Groenpunt-Vuurtoring: Vuurtoring in Suid-Afrika

Die Groenpunt-vuurtoring is 'n rooi-en-wit geverfde vuurtoring op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Mouillepunt, Kaapstad.

Groenpunt-Vuurtoring: Geskiedenis, Veeldoelig, Kulturele erfenis
Die Groenpunt-vuurtoring

Geskiedenis

Dit is die oudste vuurtoring in Suid-Afrika en is deur die Duitsgebore argitek Herman Schutte ontwerp en in 1823, teen 'n koste van £5 420 pond, voltooi en op 12 April 1824 in gebruik geneem. Die lamp van die toring het met walvisolie gebrand.

In 1926 is dit met 'n mishoring toegerus en twee jaar later is dit geëlektrifiseer.

Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap. Die laaste in 'n lang lys skepe wat hier gestrand het, is die Seafarer, wat in 1967 op die rotse geloop het. Wanneer die vuurtoring met mis omhul word, soos dikwels in die winter gebeur, waarsku die mishoring se klank skepe kilometers ver.

Veeldoelig

Die Groenpunt-vuurtoring is gebruik om die eerste vuurtoringwagters in Suid-Afrika op te lei. Dit word vandag nog as 'n konferensiebestemming gebruik. Dit word ook uitverhuur vir huweliksonthale.

Kulturele erfenis

Die vuurtoring is op 12 Januarie 1973 deur Johannes Petrus van der Spuy, Minister van Nasionale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).

Sien ook

Verwysings

18°24′02″O / 33.90111°S 18.40056°O / -33.90111; 18.40056

Groenpunt-Vuurtoring: Geskiedenis, Veeldoelig, Kulturele erfenis  Vuurtorings van Suid-Afrika
Atlantiese Kus en Valsbaai:

Dasseneiland • Doringbaai • Groenpunt • Groenriviermond • Hondeklipbaai • Kaap Columbine • Kaappunt (Diaspunt) • Kaappunt (Kaap Maclear) • Kaapstadhawe-breekwater • Kaap St. Martin • Milnerton • Mouillepunt • North Head, Saldanhabaai • Port Nolloth • Robbeneiland • Roman Rock • Simonstad-skeepswerf • Slangkop • South Head, Saldanhabaai • Stompneuspunt

Kaapse Suidkus:

Cape Seal • Danger Point • Hangklip • Kaap Agulhas • Kaap Infanta • Kaap Sint Blaize • Quoin Point • Ystervarkpunt

Oos-Kaap:

Castle Point • Deal-vuurtoring • Donkin Hill • Groot-Vispunt • Hood Point • Kaap Hermes • Kaap Morgan • Kaap Recife • M’bashe Point • Seal Point • South Sand Bluff • Voëleiland

KwaZulu-Natal:

Anglo-American-gebou • Cooper • Durnford Point • Green Point (Clansthal) • Ifafastrand • Jesser Point • Kaap St. Lucia • Kaap Vidal • North Sand Bluff • Ou Bluff-vuurtoring • Port Shepstone • Richardsbaai-Noord-breekwater • Richardsbaai • Umhlanga Rocks

Tags:

Groenpunt-Vuurtoring GeskiedenisGroenpunt-Vuurtoring VeeldoeligGroenpunt-Vuurtoring Kulturele erfenisGroenpunt-Vuurtoring Sien ookGroenpunt-Vuurtoring VerwysingsGroenpunt-VuurtoringKaapstadMouillepuntTafelbaaiVuurtoring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Elektroniese of digitale mediaKoppeltekenWhatsAppAnglisismeKangogrotteAkkedisXhosasKamoefleringSuiwelprodukVrugbaarheidGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaDokterPornografiese akteurNasionaal-SosialismeKinderregteWortelTswanaOmtrek, oppervlakte en volumeMiljardEiffeltoringLys van nedersettings in Suid-AfrikaAfrikaanse TaalmonumentFabelKlimaatsverandering in AfrikaSeksualiteitGrootste rampe in Suid-AfrikaAardverwarmingTweede WêreldoorlogKriekSlimfoonOranjerivierJavaScriptPoesWillie JoubertKatSuid-AfrikaNedersettingOnderwysKersfeesByvoeglike naamwoordGraaff-ReinetKaapse VlakteSkaapSkerpioenSteve HofmeyrSeksuele stimulasieDemi Lee MooreWêreld- Ekonomiese ForumSwart menseGalileo GalileiAlkoholismeMeningsverskil oor aardverwarmingKommunikasieWaterkringloopWaterPenisTussenwerpselBreinBeëdigde verklaringDiskriminasieDelft, KaapstadKlavierSwartrenosterErfenisSwart nasionalismeWikiSkoenlapperAdolf HitlerSonnestelselSirkelGoogleTermietRacheltjie de BeerFrankrykRooibloedselLys van Suid-Afrikaanse skrywers🡆 More