Gysie Pienaar (gebore 21 Desember 1954 in Bloemfontein) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sy gereelde posisie was op heelagter.
| |||||
Volle naam | Zacharias Matheus Johannes Pienaar | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 Desember 1954 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,78 m | ||||
Massa | 80 kg | ||||
Skool | Dr Viljoen Hoërskool | ||||
Vername familie | Ruan Pienaar (seun) | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter | ||||
Springbokno. | 779 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1975–1987 | Vrystaat | 165 | (906) | ||
korrek soos op 27 November 2019. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1980–1981 | Suid-Afrika | 13 | (14) | ||
korrek soos op 1 Oktober 2015. |
Pienaar het vir die Vrystaat en die Springbokke uitgedraf. Hy maak sy toetsdebuut teen die besoekende Suid-Amerikaanse Jaguars-span op 3 Mei 1980 as plaasvervanger in die tweede helfte vir Pierre Edwards. Sy eerste begintoets vir die Springbokke was op 31 Mei 1980 op Nuweland in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus onder leiding van Bill Beaumont.
Pienaar is 13 keer vir die Springbokke gekies, het twee drieë gedruk en twee strafdoele vir 'n totaal van 14 toetspunte ingeryg.
Pienaar is die vader van Ruan Pienaar, 'n professionele rugbyspeler en voormalige Springbok.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gysie Pienaar, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.