Merinoram-Standbeeld: Standbeeld van 'n merinoram by die landboukoöperasie in Bredasdorp

Die standbeeld van 'n merinoram by die landboukoöperasie in Bredasdorp gedenk die vestiging van die merinobedryf in Suid-Afrika op die plaas Zoetendalsvallei buite die dorp en erken die wolbedryf se bydrae tot die ekonomie van die Overberg.

Die beeldhouer was P. Minnaar en dit is op 20 Oktober 1978 deur P.W. van Rooyen onthul. Op die voetstuk is die woorde "Draer van die goue vag" naas "Merino" aangebring.

Merinoram-Standbeeld: Standbeeld van 'n merinoram by die landboukoöperasie in Bredasdorp
Die merinoramstandbeeld (2024) in die tuin van Overberg Agri, Bredasdorp.

Soos voorheen aangedui op 'n plaat aan die linkervleuel van die siersteenmuur was die donateurs vir die oprigting van die beeld die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, die Merino Stoettelersvereniging van Suid-Afrika en die Bredasdorp-Napierse Koöperasie Beperk (BNK).

Michiel van Breda, die stigter van die dorp, het die grondslag vir die merinobedryf op sy plaas gelê. In 1996 word die streek internasionaal hoog vir sy wol en skaapvleis geag en lewer toe die derde meeste wol in die land.

Die standbeeld is in 2017, ná omtrent 40 jaar op die voetstuk voor die gebouekompleks van Overberg Agri in Swellendamweg in Bredasdorp, elders heen verskuif. As gevolg van die groot vlaag diefstalverwante sake, en vrees vir vandalisme, is besluit om die merinoramstandbeeld eerder staan te maak in die voorportaal van die hoofgebou van Overberg Agri, agter slot en grendel. Sedertdien is die beeld in die tuin van die Overberg Agri-kompleks by 'n fontein monteer.

Galery

Trivia

In Australië is daar glo 'n standbeeld van 'n merino wat 15 m hoog is en 97 ton weeg.

Verwysings

20°03′17″O / 34.523892°S 20.054777°O / -34.523892; 20.054777

Tags:

BredasdorpMerinoOverbergSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bek-en-klouseerKindersiektesMandalaHokkieOopbroninhoudBorskankerLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Beëdigde verklaringNoord-KaapWewervoëlsAlliterasieBysteekVideoLyfstraf in skoleWêreld- Ekonomiese ForumMuscat Internasionale LughaweBosluisbytkoorsMiddeloorontstekingSlag van Cuito CuanavaleNamibiëVersoeningsdagVolhoubaarheidEngelsDeelwoordWynMilaanJohannesburgErica BoyerErektiele disfunksieSeekatErebus (berg)WeervoorspellingTolla van der MerwePiesangKaapse VlakteAardverwarmingNoordwesMigrasie van diereHoutMonoloogPolisieKatAsiëInternetSimmetriePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVingerseksKalsiumBlomSimboolTegnologieKunsNatriumBergSwartbewussynsbewegingOntwikkelende landAgtergrond (narratief)Direkte en Indirekte redeBrugRookgewoonteTswanaWaterBreinkaartSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KersfeesDonderstormC++Elon MuskMorfologie (taalkunde)Koos du PlessisKoue OorlogSoweto-opstandGeskiedenis van AfrikaansOsoonuitputtingVoorsetsel🡆 More