Die krinkhout (Securidaca longepedunculata) is 'n klein boompie wat wydverspreid voorkom in Afrika.
Krinkhout | |
---|---|
Blomme en vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Securidaca |
Spesie: | S. longepedunculata |
Binomiale naam | |
Securidaca longepedunculata Fresen., (1837) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 303.
Die boom staan ook bekend as bruidsboom, langboslaag, rooipeultjie, seepbasboom en die veselbasboom.
Die boom het kort, stywe takkies waaraan die blare, blomme en vrugte gedra word. Die blare is enkelvoudig en glad met 'n effense ingerolde rand. Die blomme wissel van pienk tot pers en is sowat 10 mm lank. Die vrug, 'n neut, is sowat 4 cm lank en het 'n vlerk. In Engels staan die boom bekend as die Violet-tree.
In Suid-Afrika word dit aangetref in Gauteng, Limpopo en Noordwes. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Krinkhout, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.