Materiaalkunde

Materiaalkunde sluit die dele van chemie en fisika in wat te doen het met die eienskappe van materiale.

Materiaalkunde omvat vier klasse materiale, waarvan elkeen as 'n afsonderlike studieveld beskou kan word:

  1. metale
  2. keramieke
  3. polimere
  4. saamgestelde materiale

Daar word dikwels na materiaalkunde verwys as materiaalkunde en ingenieurswese omdat dit vele toepassings het. Industriële toepassings van materiaalkunde sluit in prosesseringstegnieke (gietwerk, walswerk, sweiswerk, ioonimplantering, kristalgroei, dunne filmneerslag, sintering, glasblaas ens.), analitiese tegnieke (elektronmikroskopie, x-straalafbuiging, kalorimetrie, kernmikroskopie ens.), materiaalontwerp en koste/voordeel kompromieë in die industriële vervaardiging van materiale.

Vertakkinge van materiaalkunde

  • Nanotegnologie - die vervaardiging en studie van molekulêr gevormde materiale (nanomateriale) materiale met strukture waarvan die skaal in nanometers gemeet kan word.
  • Kristallografie - die studie van die fisika van kristalle wat insluit:
    • defekte in kristalle, soos korrelgrense en verskuiwings en hul effek op die fisiese eienskappe;
    • diffraksietegnieke, soos x-straalkristallografie, wat gebruik word vir die identifikasie van die fase waarin die materiaal verkeer.
  • Metallurgie - die studie van metale
  • Keramieke, wat insluit halfgeleiers en ander elektroniese materiale
  • Biomateriale - materiale wat in die menslike liggaam aangewend kan word
  • Tribologie - die studie van die verwering van materiale weens wrywing en ander faktore, soos deur die meting van skuurvastheid.

Neem kennis dat sommige mense in die praktyk reologie as 'n ondervertakking van materiaalkunde beskou aangesien dit enige vloeiende materiaal dek. 'n Tipiese verhandeling oor reologie sluit egter ook nie-Newtoniese vloeidimamika in, dus word dit as 'n vertakking van Kontinuummeganika gesien.

Onderwerpe wat die grondslag vorm vir Materiaalkunde

  • Termodinamika, vir fase stabiliteit, fase veranderinge en fase diagramme.
  • Kinetika, het te doen met die tempo van veranderinge en diffusie.
  • Vastestofchemie - die studie van die chemie wat in vastestowwe plaasvind
  • Vastestoffisika - word gewoonlik beskou as die studie van die kwantum-meganiese effekte in vastestowwe, soos halfgeleiers of supergeleiers.
  • Kontinuummeganika - die studie van vastestowwe en vloeistowwe, met die aanname dat hulle bestaan uit kontinue materiale (eerder as afsonderlike atome)

Ander onderwerpe

  • Kronologie van materiaalkunde
  • Bio-gebaseerde materiale
  • Vloeibare kristalle

Eksterne skakels

Tags:

Materiaalkunde Vertakkinge van materiaalkundeMateriaalkunde Eksterne skakelsMateriaalkundeChemieFisika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse randMeningsverskil oor aardverwarmingBreedtegraadVaginaWetenskaplike klassifikasieBotswanaDuitse maselsSokkerArmoedeAppelOu Apostoliese KerkByvoeglike naamwoordSjimpanseeLys van kinderspeletjiesPesachSwart menseAbstraksie (rekenaarwetenskap)XhosaLys van elemente volgens simboolVratLentePuntMaatskaplike verantwoordelikheidMasturbasieUniondalePriemgetalMondSlawernyBevolkingWolkLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Uitwerking van klimaatsveranderingKommunikasieJeugdagKaapse VlakteGrondwet van Suid-AfrikaSleutel (musiek)VulkanismeLongEendbekdierHemelvaartMenslike seksuele gedragWet op Bantoe-onderwysRoesAardeVormBeëdigde verklaringLys van veltoestandeAgtervoegselFinale OplossingPenisMisdaadNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKitaarGreta ThunbergNederlandKapitalismeRookgewoonteOnse VaderVolstruisSamestellingHomofoonHaaieMobutu Sese SekoHeidelberg, GautengKommaBlaarVerantwoordelikheidLeierskapDwelmmiddelGalblaasKewer🡆 More