Kwandebele

KwaNdebele was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in Suid-Afrika.

Die hoofstad in 1981 was KwaMhlanga. Die tuisland was geskep om Suid-Ndebelesprekende mense te huisves. Die tuisland is geskep nadat die Suid-Afrikaanse regering negentien plase van wit eienaars opgekoop het.

KwaNdebele
Kwandebele
1981 – 1994 Kwandebele
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of KwaNdebele
Ligging of KwaNdebele
Ligging van KwaNdebele in Suid-Afrika
Hoofstad KwaMhlanga
Taal/Tale Suid-Ndebele
Regering Republiek
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 1981
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 2 208 km2
853 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 373 012 
     Digtheid 168,9 /km² 
437,5 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel in die provinsies Gauteng en Mpumalanga.

KwaNdebele was die kleinste en jongste van die swart nasionale state van Suid-Afrika. Dit was in Transvaal geleë, noordoos van Pretoria. KwaNdebele het 'n oppervlakte van sowat 2 000 km² tussen Bronkhorstspruit in die suide, Marble Hall in die noorde en Groblersdal in die ooste beslaan. Dit het 'n bevolking van 200 000 gehad, waarvan die oorgrote meerderheid Suid-Ndebele.

KwaNdebele se gebiedsowerheid is op 7 Oktober 1977 ingestel en die staat het selfregerend geword toe ’n Wetgewende Vergadering met 46 setels in 1979 ingestel is. Mnr. Simon Skosana het tussen 1977 en 1981 as hoofminister gedien en die tydelike hoofstad was Siyabuswa.

Die Suid-Ndebele is tradisioneel 'n akkerbouvolk, en akkerbou en veeteelt was dan ook die vernaamste ekonomiese bedrywighede van die inwoners van KwaNdebele. Die gebied val in 'n streek met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 750 mm en is veral geskik vir die verbouing van mielies en vir beesboerdery.

Bokke is ook op betreklik groot skaal aangehou. Die Elandsrivier vloei deur die voormalige KwaNdebele, wat die ontwikkeling van 'n besproeiingskema moontlik maak. In die vroeë tagtigerjare was daar nog geen erkende nywerheidsgroeipunt binne KwaNdebele nie, maar Groblersdal was die belangrikste grensnywerheidskompleks.

Bronne

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansKwandebele  Wiki Commons het meer media in die kategorie KwaNdebele.
  • (en) "KwaNdebele". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Junie 2019.

Tags:

BantoestanKwaMhlangaSuid-AfrikaSuid-Ndebele

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoornaamwoordMigrasie van voëlsWaterpokkiesOlimpiese Somerspele 2024Mahatma GandhiPirow BekkerAborsieNierversakingGewone breukeLikkewaanAfrikaansBynierBeroerteBlack SashXhosasPersentasieAlkoholismeThys die BosveldklongBetonSuikersiekteBraaiDieremishandelingAfrikaanse Taalmonument (Welkom)KorrupsieAfrikaanse naguilCradock-4Geskiedenis van Suid-AfrikaNatriumtiosulfaatIrma SternLys van medisinale kruieWiskundige terminologieSonGemeenskapsorganisasieByung-Chul HanMantisAnilingusOmtrek, oppervlakte en volumeBruin menseKlimaatveranderingEngelsChromatografieMenslike seksuele gedragKalenderStaat PalestinaGrondsoorteKoppeltekenKrokodilHerfsSharpeville-slagtingLabia (geslagsdele)SanskritNic de JagerPornografiese akteurSASOLKameelperdElektrisiteitAfrikanersWortelVoortrekkersGesondheidWaterbesoedelingCheslin KolbeAardePersoonlikheidGriekse teaterOnderwysVoegwoordNasionalismeGeografie van Suid-AfrikaLetterkundeKewerEskomNaaldekokerDigitale en analogiese tydLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)🡆 More