Hélène Grimaud

Hélène Grimaud (gebore op 7 November 1969) is 'n Franse klassieke pianis en die stigter van die Wolf Bewaringsentrum in South Salem, New York.

Hélène Grimaud
Hélène Grimaud
Grimaud tydens 'n repetisie by die La Roque-d'Anthéronfees, 2004
Gebore07 November 1969 (1969-11-07) (54 jaar oud)
Aix-en-Provence, Frankryk
BeroepKlassieke pianis

Vroeë lewe en opvoeding

Hélène Grimaud was in Aix-en-Provence, Frankryk gebore. Haar vader was as kind deur 'n Franse gesin aangeneem en hy het 'n universiteitslektor geword wat onderrig in tale gegee het. Volgens Luc Antonini is die naam Grimaud tipies van die Tretsstreek in Provence. Sy het die klavier op die ouderdom van sewe jaar ontdek. In 1982 het sy by die Conservatoire de Paris ingeskryf, waar sy onder Jacques Rouvier studeer het. In 1985 het sy die 1ste Prys gewen by die Konservatorium en die Grand Prix du Disque van die Académie Charles Cros vir haar opname van Rachmaninoff se Klaviersonate No. 2. In 1987 was haar professionele loopbaan van stapel gestuur met haar solo opvoering in Parys en 'n uitvoering met die Orchestre de Paris onder Daniel Barenboim.

Loopbaan

In 1987 het sy haar professionele loopbaan van stapel gestuur met 'n solo uitvoering in Parys en 'n uitvoering met die Orchestre de Paris onder Daniel Barenboim.

Sy het herhaaldelik by die BBC Proms gespeel, insluitende tydens die Last Night of the BBC Proms in Londen in September 2008 waartydens sy die klavierdeel van Beethoven se Koorfantasie gespeel het.

Kritiese ontvangs

Kritici het Grimaud se bereidwilligheid om werke te herinterpreteer en kanse te neem geloof, en haar met Glenn Gould vergelyk:

Grimaud klink nie soos die meeste pianiste nie: sy is 'n rubato arties, 'n her-uitvinder van frasering, 'n kansvatter. Sy is van opinie dat "jy 'n verkeerde noot wat uit élan (impuls) gespeel word anders hoor as een wat uit vrees gespeel word". Sy bewonder "die meer ekstreme spelers...mense wat nie bang sal wees om hul spesifieke benadering tot op die einde vol te hou nie." Haar twee oorheersende karakteristieke is onafhanklikheid en dryf, en haar uitvoerings poog om wanneer ook al moontlik konvensionele wysheid deurmekaar te krap. Brian Levine, die uitvoerende direkteur van die Glenn Gould Stigting, sien in Grimaud 'n gelykenis met Gould: "Sy beskik oor 'n spesifieke bereidwilligheid om 'n stuk musiek te neem en haar self te bevry van die gebruiklike praktyk wat rondom die werk ontstaan het."

Eerbewyse

  • Ordre des Arts et des Lettres (2002).
  • Nasionale Orde van Verdienstelikheid (Frankryk) (16 Mei 2008).
  • Erelegioen (3 April 2015).

Platelys

Op DenonSjabloon:Cref2

  • Rachmaninoff Klaviersonate No. 2, Études-Tableaux, Op. 33 (1986)
  • Chopin Ballade No. 1, Liszt Après une Lecture de Dante, Schumann Sonate vir Klavier (1987)
  • Schumann Kreisleriana, Brahms Klaviersonate No. 2 (1989)
  • Brahms Klaviersonate No. 3, Klavierstücke (1992)
  • Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2, Ravel Klavierconcerto (1993)

Op Erato

  • Schumann Klavierconcerto, Richard Strauss Burleske (1995)
  • Brahms Klavierstukke Op. 116–119 (1996)
  • Gershwin Klavierconcerto, Ravel Klavierconcerto (1997)
  • Brahms Klavierconcerto No. 1 (1998)

Op Teldec

  • Beethoven Klavierconcerto No. 4, Klaviersonate No. 30, Klaviersonate No. 31 (1999)
  • Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2, Prelude Op. 32/12, Études-Tableaux Op. 33/1, 2 and 9, Variasies op 'n Tema van Corelli (2001)

Op Deutsche Grammophon

  • Credo John Corigliano Fantasia on an Ostinato, Beethoven Klaviersonate No. 17 "Tempest", Koorfantasie, Arvo Pärt Credo (2003)
  • Chopin | Rachmaninoff (2005)
  • Bartók The Piano Concertos (op die derde) (2005)
  • Reflection Schumann Klavierconcerto, verskeie werke deur Brahms en Clara Schumann (2006)
  • Beethoven Klavierconcerto No. 5 "Keiser", Klaviersonate No. 28 (2007)
  • Bach Verskeie (2008)
  • Resonances Mozart: Sonate No. 8, Berg: Sonate op.1, Liszt: Sonate in B mineur, Bartok: Roemeense Volksdanse (2010)
  • Mozart Klavierconcerto No. 19, Klavierconcerto No. 23, Ch'io mi scordi di te? (met Mojca Erdmann, sopraan) (2011)
  • Duo (met Sol Gabetta, tjello) Werke deur Schumann, Brahms, Debussy, en Sjostakowitsj (2012)
  • Brahms Klavierconcertos Nos. 1 & 2 met die Beiere Radio SO en Weense SO gedirigeer deur Andris Nelsons (2013)
  • Water Verskeie werke (met Nitin Sawhney) (2016)
  • Memory Debussy (insluitende "Clair de Lune"), Satie, Chopin, Silvestrov, Sawhney (2018)

Op Philips

  • Schumann Sonate vir Viool en Klavier in A mineur, Op. 105, Gidon Kremer viool en Helene Grimaud klavier. Datum van opname: 7/1989. Vrystellingsdatum: Lockenhausfees 1982–1992 A Decade of Music-Making (1997)

Op ACA Digital Recording, Inc

  • Bassoon Music Of The Americas, Composers on Bassoon Music Of The Americas: Alvin Etler, Valdir Azevedo, Jose Siqueira, Magda Santos/Pó, Pixinguinha, Heitor Villa-Lobos, Willson Osborne. Jeff Keesecker – fagot en Hélène Grimaud – klavier (2002)

Bibliografie

  • Variations sauvages (2003, gepubliseer in Engels as Wild Harmonies)
  • Leçons particulières (2005)
  • Retour à Salem (2013)
  • D.T. Max, "Her way: A pianist of strong opinions", The New Yorker, 87/35 (7 November 2011), bls. 58–65.

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Ander bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hélène Grimaud Vroeë lewe en opvoedingHélène Grimaud LoopbaanHélène Grimaud EerbewyseHélène Grimaud PlatelysHélène Grimaud BibliografieHélène Grimaud NotasHélène Grimaud VerwysingsHélène Grimaud Eksterne skakelsHélène GrimaudFrankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

UniegebouDuitse maselsPenisRefentse MorakeStaatstoelaeGrondsoorteBorskankerTaalDistrik SesEkonomiePerdLeestekenBlaar23 AprilTopsy SmithSlag van BloedrivierTierSlawernyVlekvrye staalBeeldspraakHindoeïsmeMielieGlasEksponentByung-Chul HanC. Louis LeipoldtWaterpokkiesGeslagHoofpynLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsNierSkilpadNadia ValvekensSean CombsGawes van die Heilige GeesAtoomBalletInstagramLys van bekende Suid-AfrikanersEthiopiëMaatskaplike verantwoordelikheidDialoog in fiksieOutismeDemi Lee MooreBeesHoofkarakterTsongaDikdermKweekhuiseffekReënspinnekopSonnestelselByvoeglike naamwoordSwangerskapLys van elemente volgens simboolPlae van EgipteSamestellende afleidingMagsverheffingBrandmondsindroomTydAB de VilliersAfkortingChroniese siekteAdolf HitlerKaapstadse waterkrisis 2015-2018OseaanDurbanAfrikaanse taalleerSuid-Afrikaanse WeermagNamakwalandSeksposisiePoesErica BoyerGewone breukeTelkomDuitsJan van RiebeeckKlavier🡆 More