Die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Noord was die jongste en ook die kleinste van die vier gemeentes van die GKSA wat tussen 1951 en 1988 op die nywerheidsdorp Vanderbijlpark in die suide van die huidige provisie Gauteng gestig is.
Die kerkgebou van die gemeente Vanderbijlpark op die hoek van Bequerrel- en Lodgestraat was ook Vanderbijlpark-Noord se plek van samekoms.
Weens die afname in die getal Gereformeerde lidmate op die dorp (in 1997 was die sieletal byvoorbeeld 1 778, vergeleke met 852 einde 2015), is al vier die gemeentes mettertyd ingelyf sodat net Vanderbijlpark-Trinitas, gestig in 2009, oorbly. Die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark het in 1951 van die Gereformeerde kerk Vereeniging afgestig nadat ’n staalnywerheid hier gevestig is. In Mei 1962 het dit nodig geword om Vanderbijlpark-Suid af te stig en uit dié gemeente het die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Oos op 9 Junie 1974 ontstaan. Veertien jaar, in 1988, later het die Vanderbijlpark-Noord aan die beurt gekom.
Nadat Vanderbijlpark en Vanderbijlpark-Noord se lidmate skerp afgeneem het (laasgenoemde het reeds in 1997 net 122 belydende en 34 dooplidmate gehad), het die twee gemeentes in 2000 saamgesmelt as die Gereformeerde kerk Vanderbijl met 256 belydende en 66 dooplidmate. Toe nog het die Suid-gemeente ’n sieletal van 445 gehad en die Oos-gemeente 788. Algaande het die drie oorblywende gemeentes se lidmaattal egter bly afneem sodat al drie in 2009 saamgesmelt het as die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Trinitas.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Noord, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.