Suid-Ndebele

Suid-Ndebele (meestal net Ndebele in Suid-Afrika, ook isiNdebele in Ndebele) is 'n taal in die Nguni-taalfamilie.

    Hierdie artikel handel oor die Suid-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles.

Dit is 'n amptelike taal van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie.

Suid-Ndebele
isiNdebele
Gepraat in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 
Gebied: Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes
Totale sprekers: 1,1 miljoen (moedertaal, 2011)
1,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Nguni
         Suid-Ndebele 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: nr
ISO 639-2: nbl
ISO 639-3: nbl
Suid-Ndebele
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Suid-Ndebeletaliges in 2011:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60%
██ 60–80% ██ 80–100%

Suid-Ndebele
Geografiese verspreiding van Suid-Ndebele in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km²
██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Suid-Ndebele
Tweetalige teken in Afrikaans en Suid-Ndebele by die Pretoriase Kunsmuseum

Suid-Ndebele is baie nou verband aan Swazi. In Suid-Afrika is daar dialektiese verskille tussen die taal in die noorde en die suide van die ou Transvaal, bv. in Noord-Transvaalse Ndebele word die taal Nrebele genoem, en daar is verdere dialektiese verskille tussen Suid- en Noord-Ndebele. Die laasgenoemde staan ook bekend as Matabele, is nader verwant aan Zoeloe en word in Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana gepraat.

In die onlangse geskiedenis word Suid-Ndebele erg gemarginaliseer: tot en met die stigting van die Ndebele Bantoestan, KwaNdebele, was mense ontmoedig om die taal in die openbaar te gebruik. Meeste sprekers verkies om Zoeloe te praat, grootliks te danke daaraan dat laasgenoemde taal in skole aangebied word. Deesdae vaar die taal beter, en geniet beter beskerming omrede sy status as amptelike taal in Suid-Afrika.

Woorde

Algemene woorde en frases:

Afrikaans isiNdebele
Welkom Siyaalemukela
Dankie Ngiyathokoza
Goeiedag / Hallo Lotjhani
Totsiens Usale kuhle (bly wel) / Uhambe kuhle (gaan wel)
Rook verbode Akubhenywa
Geen ingang Akungenwa
Pasop vir die trap Tjheja la ugadanga khona
Pasop! Yelela!
Veels geluk met jou verjaarsdag Ilanga elimnandi lamabeletho
Seisoengroete Izilokotho Ezihle Zamaholdeni
Geseënde Kersfees Ukresimusi omnandi
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukresimusi omnandi nonyaka omutjha omuhle

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels en bronne

Taalhulpmiddels

Sagteware in Suid-Ndebele

Tags:

Suid-Ndebele WoordeSuid-Ndebele Sien ookSuid-Ndebele VerwysingsSuid-Ndebele Eksterne skakels en bronneSuid-NdebeleAmptelike taalGautengLimpopoMpumalangaNguni-taalfamilieNoordwesSuid-AfrikaTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tropiese sikloonPussy RiotNasionalismeWater (molekuul)2001Lys van Suider-Afrikaanse soogdiereOnderwysBynierLeeuDrakensbergeEkologieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAandagstreepBoor (element)Anrich HerbstEiffeltoringLys van Suid-Afrikaanse skrywersMahatma GandhiPlae van EgipteRassismeInfeksieHulpwerkwoordNederlandsSuid-Afrikaanse GrensoorlogKostuumsBevolkingFiela se kindArmoedeverligtingLongontstekingKweekhuiseffekKwaZulu-NatalEienaamTennisWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaReg tot ‘n gesonde omgewingBestaansboerderyVleilandBurgerregteJan van RiebeeckMetafoorJode in Suid-AfrikaSeksueel oordraagbare infeksieOlimpiese SpeleGetalSlag van BloedrivierNarsistiese persoonlikheidsteuringElandréSosiale mediaOmtrek, oppervlakte en volumeEkonomiese sektorAboriginesMierKunsmisOnderhoudGoudkus (streek)Deelteken en umlautAustraliëNarsismeBoomPornografieBybelVoëlMondLys van Joodse feeste en herdenkingsFacebookBrendan PeyperLeierGeskiedenis van AfrikaansKindersiektesMielieGroot GatOrthopteraKunsmatige intelligensieJazzDesmond TutuWaterkringloop🡆 More