2000–1887

Looking Backward: 2000–1887 is 'n utopiese wetenskapsfiksieroman deur Edward Bellamy, 'n joernalis en skrywer van Chicopee Falls, Massachusetts; Dit is die eerste keer in 1888 gepubliseer.

Dit was die derde grootste besverkoper van sy tyd, na Uncle Tom's Cabin en Ben-Hur: A Tale of the Christ. Dit het 'n groot aantal intellektueles beïnvloed, en verskyn in titels in baie sosialistiese geskrifte van die dag. "Dit is een van die min boeke wat ooit gepubliseer is, wat byna onmiddellik met verskyning 'n politieke massabeweging geskep het."

Looking Backward: 2000–1887
2000–1887

SkrywerEdward Bellamy
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
TaalEngels
GenreWetenskapsfiksie, utopiese roman
UitgewerTicknor & Co. (Januarie 1888)
Houghton Mifflin (September 1889)
UitgegeeSien bo
MediumDruk (Gebind)
Bladsye470
VervolgEquality (1897)

In die Verenigde State alleen is daar meer as 162 "Bellamy Clubs" gestig om die idees van die boek te bespreek en te versprei. As gevolg van sy verbintenis tot die nasionalisering van private eiendom en die begeerte om die gebruik van die term "sosialisme" te vermy, het hierdie politieke beweging bekend geword as "Nasionalisme" – wat nie verwar word met die politieke konsep van nasionalisme nie. Die roman het ook verskeie utopiese gemeenskappe geïnspireer.

Opsomming

Looking Backward: 2000-1887 gaan oor Julian West. Hy woon in Boston en is welgesteld. Hy sukkel om te slaap en het 'n hipnotiseur laat kom om sy probleem op te los. Op die vooraand van sy huwelik met Edith Bartlett, gebeur die weer: in die ondergrondse slaapkamer laat die hipnotiseur hom slaap. Hierdie keer slaap hy baie vas. Bo hom, tydens sy diep slaap, brand die huis af en word aanvaar dat hy gesterf het. 'n Nuwe huis word op dieselfde plek gebou. In die jaar 2000 woon 'n sekere dokter Leete in die huis en as hy 'n laboratorium in sy tuin wil bou, word die verborge kelder ontdek tydens die opknappingswerk, waarin Julian nog steeds in 'n soort koma-agtige toestand was. Die dokter lig hom in dat dit nou die jaar 2000 is en neem hom in sy gesin aan. Dit skep dan 'n spel van vraag en antwoord, wat die grootste deel van die boek uitmaak, oor hoe dit was en veral hoe dit nou 'is'. Hoe armoede opgelos is, hoe ekonomiese ongelykheid verdwyn het , hoe die agterstand van vroue opgehef is, ensovoorts. Dokter Leete artikuleer Bellamy se eie kritiek op die samelewing van die laat negentiende eeu en beskryf die 'nou' as die Utopia van die jaar 2000. Sommige utopiese dele van die boek het die waarheid geword, soos die Europese eenwording. Ander idees, soos die afskaffing van gevangenisse of die verdwyning van werkloosheid, het nie plaasgevind nie.

Verwysings

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Tags:

1888Edward BellamyJoernalisMassachusettsSkrywerUncle Tom's Cabin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SinoniemJan van RiebeeckTrappe van vergelykingSuid-Afrikaanse randDaggaNederduitse Gereformeerde KerkDesimale breukePussy RiotKonsentrasiekampLeah van NiekerkDwelmmiddelTropiese sikloonMurraysburgGoogle MapsOntdekking van goud in Suid-AfrikaAkkedisWillie JoubertMasturbasieBynierLetterlike en figuurlike taalgebruikVerkragtingCurly HowardNasionale VrouemonumentKweekhuisgasDrinkwatervoorsieningJohnny RapidKappie (skryfteken)EllipstekenHakerOrthopteraKlein gekolde katJuraKolonisasieNatuurlike hulpbronAarverkalkingGeestesteuring7de LaanKitaarPad na jou hartSjimpanseeBeëdigde verklaringSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKoolhidraatDieregeluideSekondêre sektor van die ekonomieCarike KeuzenkampKlimaatSkoolToerismeKolonialismeMeningsverskil oor aardverwarmingBruin menseNatriumtiosulfaatKlem-in-die-kaakOorstromingInligtingKontinentSonkragJodeSkaapHidroulikaKarakteriseringEendbekdierKaapstadSlawernyWitbloedselKewerSlag van Cuito CuanavaleBesnydenisEkonomiese sektorRassismeCarles PuigdemontUnited Democratic Front🡆 More