Johann Nepomuk von Fuchs (15 Mei 1774 – 5 Maart 1856) was 'n Duitse chemikus en mineraloog, en koninklik Beierse geheimraadslid.
Johann Nepomuk von Fuchs | |
Johann Nepomuk von Fuchs in 1844 | |
Gebore | Mattenzell in Zell by Falkenstein, Beiere, Heilige Romeinse Ryk | 15 Mei 1774
---|---|
Oorlede | 5 Maart 1856 (op 81) München, Beiere |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Chemikus, mineraloog en professor |
Instelling(s) | Universiteit van München |
Toekennings | Beierse Orde van Maximilian vir Wetenskap en die Kunste |
Hy is in Mattenzell, naby Falkenstein in die Beierse Woud gebore. In 1807 het hy professor van chemie en mineralogie by die Ludwig Maximilian Universiteit geword, wat toe nog in Landshut geleë was, en in 1823 het hy die pos van bewaarder van die mineralogiese versamelings te München gekry, waar hy drie jaar later as professor aangestel is, toe die universiteit daarheen verskuif is. Hy het in 1852 afgetree, en die koning van Beiere het vir hom in 1854 'n adeltitel verleen. Hy is op 5 Maart 1856 in München oorlede.
Hy is hoofsaaklik bekend vir sy mineralogiese waarnemings en vir sy werk op waterglas (natriumsilikaat). Hy het dit gebruik om stereochromie te ontwikkel: 'n vorm van freskoskildery waar die pigmente met waterglas vasgelê word. Histories is natrium silikaat soms "Fuchs se oplosbare glas" genoem. Hy het 'n wetenskaplike metode ontwikkel vir die vervaardiging van sement en bydraes gemaak tot die wetenskap van die amorfe staat van vastestowwe.
Hy het die minerale name wagneriet (1821) en margariet (1823) geskep, en was saam met Adolph Ferdinand Gehlen mede-beskrywer van die mineraal mesoliet (1816). 'n Variant van moskoviet word ter nagedagtenis van sy werk fuchsiet genoem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Johann Nepomuk von Fuchs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.