Klaas Bonsma

Klaas Bonsma (*4 Januarie 1871, Hallum, Friesland – † Onbekend) was die skrywer van een van die eerste Nederlandse leesboekies vir verskillende standerds in Suid-Afrika, wat ook in Afrikaans beskikbaar gestel word.

Klaas Bonsma
Klaas Bonsma

Lewe en werk

Klaas Bonsma 
Leesboekies deur Bonsma geskryf in besit van sy kleinseun Klasie.

Klaas Bonsma is op 4 Januarie 1871 op Hallum in Friesland gebore as een van vier seuns. Sy vader is Fokke Harmens Bonsma en sy moeder is Baukje Gerrits van der Meer. Sy broers is Fokke, Harmen Fokkes en Gerrit.

Hy was skaars vyf jaar oud toe sy ouers hom na die Christelike Skool van meester Van Rijssen stuur om sy skoolopleiding te begin. Op veertienjarige leeftyd word hy kwekeling en later gaan hy na die Normaalskool in Leeuwarden vir opleiding in die onderwys. Na kwalifikasie kry hy ’n aanstelling as onderwyser by sy gewese skool., terwyl hy Saterdae stad toe gaan om die kursus vir hoofonderwysers in die tweede klas by te woon. Hierna hou hy skool in Monnikendam en Amsterdam. Omdat dit moeilik was om hoof van ’n skool te word, besluit hy om na die Transvaal te kom en hy land in Pretoria aan op 23 Oktober 1899, twee dae na die noodlottige slag by Elandslaagte. In Pretoria word hy onmiddellik aangestel by die Oost-Eind-Skool en daar bly hy tot Julie 1905, wanneer hy aangestel word as hoof van die C.N.O.-skool op Steynsburg. In 1909 word hy aangestel as dosent aan die Heidelbergse Opleidingskollege, waar hy vir 22 jaar klasgee. Hy was lidmaat van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Skryfwerk

Saam met Philippus Johannes Kloppers skryf hy die Nederlandse De Bussy’s Leesboek voor Zuid-Afrika vir verskillende standerds om in die vraag na kinderleesstof in die skole te voorsien. Met die invoer van Afrikaans in die skole vertaal Tannie van Die Brandwag die eerste deel en die eerste oplaag van duisend eksemplare is binne enkele weke uitverkoop, waarna bestellings geplaas word vir tienduisend eksemplare. Daarna word al die ander dele deur Tannie en P.A.M. Brink vertaal en word hierdie leesboekies baie bekend regdeur Suid-Afrika.

Bonsma vertaal ook Ou Kraai, die dwergie van Wilhelm Hauff in Afrikaans.

Publikasies

Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:

Jaar Publikasies
1913–1920 De Bussy’s Leesboek voor Zuid-Afrika
Vertaling
1946 Ou Kraai, die dwergie – Wilhelm Hauff

Bronnelys

Boeke

  • Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949

Verwysings

Tags:

Klaas Bonsma Lewe en werkKlaas Bonsma SkryfwerkKlaas Bonsma PublikasiesKlaas Bonsma BronnelysKlaas Bonsma18714 JanuarieAfrikaansFrieslandHallumNederlandsSkrywerSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NagmaalOnderwerp (taalkunde)SinoniemSaartjie BaartmanAustraliëNetbalNasionale lied van Suid-AfrikaBoutonneuse-koorsWaterbesparing in Suid-AfrikaKoorsblaarKremetartWaarskynlikheidResensieGraaff-ReinetAfrikaanse WikipediaMaagsweerRomanTweede WêreldoorlogSkaapOrganic Humanity MovementKommunikasieMaroela MediaYsterSamestellingBreinVloeistofKlem-in-die-kaakOplossing (chemie)Lys van WêrelderfenisgebiedeWaterDokterJudaïsmeYstervarkVryheid van spraakInfeksieJavaScriptImpakte van toerismeZenobia KockGroot vyfWieg van die MensdomPaddaKindermishandelingKaartEienaamGlobaliseringVolumeMangelontstekingEwenaarKonsentrasiekampBuffelLys van Afrikaanse rolprenteBeleggingKrampVoegwoordProstaatkankerPikkewynSeetherOos-Afrikaanse SkeurApartheidDepressie (gemoedstoestand)Slag van Cuito CuanavaleVryheidsdagOrthopteraAluminiumSeksuele penetrasieRefentse MorakeISBNWoordsoortSuurstofKlankMiddelmisbruikSportLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLys van Suid-Afrikaanse skrywersLabia (geslagsdele)Albertina Sisulu🡆 More