Kerkstraat, Pretoria

Kerkstraat is 'n historiese straat wat van oos na wes deur Pretoria se middestad en deur Kerkplein geloop het.

Kerkstraat is in 2012 in verskeie segmente met verskillende name ingedeel: die deel vanaf Nelson Mandela-rylaan na die ooste is nou Stanza Bopape-straat; van Nelson Mandela-rylaan na Kerkplein is nou Helen Joseph-straat; vanaf Kerkplein na die R511 is WF Nkomo-straat en Kerkstraat vanaf die R511 na die weste is nou Elias Motsoaledi-straat.

Kerkstraat, Pretoria
Die Paleis van Justisie op Kerkplein in Pretoria
Kerkstraat, Pretoria
Die Gereformeerde kerk in Kerkstraat, Pretoria
Kerkstraat, Pretoria
Leeubrug in Kerkstraat.

Besienswaardighede

Kerkplein is by die kruising van Kerkstraat en Paul Krugerstraat geleë. Verskeie historiese en argitektonies belangrike geboue omring die plein, onder andere: die Paleis van Justisie, die Ou Capitol Teater, die Tudor Kamers, die Ou Raadsaal, die ou Reserwebank, Ou Mutual-gebou, Ons Eerste Volksbank, Barclays Bank, Standard Bank, Law Chambersgebou, die Kirknessgebou, die Ou Nederlandsche Bank, Café Riche en die Hoofposkantoor wat deur John Cleland ontwerp is.

Die geskiedkundige Gereformeerde kerk op die hoek van Kerk- en Potgieterstraat geleë. Die kerk is tydens die bewind van die Zuid-Afrikaansche Republiek opgerig. Die President van die ZAR, Paul Kruger het die hoeksteen op 10 Oktober 1896 gelê. Die gebou is deur Klaas van Rijsse ontwerp en is deur die firma Daanen en Dorlas gebou.

Leeubrug is 'n brug in Kerkstraat oor die Apiesrivier naby waar Walkerspruit daarby aansluit. Die brug is deur Sytze Wierda, staatsargitek en ingenieur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ontwerp en J.J. Kirkness het in Desember 1887 met bouwerk begin.

Historiese gebeure

Belangrike historiese gebeure wat op Kerkplein plaasgevind het sluit in die eerste hys van die Vierkleur, die lees van die proklamasie waarvolgens die ZAR deur Brittanje geannekseer is deur Theophilus Shepstone in 1877, Paul Kruger se voorstelling aan die ZAR burgers na sy verkiesing as President, die viering van Koningin Victoria se diamantjubileum in 1897, die hys van die Union Jack na die besetting van Pretoria deur Britse troepe in 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog, die proklamasie van die Unie van Suid-Afrika en die inhuldiging van die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika.

Tydens die Kerkstraat-bomontploffing van 20 Mei 1983 het die ANC se Umkhonto we Sizwe 'n bom in Kerkstraat laat afgaan, wat 19 mense gedood en 217 beseer het.

Verwysings

28°11′26″O / 25.74639°S 28.19056°O / -25.74639; 28.19056

Tags:

Elias MotsoalediKerkplein, PretoriaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DansKrapOogproblemeMuskeljaatkatEugenetikaVeeartsAkwariumLongAndré JacobsHerfsLiewe HeksieWindLys van elemente volgens simboolMolekuulNasionale PartySonja HerholdtNoordwesDoelwitPlastiekSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkildklierJagluiperdSelfvertroueVaginale kankerVerstedelikingRatelZack du PlessisBlaaskankerTelwoordFinansiële staatStikstofTweede Nuwe JaarAnilingusLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSinoniemBelvidere Holy Trinity-kerkPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTasché BurgerVerkoueOntbossingTennisSpysverteringstelselGeslagBuffelPampoentjiesRassisme in AfrikaRobbie WesselsKaliforniese KanaaleilandeAkademiaCorioliskragIranSiya KolisiHulpwerkwoordByvoeglike naamwoordWaterpokkiesKoorsblaarKuberkrakerLeeuKunstenaarGordelroosPornografiese akteurWaarheid-en-versoeningskommissieBynierMaagsweerNeerslagKondensasieWieg van die MensdomKolonialismeOorlogNylrivier (Suid-Afrika)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994InternetVingerseksPêrelLikkewaanBorskanker🡆 More