Pretoria O Pretoria! is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1979 vrygestel is.
Die rolprent is gebaseer op Mervyn Woodrow se satiriese roman, "A capital affair". Die vervaardiger was Ben Vlok en die regisseur Bertrand Retief. Die hoofrolle is deur Zack du Plessis, Cornelis Esterhuyse, Ben Kruger en Coreen Olivier vertolk.
Pretoria O Pretoria! | |
---|---|
Regisseur | Bertrand Retief |
Produksieleier | Ben Vlok |
Draaiboek | Mervyn Woodrow (roman) |
Met | Zack du Plessis Cornelis Esterhuyse Ben Kruger Coreen Olivier |
Ateljee | Kavalier Films |
Uitgereik | 1979 |
Speeltyd | 75 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Die rolprent is 'n satiriese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir die hele gesin.
en andere.
Die rolprent handel oor grondeise, maar met 'n kinkel. 'n Koppige boer van die Transvaalse platteland nader die regering in Pretoria om sy erfporsie te bevestig: 'n stuk grond êrens in die hoofstad. Sy eis word met groot ontsteltenis deur staatsamptenare ontvang wat hom telkens na hoër kantore verwys totdat hy by die sekretaris van die Minister van Landbou opeindig. Uiteindelik hoor die boer by die mooi, jong fasiliteerder wat baie op sy dogter trek dat sy land op Meintjieskop lê, waar die Uniegebou, die setel van die uitvoerende regering geleë is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pretoria o Pretoria!, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.