Ikaros

Ikaros (Grieks: Ἴκαρος) is ’n karakter in die Griekse mitologie.

Hy was die seun van Daidalos en is die bekendste vir sy poging om van Kreta af te ontsnap, wat sy dood tot gevolg gehad het.

Ikaros
Ikaros, deur Hendrik Goltzius.
Ikaros
Weeklag oor Ikaros, deur Herbert James Draper.

Ontsnapping van Kreta

Ikaros 
Daidalos en Ikaros, deur Frederic Leighton, omstreeks 1869.

Ikaros se pa, Daidalos, ’n talentvolle Atheense vakman, het probeer ontsnap van Kreta, waar hy en sy seun gevange gehou is deur Minos, die koning vir wie hy die labirint gebou het om die minotourus (halfman, halfbul) te hou. Daidalos is verban omdat hy vir Minos se dogter, Ariadne, ’n stuk tou gegee het om Teseus, Minos se vyand, te help om in die labirint te oorleef en die minotourus te verslaan.

Daidalos het twee paar vlerke van was en vere vir hom en sy seun gemaak. Voordat hulle van die eiland af weg is, het Daidalos sy seun gewaarsku om nie te na aan die son of die see te vlieg nie. Oorstelp deur die wonder om te vlieg het Ikaros nuuskierig deur die lug geswiep. Hy het egter te na aan die son gekom, die was het gesmelt en die vere het afgeval. Ikaros het in die see geval.

Griekse skrywers het ook ’n meer realistiese weergawe van die verhaal gegee: dat hulle eintlik per boot gevlug en Ikaros toe oorboord geval en verdrink het. Daarna het Herakles vir hom ’n graftombe opgerig.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Icarus

Bronne

  • Graves, Robert, (1955) 1960. The Greek Myths, seksie 92 passim
  • Smith, William, red. A Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology
  • Pinsent, J. (1982). Greek Mythology. New York: Peter Bedrick Books.

Eksterne skakels

Tags:

Ikaros Ontsnapping van KretaIkaros VerwysingsIkaros BronneIkaros Eksterne skakelsIkarosDaidalosGrieksGriekse mitologieKreta

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofletterKunsmatige intelligensieCheslin KolbeTafelbergErosietipesGlobaliseringNeurenberg-verhoreKurt-Lee ArendseLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKnieHoofkarakterSikloonVloeistofGeografie van Suid-AfrikaBreinkaartChristendomDieregeluideAbstraksie (rekenaarwetenskap)Erica BoyerWetenskaplike klassifikasieSatellietAnilingusGroot-VisrivierShakaWeervoorspellingVeelvoudige sinAluminiumSlag van BloedrivierKoppeltekenWeer (meteorologie)SanskritOranjerivierAfrikanersAppel (sanger)VoegwoordJo BlackSeekoeiSirkelRenteRooilipslangStaatstoelaeTswanaBronsKoos BekkerOrtopedieVolstruisKindersiektesMondMetafoorChromatografieRudi ClaaseBysteekMadison IvyMeningsverskil oor aardverwarmingRefleksieFibonacci-reeksDierAardverwarmingSeisoenKlopjagKoperHolocaustNatuurrampOnderwerp (taalkunde)Jan van RiebeeckKlimaatveranderingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Waterbesparing in Suid-AfrikaWikimedia-stigtingAntoniemBosbokNelson MandelaHorlosieSkoenlapperNommertekenAborsie in Suid-Afrika🡆 More