDiëtieleterPetrol

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeSwartbewussynsbewegingKangogrotteGroot TrekAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTelefoonNagmaalGedigOogproblemeSeekoeiKrieketReënvalbepalingAntjie SomersMolekuulDiatomiese molekuulJan van RiebeeckVlinderMusieksimboleAustraliëRubik se kubusPoësieDieremishandelingNierIndustriële RevolusieMcDonald'sMetaalSowjetunieVarkKasterolieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSinoniemIslamitiese StaatFrankrykEerste WêreldoorlogAboriginesGalblaasKlimaatsverandering in AfrikaAfrikaanse TaalmonumentOlifantGeslagsgelykheidEjakulasieMuskeljaatkatVerkoueSteenkoolDeelwoordGemeenskapsorganisasieHomoniemSharpeville-slagtingAfkortingPerdVoorsetselAtlantis, Wes-KaapVulkaanViëtnamWolkHelpmekaar-kollegeOnderwerp (taalkunde)KunsUnited Democratic FrontJanie du PlessisDoelwitSimboolGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKaartThys die BosveldklongDokterGrondwet van Suid-AfrikaBreingewasDiepaartromboseRassismeGrondbewerkingBysteekAborsie in Suid-AfrikaIngrid JonkerBynierGevolge van aardverwarming op oseane🡆 More