Meintjieskop

Meintjieskop of Meintjeskop is 'n koppie in Pretoria.

Die Uniegebou is teen die suidehang van Meintjieskop geleë.

Meintjieskop
Uniegebou teen Meintjieskop

Meintjeskop is vernoem na Stephanus Jacobus Meintjes wat van Graaff-Reinet na Pretoria gekom het. Meintjes het 'n gedeelte van die ou plaas Elandsfontein, wat oorspronklik aan Marthinus Wessel Pretorius behoort het, op 7 April 1865 vir £2 400 van Andries du Toit gekoop. Du Toit het die grond waar die Uniegebou vandag staan uit die boedel van Gerrit Bronkhorst gekoop. Oorspronklik is daar na "Meintjes se kop" verwys, maar reeds in 1870 het dit as Meintjeskop bekend gestaan.

Meintjieskop-konsentrasiekamp

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is 'n konsentrasiekamp op Meintjieskop opgerig. Die kamp wat inwoners van die oorvol Irenekamp sou huisves, is op 11 Januarie 1902 aangelê. As konsentrasiekamp het Meintjeskop-kamp die voordeel gehad dat die kamp binne die kordon van blokhuise, wat Pretoria omring het, geleë sou wees en dat dit van die dorp se sanitêre geriewe gebruik sou kon maak. Die kamp is deur majoor Hoskins net onderkant die waghuis "Johnston’s Redoubt" uitgelê. Die Meintjeskop-kamp is op 15 Desember 1902 gesluit.

Uniegebou

Nadat Pretoria aangewys is as die administratiewe hoofstad van die Unie van Suid-Afrika het die Transvaalse regering voorbereiding begin tref vir die bou van 'n nuwe gebou om die administrasie te huisves. Die argitek van die Uniegebou, Sir Herbert Baker, is vry teuels gegee wat betref die kies van 'n terrein vir die oprigting van die nuwe gebou. Met inagname van die hoë ideale wat met die gebou geassosieer is het Baker 'n terrein in die koppies om Pretoria ondersoek eerder as om bestaande staatseiendom in die destydse Markstraat, vandag Paul Krugerstraat, te gebruik. Twee terreine wat oor die stad uitkyk het ideaal geblyk. Een was op die plat bokant van een van die koppies suid van die dorp en die ander 'n nou platform halfpad teen die suidelike hang van Meintjieskop. Die plek en posisie van die Meintjieskop terrein het Baker herinner aan Segesta in noordwes Sisilië, Italië, waar 'n tempel en teater geleë is en Agrigentum, aan die suidkus van Sisilië waar 'n ry tempels uitkyk oor die Sisiliaanse see. Meintjieskop se ligging naby "Government House" en die hart van Pretoria het gemaak dat Baker dié terrein gekies het in sy aanbeveling aan Generaal Jan Smuts wat hom onmiddellik versoek het om voort te gaan om sy voorlopige sketse verder te ontwikkel.

Die hoeksteen is in November 1910 gelê, kort na die stigting van die Unie van Suid-Afrika. Dit het 1 265 werkers meer as drie jaar geneem om die gebou wat in 1913 teen 'n koste van £1 310 640 te bou.

Verwysings

28°12′36″O / 25.73833°S 28.21000°O / -25.73833; 28.21000

Tags:

PretoriaUniegebou

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DawidSuid-Afrikaanse GrensoorlogWilna SnymanOplossing (chemie)Robert SobukweTydHemelvaartLondenLatynSeksismeSilwerSinoniemSowjetunieSlawernyBeesvleisD.J. OppermanPinksterSeksueel oordraagbare infeksieAnrich HerbstChapmanspiek-rylaanTopsy SmithGrootste rampe in Suid-AfrikaToerismeTemperatuurOlimpiese SomerspeleVratDolfyn20ste eeuPersoon (taalkunde)WitbankEienaamPubliekRivierBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Atriale fibrillasieMeningsverskil oor aardverwarming22 NovemberKonjunktivitisNadia ValvekensGianna MichaelsMaselsBloemfonteinGeslagDiepaartromboseBloedvergiftigingMagneetEksponentEmfiseemWoordDelft, KaapstadKlopjagMieliestronkStudievaardighedeViëtnamJan van RiebeeckBrandbergEjakulasieSprokieSpinnekopBestuiwingWiskundeVoedselkettingNasionale VrouedagElektrodeEkonomie van Suid-AfrikaJansenvilleDermpoliepSuurstofRoesSonnetSirkelWaterbesparing in Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)🡆 More