Laura Bassi

Laura Maria Caterina Bassi (29 Oktober 1711 - 20 Februarie 1778) was 'n Italiaanse fisikus en akademikus.

Sy is erken en uitgebeeld as 'Minerva' (godin van wysheid), en was die tweede vrou in die wêreld wat die graad Doktor in die Filosofie verwerf het (na die filosoof Elena Cornaro Piscopia, wat in 1678 'n doktorsgraad behaal het) en die eerste vrou wat 'n doktorsgraad in die wetenskap verwerf. Toe sy aan die Universiteit van Bologna gewerk het, was sy ook die eerste vroulike dosent aan 'n universiteit. Sy was op 'n tyd die bes betaalde werknemer daar. Sy word uiteindelik die tweede vroulike universiteitsprofessor in die wêreld na Bettisia Gozzadini. Sy was ook die eerste vrouelid van enige wetenskaplike instelling toe sy in 1732 tot die Akademie vir Wetenskappe van die Instituut van Bologna verkies is.

Laura Bassi
Laura Bassi

Bassi het geen formele opleiding gehad nie en is privaat onderrig van vyf tot twintig. Tóé was sy goed vertroud met alle belangrike vakgebiede, insluitende wetenskappe en wiskunde. Prospero Lambertini, die aartsbiskop van Bologna (later pous Benedictus XIV), het haar beskermheer geword. Met die reëling van Lambertini verdedig sy op 17 April 1732 in die openbaar nege-en-veertig proefskrifte voor professore van die Universiteit van Bologna, waarvoor sy op 12 Mei 'n doktorsgraad verwerf. 'n Maand later is sy deur die universiteit aangestel as die eerste vroulike dosent, alhoewel sy beperk was om klasse vir slegs mans te gee. Lambertini, destyds die pous, het haar gehelp om toestemming te kry vir privaatklasse en eksperimente, wat die universiteit in 1740 verleen het.

Bassi het die belangrikste advokaat van Newtonse meganika in Italië geword. Sy is in 1745 deur die pous opgeneem in die Benedettini (soortgelyk aan die moderne Pouslike Akademie vir Wetenskappe) as 'n bykomende lid. Sy het in 1776 die leerstoel vir eksperimentele fisika opgeneem, wat sy tot haar dood beklee het. Sy word by die Kerk van Corpus Domini, Bologna, begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1711177820 Februarie29 OktoberFisikusItaliaanseMinervaWetenskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NedersettingHoofkarakterNiersteenSkoenlapperGesonde dieetSteenkool in Suid-AfrikaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDemi Lee MooreOmtrek, oppervlakte en volumeAustraliëKrieketKaapstadse waterkrisis 2015-2018Appel (sanger)Nuwe TestamentSamestellende afleidingMoskouSwawelBotswanaAnrich HerbstXhosaMurraysburgMaatskappyCarike KeuzenkampTafelbergPoleSeksKlem-in-die-kaakNederduitsch Hervormde KerkKoöperasiestoriesIslamitiese seksualiteitswetteVoegwoordDieregeluideKleurHarvey WeinsteinSParlement van Suid-AfrikaAanhalingstekensSeksismeSosiale transformasieSkaakNkosi Sikelel' iAfrikaResensieKunsNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyEierstokTweede VryheidsoorlogVleilandBruto binnelandse produkMieliedriehoekGroepsgebiedewetMenslike seksuele gedragKasterolieLys van landeOnderwysLys van WêrelderfenisgebiedeLys van Afrikaanse televisiereekseLys van Suid-Afrikaanse skrywersByeboerderyLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKappie (skryfteken)Nomina sacraIndiëWikimedia-stigtingGewone tarentaalKopielinksMartin BesterWaarheid-en-versoeningskommissieHartversakingHernubare energieLys van medisinale kruieToerismeTrigeminale neuralgieVenesiëVolhoubaarheidNaboomSamestelling🡆 More