Noord-Ndebele of Sindebele, Tabele, Tebele (isiNdebele in Noord-Ndebele) is 'n Afrikataal wat tot die Ngunigroep van Bantoetale behoort.
Dit word deur die Ndebeles of Matabele van Zimbabwe gepraat. Dit is naas Shona een van die twee hooftale van Zimbabwe en een van die amptelike tale van dié land.
Noord-Ndebele isiNdebele | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Zimbabwe Botswana Suid-Afrika | |
Gebied: | Matabeleland-Noord en Matabeleland-Suid in Zimbabwe, Noord-Oos distrik in Botswana | |
Totale sprekers: | 1,6 miljoen | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Noord-Ndebele | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | nd | |
ISO 639-2: | nde | |
ISO 639-3: | nde | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Noord-Ndebele is verwant aan Zoeloe, wat in Suid-Afrika gepraat word. Die Ndebele van Zimbabwe stam meestal van die volgelinge van Zoeloeleier Mzilikazi af. Hy verlaat kwaZulu in die begin van die negentiende eeu gedurende die Mfecane.
Noord-Ndebele (isiNdebele) is nou verwant aan, maar 'n andere taal as Suid-Ndebele (Ndebele) wat vernaamlik in Suid-Afrika gepraat word en een van die 11 amptelike tale is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Noord-Ndebele, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.