Mondopeningseremonie

Die Mondopeningseremonie was ’n Antieke Egiptiese ritueel wat beskryf is in begrafnistekste soos die Piramidetekste.

Mondopeningseremonie
Priesters van Anoebis en gode voer die Mondopeningseremonie uit.
Mondopeningseremonie
Ai voer die Mondopeningseremonie uit vir Toetankamen.

Towerkrag

Die seremonie het behels dat die mond van ’n standbeeld of mummie met towerkrag oopgemaak word sodat dit kon asemhaal en praat. Daar is bewyse van dié ritueel uit die Ou Ryk tot die Romeinse Tydperk. Spesiale gereedskap en gelukbringers is gebruik om die seremonie uit te voer.

Die Egiptenare het geglo ’n mens moet kos en water in die hiernamaals hê sodat sy siel kon oorleef. Die Mondopeningseremonie moes dus verseker dat die persoon in die hiernamaals kon eet en drink.

Die seremonies het uit 75 "episodes" bestaan, en die volledigste vorm het die volgende ingesluit:

  • Episodes 1–9 Voorbereidingsrituele
  • Episodes 10–22 Besieling van die standbeeld
  • Episodes 23–42 Vleisoffers wat verband hou met Bo-Egipte
  • Episodes 43–46 Vleisoffers wat verband hou met Benede-Egipte
  • Episodes 47–71 Begrafnismaal
  • Episodes 72–75 Sluitingsrites

Die Boek van die Dooies bevat ook ’n towerspreuk vir die proses wat die afgestorwene self kon gebruik:

    My mond word geopen deur Ptah,
    My mond se gebondenheid word verlos deur my stadsgod.
    Thoth het gekom ten volle voorberei met towerspreuke,
    Hy maak my mond vry van die gebondenheid van Set.
    Atoem het vir my my hande gegee,
    Hulle word as bewakers geplaas.
    My mond word vir my gegee,
    My mond word geopen deur Ptah,
    Met daardie beitel van metaal
    waarmee hy die mond van die gode geopen het.
    Ek is Sechmet-Wadjet, wat die weste van die hemel bewandel,
    Ek is Sahit onder die siele van On.

Verbintenis met Psalm 51

Ooreenkomste tussen die Mondopeningseremonie en Psalm 51 is waargeneem. Die ooreenkomste sluit in:

  • Rituele reiniging met spesiale kruie (Psalm 51:4, 9).
  • Herstel van gebreekte bene (Psalm 51:10).
  • "Here, open my lippe" (Psalm 51:17).
  • Offers (Psalm 51:18, 19, 21).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mondopeningseremonie TowerkragMondopeningseremonie Verbintenis met Psalm 51Mondopeningseremonie VerwysingsMondopeningseremonie Eksterne skakelsMondopeningseremonieAntieke Egipte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van AfrikaansMantisPaarl GimnasiumElon MuskEnsiklopedieDierNedersettingNarkoseDroogteGeskiedenis (vakgebied)KameelperdSuikersiekteSwawelKarooNatriumDigitale en analogiese tydNierOntdekking van die chemiese elementeIntensiewe vormSelfieIndustriële RevolusieSimboolVoegwoordMickey Muis20ste eeuNatriumtiosulfaatStedelike gebiedSonHartLeah van NiekerkKoue OorlogInligtingWatersuiweringAartappelDolfynSirkelJan van TonderVolstruisSwemGloeilampLys van nedersettings in Suid-AfrikaVulvaSportHaaieVlag van Suid-AfrikaMiljardKrimpvarkieSpreeuOntdekking van goud in Suid-AfrikaDermpoliepBTWKweekhuisgasDarwinismeGreta ThunbergKarpaletonnelsindroomLimpopo (rivier)VoëlHoedGriepBynierWaarheid-en-versoeningskommissieDeon GrootHannes van WykVerkleurmannetjieYouTubeThys die BosveldklongKweekhuiseffekBloedvergiftigingTegnologieKapitaal (ekonomie)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLetterlike en figuurlike taalgebruikKatGrondbesoedelingNG gemeente MurraysburgSomerGenitale vrat🡆 More