Hinamatsuri (雛祭り) word jaarliks op 3 Maart in Japan gevier.
Die dag staan ook as die Japannese poppefees of meisiesdag bekend. Die geluk en gesondheid van jong meisies word op die dag gedenk. Dit is een van twee tradisionele dae wat sedert die 8ste eeu aan kinders gewei word, die ander is seunsdag op 5 Mei.
Poppe word op die dag op platforms met rooi tapyte uitgestal. Die poppe verteenwoordig die keiser, keiserin, hofdames en musikante in tradisionele hofrokke van die Heian-tydperk (794 tot 1185). Hierdie platforms het vyf of sewe trappe. Dit word gewoonlik as volg opgestel:
Boonste vlak (voor 'n goue kamerskerm):
Tweede vlak:
Derde vlak:
Vierde vlak:
Vyfde vlak:
Laer vlakke:
Families begin gewoonlik om die poppe in Februarie uit te stal en verwyder dit onmiddellik na die fees. Volgens bygeloof sal mense wat die poppe tot na 4 Maart los se dogter eers laat in hul lewens trou.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hinamatsuri, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.