Japie Van Zyl: Namibiese elektriese ingenieur

Dr.

Japie (Jakob) van Zyl (1957 - 26 Augustus 2020) was 'n Namibiese elektriese ingenieur wat werksaam was by NASA.

Van Zyl is in Outjo, Suidwes-Afrika gebore. Ná matriek is hy Stellenbosch toe waar hy in 1979 'n honneursgraad in elektroniese ingenieurswese cum laude behaal. Ná 'n verdere twee jaar in die Suid-Afrikaanse Vloot is hy in 1982 na Kalifornië waar hy in 1983 sy MSc-graad in elektriese ingenieurswese by die California Institute of Technology (Caltech) behaal. In 1986 voltooi hy sy PhD in elektriese ingenieurswese by Caltech en sluit daarna by die Jet Propulsion Laboratory ("JPL") as navorser aan.

In 1990 word hy aangestel as die leier van 'n groep wat gevorderde radarnavorsing met vliegtuie doen. Hulle ontwikkel verskeie nuwe tegnieke om met behulp van spesiale radars fotos van die Aarde (en ander planete) te neem. In 1995 word van Zyl tot hoof van alle radarnavorsing by die JPL bevorder. In 2000 word hy adjunkhoof van die organisasie wat al JPL se sendings om die Aarde implementeer en lanseer. Een van die belangrikste sendings is die Shuttle Radar Topography Mission wat in Januarie 2000 op die pendeltuig Endeavour gelanseer word.

In 2003 word van Zyl die adjunkdirekteur en in 2006 die direkteur van astrofisika by die JPL. Onder sy leierskap word verskeie sendings gelanseer soos onder andere die Spitzer- en Kepler teleskope. In 2011 word hy die mededirekteur van die JPL met die verantwoordelikheid om die JPL se strategie te ontwikkel. Die resultaat, bekend as JPL2025 is 'n reusesukses en lei tot ongekende voorspoed vir die JPL in terme van die aantal sendings wat deur NASA aan hulle befonds word. In 2016 word hy die direkteur van die sonnestelselverkenning by die JPL, waar hy vir al die sendings na planete in die buitenste deel van die sonnestelsel verantwoordelik was.

van Zyl is in 1997 deur die Internasionale Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese verkies as die wêreldwye Jong Ingenieur van die Jaar, en in 1998 word hy erken as 'n Gennoot, 'n eer wat aan minder as 1% van die lede van die organisasie toegeken word. In 2010 ontvang hy die Onderskeidende Prestasie-toekenning van dieselfde organisasie vir sy bydraes in die veld van radarnavorsing. Hy word in 2015 vereer met 'n eredoktorsgraad in Ingenieurswese deur die Universiteit van Stellenbosch vir sy werk. Hy was sedert 1979 getroud met Kalfie, sy vrou, en was tot voor sy afsterwe woonagtig in Altadena in Kalifornië.

van Zyl is in Augustus 2020 in 'n kritieke toestand opgeneem in die Huntington hospitaal in Pasadena in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië nadat hy 'n hartaanval gehad het. Hy het kort vantevore, na 33 jaar se verbondenheid aan NASA, afgetree. Hy is op 26 Augustus 2020 op 63-jarige ouderdom in die hospitaal oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

NASANamibië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GroepsdrukSekondêre sektor van die ekonomieGroot TrekGeografie van Suid-AfrikaKwaZulu-NatalEnkelvoudige sinBewussynDemokrasieNetbalKlimaatKolitisNierversakingNadia ValvekensTaalMierStereotipeOos-KaapKatoenBronadresTikTokWitbloedselBeesvleisLeestekenKalsiumAvbobNiemetaalKernkragPaddaVleilandStollingsgesteenteJan van TonderVeerLidwoordWeervoorspellingSuurreënProteïenBreinvliesontstekingSinoniemPesachGeslagTydLVrystaatDie ontstaan van die dramaPersentasieTuberkuloseGeletterdheidVerenigde State van AmerikaSanskritVerkleinwoordBorsMark (ekonomie)Persoon (taalkunde)GeslagsgelykheidDuitslandDesmond TutuNarsistiese persoonlikheidsteuringRooilipslangKunselementeHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMotorvoertuigChristiaan Frederik BeyersHomofoonEienaamLys van slangeKoos BekkerMigrasie van voëlsSkaapWikiquoteSelfstandige naamwoordSkynprivaatnetwerkHeupByDonderstormTennisSoweto-opstandLood🡆 More