Hier volg 'n lys van die Staatspresidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek, waarna ook as die Transvaal Republiek verwys is deur die Britse Owerhede.
# | President | Portret | Ampstermyn | Notas |
---|---|---|---|---|
1 | Marthinus Wessel Pretorius | 6 Januarie 1857 – 15 September 1860 | 1ste Staatspresident van die Uitvoerende raad van die Zuid-Afrikaansche Republiek | |
– | Johannes Hermanus Grobler | 15 September 1860 – 6 Desember 1860 | Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek en ontsetel deur Schoeman | |
Burgeroorlog, nadat Schoeman weier om Grobler te erken (1861–1864) | ||||
- | Stephanus Schoeman | 6 Desember 1860 – 17 April 1862 | Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek en later die leier van die sogenaamde rebellemagte. | |
- | Willem Cornelis Janse van Rensburg | 18 April 1862 – 10 Mei 1864 | Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek (18 April 1862 – 23 Oktober 1863) President van die Uitvoerende raad van die Republiek (23 Oktober 1863 – 10 Mei 1864) | |
2 | Marthinus Wessel Pretorius | 10 Mei 1864 – 22 November 1871 | President van die Uitvoerende raad van die Republiek (10 Mei 1864 – 22 Oktober 1866) Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (22 Oktober 1866 – 20 November 1871) | |
3 | Daniël Jacobus Erasmus | 21 November 1871 – 1 Julie 1872 | Waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek | |
4 | Thomas François Burgers | 1 Julie 1872 – 12 April 1877 | 2de Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek | |
Britse anneksasie en die Eerste Vryheidsoorlog (12 April 1877 – 8 Augustus 1881) | ||||
– | Driemanskap | 13 Desember 1880 – 9 Mei 1883 | Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek hervat sy bevoegdhede in ooreenstemming met die besluit van die Volksraad op 13 Desember 1880; die ZAR word onder die naam "Transvaal Gebied" selfregering toegestaan in ooreenstemming met die Konvensie van Pretoria, onderhewig aan die susereiniteit van die Britse kroon, op 8 Augustus 1881. | |
5 | Paul Kruger | 9 Mei 1883 – 31 Mei 1902 | 3de Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek Verlaat die Republiek op 10 September 1900 | |
Tweede Vryheidsoorlog (11 Oktober 1899 – 31 Mei 1902) | ||||
6 | Schalk Willem Burger | 10 September 1900 – 31 Mei 1902 | Waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (staan in vir afwesige Kruger) | |
Amp afgeskaf met die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging (31 Mei 1902) en die finale Britse anneksasie. |
Kandidaat | Stemme | % |
---|---|---|
Paul Kruger | 12,858 | 86.5 |
Piet Joubert | 2,001 | 13.5 |
Totaal | 14,859 | 100 |
Bron: Encyclopædia Britannica |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lys van Staatspresidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.