Oder

Die Oder (Nieu-Latyns Viadrus; Pools, Tsjeggies en Neder-Sorbies Odra, Opper-Sorbies Wódra) is 'n Middel-Europese rivier wat in Tsjeggië ontspring, deur Pole vloei en sedert 1945 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog die grens tussen dié land en Duitsland vorm.

Dit mond deur die Szczecin-strandmeer en rondom die eilande Usedom en Wolin in die Oossee uit. Die rivier het 'n lengte van 854 kilometer (898 kilometer tot by Świnoujście, vroeër Swinemünde).

Oder - Odra - Wódra
Die Oder in Szczecin.
Die Oder in Szczecin.
Die Oder in Szczecin.
Oder

Die stroomgebied van die Oder.

Oorsprong Naby Kozlov aan die suid-oostelike voet van die bergpiek Fidlův kopec in die Oderberge.
Monding Szczecin-strandmeer, Oossee
Stroomgebied Tsjeggië, Pole, Duitsland
Lengte 854 km (531 myl)
Oorspronghoogte 634 m (2 081 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 574 m³/s (20 271 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 118 861 km² (45 892 myl²)
Kaart van die Oder-bekken in Europa.
Kaart van die Oder-bekken in Europa.

Die belangrikste syriviere sluit in die Lausitzer Neiße en die Warthe. Saam met die laasgenoemde syrivier het die rivierstelsel 'n totale lengte van 1 045 kilometer. Die gemiddelde afloop van 574 m³/s maak van die Oder die vyfde grootste rivier in Duitsland ná die Ryn, Donau, Inn en Elbe. Die Oder se stroomgebied word in die weste en suidweste deur die Elbe, in die ooste deur die Wisła (Weichsel) en in die suide deur die Donau begrens.

Die rivier speel 'n belangrike ekonomiese rol as natuurlike waterweg wat die Duitse deelstaat Brandenburg met die Oossee verbind.

Verwysings

Tags:

DuitslandLatynNeder-SorbiesOosseeOpper-SorbiesPolePoolsTsjeggiesTsjeggiëTweede WêreldoorlogŚwinoujście

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalKatherine JohnsonSteve HofmeyrGedigBruce FordyceLionel PetersonLys van kinderspeletjiesPornografieYouTubeElektrisiteitNarsistiese persoonlikheidsteuringNierImpakte van toerismeDinosourusMiljardAfrikaansErosietipesDaggaHoofstadLiefdeVlinderSamestellingSanskritHoofkarakterMusieksimbolePirow BekkerBloeddrukSiya KolisiVleilandKarooWiskundeHage GeingobGautengNoord-KaapLys van bekende Suid-AfrikanersBaljuPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJode in Suid-AfrikaKopieregVraag en aanbodGroot GatSonja HerholdtEkologieVoortrekkermonumentToerismeStaat PalestinaWatersuiweringTsoenamiSeksEwenaarSebraDirekte en Indirekte redeYsterHoofpynSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van elemente volgens simboolPuntJohan VorsterByvoeglike naamwoordVergelykings (taalkunde)PoësieLys van NG gemeentesSaartjie BaartmanNarkoseSuikersiekteOu Apostoliese KerkCarike KeuzenkampJesus van NasaretMag (sosiale wetenskappe)VoorvoegselAkkedisNelson MandelaVaste stofGloeilamp🡆 More