Nederlanders

Die begrip Nederlanders (Nederlander, die Nederlandse volk) bevat verskeie definisies, en hulle kan afgesonder, verwant of deels oorlappend teenoor mekaar staan.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Nederlands.

Hieronder word die verskillende begrippe gedefinieer, waarna die artikel verder uitbrei oor die Nederlandse entisiteit.

Nederlanders
Nederlanders
Totale bevolking: ca. 29 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Nederland Nederland ~13,2 miljoen

Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika ~7 miljoen
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~4,4 miljoen
Vlag van Frankryk Frankryk ~1 miljoen
Vlag van Kanada Kanada ~1 miljoen
Vlag van Duitsland Duitsland 350 000
Vlag van Australië Australië 335 500
Vlag van België België 120 970
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 100 000
Vlag van Denemarke Denemarke 30 000
Vlag van Switserland Switserland 20 000
Vlag van Turkye Turkye 15 000
Vlag van Indonesië Indonesië 15 000
Vlag van Noorweë Noorweë 13 000
Vlag van Swede Swede 10 000

Taal: Nederlands, Wes-Fries, Afrikaans
Geloofsoortuiging: Histories twee-derde Protestantisme (hoofsaaklik Calvinisme met 'n noemenswaardige Lutherse minderheid), een derde Rooms-Katolieke Kerk; vandag meestal ongebonde, met Rooms-Katolieke Verenigde kerke (Gereformeerde en Lutherse) minderhede
Verwante etniese groepe: Ander Germaanse volke soos Afrikaners, Duitsers, Engelse, Friese en Vlaminge

Nederlandse nasionaliteit

Nederlanders 
Jan van Riebeeck land in Tafelbaai in April 1642.

Die Rykswet op die Nederlandskap (Nederlands: Rijkswet op het Nederlanderschap) bepaal of iemand 'n Nederlander is. 'n Gelykwaardige term is Nederlandse staatsburger, Nederlandse onderdaan (maar sien ook onder), en iemand met die Nederlandse nasionaliteit.

In die meeste andere lande (byvoorbeeld België of Spanje) word die woord nasionaliteit of 'n vertaling van die woord, meer gebruik vir 'n begrip wat digter by entisiteit lê. In Nederland word die staatsburgerskap in die reël bekom deur geboorte. Die hoofreël van die Rykswet op Nederlandskap is dat iemand 'n Nederlander is, as op die moment van geboorte één van die ouers 'n Nederlander is. Daarna kan die staatsburgerskap ook deur naturalisasie verkry word. Mens kan die Nederlandse staatsburgerskap verloor wanneer die staatsburgerskap van 'n ander land vrywilliglik aangeneem word. Om diens te neem in 'n vreemde krygsmag kan ook tot verlies van die Nederlandse nationaliteit lei, indien die krygshandelinge teen die Nederlandse belange druis. Dat mens by 'n veroordeling tot gevangenisstraf die staatsburgerskap sou kon verloor, is 'n misverstand wat berus op verwarring met die straf van ontsetting uit die kiesreg, waartoe mens wél veroordeel kan word.

Onderdaanskap

Nederlanders is teenoor Nederland onderdanig, maar in die verlede was daar Nederlandse onderdane wat geen Nederlanders was nie.

In die voormalige Nederlands-Indië het dit vir die inheemse bevolking gegeld. Dit was opgeteken in die wet oor die Nederlandse onderdaanskap (Wet van 10 Februarie 1910, Stb. nr. 55). In 1927 word hierdie wet ook van toepassing in Suriname en op Curaçao en hul onderhoriges. Vanaf 1949 was dit nie meer van toepassing op die selfstandig gewordene Indonesië nie, maar wel nog op die Nederlandse Nieu-Guinee. Na die invoering van die Statuut voor het Koninkrijk der Nederlanden in 1954 was daar slegs nog nie-Nederlandse onderdane in Nederlandse Nieu-Guinee. Na die oordrag aan Indonesië in 1962/'63 was daar geen meer aparte begrip "onderdaan" nie.

Die begrip "onderdaan" word wel nog gebruik in die internasionale verband, byvoorbeeld in die term "gemeenskapsonderdaan."

Nederlandse volk

Met "volk" kan, afhanklik van die konteks, sowel na die Nederlandse nasie (dit wil sê, die hele bevolking van Nederland) of na mense met die Nederlandse etnisiteit verwys. Hoewel die woord in die omgangstaaal vry voorkom word die term in die wetenskaplike veld deurgaans vermy vanweë sy onduidelike en dikwels vae betekenis.

Nederlandse nasie

Die begrip nasie is abstrak, en word bekendgestel tydens die tydperk van die Romantiese Nasionalisme aan die einde van die 18de eeu. 'n Nasie kan bestaan uit één enkele etnisiteit. Japan en Ysland is moderne voorbeelde, of uit meerdere, waarby byvoorbeeld gedink kan word aan die Volksrepubliek China of die Verenigde State van Amerika. Dikwels is dit so dat een etnisiteit kultureel (dikwels insluitende sy taal) dominant is. Ook in Nederland bestaan die nasie uit meerdere etnisiteite, waarby die Nederlandse die mees dominante is.

Nederlandse etnisiteit

Die Nederlandse etnisiteit is 'n sosiaal-kulturele identiteit. Deurgaans word mense met die Nederlandse etnisiteit eenvoudig Nederlanders genoem.

Nederlanders (in die sin van etnisiteit) is onderling verbonde deur 'n gemeenskaplike geskiedenis, kultuur, taal en afstamming. Etnisiteit is nie aan die Nederlandse landsgrense gebonde nie, en ook die Vlaminge word beskou as behorend tot die Nederlandse etnisiteit, tog nie tot die Nederlandse volk in 'n nasionale sin nie.

Afrikaners stam grotendeels af van Nederlanders en Vlaminge.

Verwysings

Notas

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Nederlanders

Eksterne skakels

Tags:

Nederlanders Nederlandse nasionaliteitNederlanders OnderdaanskapNederlanders Nederlandse volkNederlanders Nederlandse nasieNederlanders Nederlandse etnisiteitNederlanders VerwysingsNederlanders NotasNederlanders Eksterne skakelsNederlanders

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SoogdierBritse en Amerikaanse maateenhedeAfrikaAustraliëNazi-DuitslandTarentaleKorrupsieEnergieVormMiddeloorontstekingHindoeïsmeNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGezina, PretoriaNetbalDrakensbergeNagapieDiskriminasieOnbemande vliegtuigAppelGeslagsgelykheidOntwerpGalileo GalileiSatanismePornografieBuffelKankerSeekoeiAtoomSeksismeMenslike skeletKoerantLærdal-tonnelMalariaMeervoudEkonomieLandbouVeeVrymesselaryLyfstraf in skoleErfenisdag (Suid-Afrika)NierversakingSportBosvarkWerkersdagHomoseksualiteitMonumentKlem-in-die-kaakLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLettergreepNagmaalGewone tarentaalSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024IronieWiki CommonsPakistanMuisvoëlVlekvrye staalDonderstormBreinEuropaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKompasGeelsugAfrikanersSuurreënOnderhandelinge om apartheid te beëindigMuskietCalviniaStereotipeSebraIranse aanval op Israel in 2024AlkoholismeBoer Soek 'n VrouDuits🡆 More