Gereformeerde Kerk Witpoortjie

Die Gereformeerde kerk Witpoortjie is die tweede jongste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Wes-Randse stad Roodepoort.

Gereformeerde Kerk
Witpoortjie
Gereformeerde Kerk Witpoortjie
Sluit in  Groblerspark
Lewisham
Luipaardsvlei
Mindalore
Princess
Reefhaven
Witpoortjie
Klassis  Wesrand
Huidige predikant(e)  Dirk van't Zand
Belydende lidmate  133
Dooplidmate  9
Adres Luipaardsvleisentrum vir Bejaardes
Hompesstraat
Luipaardsvlei
Geskiedenis
Stigtingsdatum  8 Oktober 1972
Afgestig van  Roodepoort
Eerste predikant  G. du Plessis
Gereformeerde Kerk Witpoortjie
Die Gereformeerde kerk Witpoortjie. Dis op 2 Augustus 1975 in gebruik geneem, maar in 2016 verkoop.
Gereformeerde Kerk Witpoortjie
Ds. Deon du Plessis is in 1973 hier bevestig as die eerste leraar, maar gaan in 1981 oor na Wilropark om dié dogtergemeente se eerste leraar te word. Daar sou hy bly tot sy aftrede in 1997. Hy was van 1958 tot 1966 ook die Gereformeerde kerk Roodepoort, waaruit Witpoortjie afgestig is, se eerste leraar.

Die gemeente het op 8 Oktober 1972 van die Gereformeerde kerk Roodepoort afgestig, wat op sy beurt in 1957 van die Gereformeerde kerk Florida afgestig het, ’n dogtergemeente van Krugersdorp (1898), die oudste Gereformeerde kerk aan die Witwatersrand.

Witpoortjie se kerkraad het onmiddellik begin beplan vir kerkbou. Dienste is eers in die Laerskool Dr. Havinga gehou terwyl die kerkgebou in aanbou was. Dié gebou is opgerig volgens gewysigde planne van die Gereformeerde kerk Alberton-Wes. Lucas van der Schyff het die strukturele planne opgestel en die bouaannemer was ene Wilken. Die verandering aan Alberton-Wes se plan het die aanbou van ’n kerksaal behels. Dié gebou is op 2 Augustus 1975 amptelik ingewy.

Gereformeerde Kerk Witpoortjie
Grace Bible Church het die geboue van die Gereformeerde kerk Witpoortjie gekoop asook dié van die destydse Nederduitsch Hervormde Gemeente Witpoortjie, wat in 2012 ontbind het, op die dieselfde straatblok.

Predikante

  1. Du Plessis, Gideon, 1973–1981 (waarna eerste leraar van die dogtergemeente, Wilropark, tot hy sy emeritaat aanvaar in 1997)
  2. Breed, dr. Douw Gerbrand, 1982–1987
  3. Van Rhyn, Hercules Philippus Malan, 1987–1998 (waarna Wilropark 1998–2004)
  4. Stoker, dr. Hendrik Gerhardus, 1988–1995
  5. Roets, Cornelius Johannes Christiaan, 1996–2004
  6. Smit, dr. Johannes, 2005–2007
  7. Van 't Zand, Dirk, 2007 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Eksterne skakels

27°49′48″O / 26.14139°S 27.83000°O / -26.14139; 27.83000


Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRoodepoortWes-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SASOLSkaakAkademiaSpysverteringstelselBerilliumDokterCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaDepressie (gemoedstoestand)BiodiversiteitShanzhaiTsongaMusiekSuid-SothoOntdekking van die chemiese elementeBeëdigde verklaringKarpaletonnelsindroomLeah van NiekerkAnrich HerbstVolhoubare ontwikkelingDie Stem van Suid-AfrikaSweedsElektroniese of digitale mediaInsekAfrikaanse Taalmonument (Welkom)YsterKoerantVerkleurmannetjieAngssteuringVeerGalileo GalileiKrugerwildtuinFotosinteseTrevor NasserKoorsHibernasieVoyeurismeMarsAfrikaanse WikipediaSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeNasiebouProstaatkankerArmoedeverligtingJaco JacobsZack du PlessisKaapse VlakteLys van nedersettings in Suid-AfrikaRuan PienaarGalblaasSeekoeiBreinvliesontstekingWapen van Suid-AfrikaNasionale lied van Suid-AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidHoofkarakterHeks van HexrivierRookgewoonteStadPotchefstroomKoos du PlessisAfrikanernasionalismeOrtopedieDroomLiewe HeksieMonumentIsraelVoëlJagluiperdLewerNederlandsDuitsVarkLys van veltoestandeSuid-Afrikaanse InkomstediensGesondheid🡆 More