Hebban Olla Vogala

Hebban olla vogala, somtyds gespel hebban olla uogala, is die eerste drie woorde van 'n 11de eeuse teksfragment wat in Oudnederlands geskryf is.

Die fragment is in 1932 ontdek op die flapteks van 'n manuskrip wat waarskynlik gemaak is in die abdy van Rochester, Kent, en by Oxford gehou word. Dit word gewoonlik beskou as 'n Wes-Vlaamse variant van Oudnederlands.

Hebban Olla Vogala
Teks (middel, regs): quid expectamus nunc. Abent omnes uolucres nidos inceptos nisi ego et tu. Hebban olla uogala nestas hagunnan hinase hic enda thu uuat unbidan uue nu. Rector celi nos exaudi ut dignare nos saluare.
Hebban Olla Vogala
Fragment uit die teks.

Dit word dikwels aangehaal. Die Nederlanders het lank geglo dat dit die enigste oorblywende Oudnederlandse teks was. Deskundiges was egter lank reeds bewus van ander bronne wat destyds nog nie toeganklik was nie. Vandag is daar reeds meer as 42,000 Oudnederlandse woord en frases ontdek uit bronne soos die Wachtendonck Psalms en die Leiden Willeram. Die oudste definitiewe bron wat bestaan is die Saliese wet.

Teks

Die volledige teks, 'n probatio pennae, d.w.s 'n "gekrabbel" deur die skrywer om sy pen te toets, word gewoonlik getranskribeer as Hebban olla uogala nestas hagunnan hinase hic enda thu uuat unbidan uue nu. Laasgenoemde is 'n woordelikse vertaling van die Latynse sin wat direk bokant dit geskryf is: Abent omnes uolucres nidos inceptos nisi ego et tu quid expectamus nu(nc). Dit word rofweg in Afrikaans vertaal as Al die voëls het neste begin, behalwe ek en jy - waarvoor wag ons nou? en in Moderne Nederlands as: Zijn alle vogels nesten begonnen, behalve ik en jij - waarop wachten we nu?. Volgens Dr. Daniël Hugo het die Nederlandse — en daarom ook die Vlaamse– en Afrikaanse letterkunde — daarmee 'n aanvang geneem.

Verskeie teorieë

Hebban Olla Vogala 
Muurpoësie in Leiden

Volgens professor Luc de Grauwe van die Universiteit van Gent kan die teks ook Oudengels wees, en meer spesifiek Ou Kenties.

Onlangs het professor Frits van Oostrom van die Universiteit van Utrecht dit gekoppel aan die Moorse Kharjas genre, wat verse insluit wat vroue tot hul afwesig minnaars sou rig. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die fragment waarskynlik geskryf is deur 'n vrou, of uit 'n vroulike perspektief.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Hebban Olla Vogala TeksHebban Olla Vogala Verskeie teorieëHebban Olla Vogala Sien ookHebban Olla Vogala VerwysingsHebban Olla Vogala11de eeuOudnederlandsOxfordWes-Vlaams

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wiskundige terminologieOrgasmeDierSeekoeiDramaEiffeltoringVoornaamwoordKomplementêre kleureVerkoueKaapstadOmtrek, oppervlakte en volumeGroepsdrukSpelerposisies in rugbyJaco JacobsOsoonuitputtingBeesMisdaadAfrikaanse naguilInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandPrivaat maatskappyChemiese elementWaterpokkiesMensSonnestelselAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersVisAktuarisWaterbesoedelingAgtergrond (narratief)Kapitaal (ekonomie)SportTierboskatOlimpiese Somerspele 2024Openbare redevoeringCutt GlasKasterolieSeksuele opwekkingGrondbesoedelingReddingskakeTweede VryheidsoorlogLiewe HeksieVenusAngina pectorisStereotipeVars waterSuid-AfrikaVerkragtingPiesangC++KommunikasieSendelingposisieKortverhaalPersentasieKlem-in-die-kaakAfrikaanse woordelys en spelreëlsPad na jou hartVolhoubaarheidVryheidsdagPaasfeesAnorexia nervosaEkonomieTswanaTradisionele literatuurLys van nedersettings in Suid-AfrikaAntieke EgipteElon MuskLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)FossielbrandstofLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVenda (taal)Galileo GalileiGoudSonja HerholdtBeroerteSuid-Afrikaanse Grensoorlog🡆 More