Gereformeerde Kerk Que

Die Gereformeerde kerk Que met sy middelpunt op Mombolo was die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerk in Angola.

Gereformeerde Kerk Que
Die kerkgebou van die Gereformeerde kerk Que op Mombolo.
Gereformeerde Kerk Que
Ds. Pieter Biewenga op die stoep van die pastorie op Mombolo. Hy het van 1903 in die gemeente Humpata gestaan en toe van 1906 tot 1926 in Que.
Gereformeerde Kerk Que
Ds. Pieter Biewenga, leraar van Humpata van 1903 tot 1906 en daarna tot 1926 van Que.
Gereformeerde Kerk Que
Ds. D.G. Venter en oudl. Potgieter per oskar op huisbesoek in die omgewing van Mombolo aan lidmate van die gemeente Que.
Gereformeerde Kerk Que
Die Gereformeerde kerkie van die wyk Hoogeveld by Que, 1908. Links is Pieter van der Smit en regs ds. Biewenga se pastorie.

Vanweë beter werkgeleenthede noord van Humpata, waar die Gereformeerde kerk Humpata reeds in 1881 gestig is vir die Dorslandtrekkers wat hier kom woon het, het baie van die trekkers en hul nasate hulle in die omgewing van Que, Hanha en Catambella gevestig. In 1905 is ’n kerkgebou op Que opgerig en nog ’n gebou was toe reeds in aanbou op Hanha. Die Gereformeerde kerk Que is amptelik op 26 Mei 1906 gestig.

Destyds het die meeste lidmate verder noord- en ooswaarts getrek sodat die gemeente sy gebou op Que moes verkoop en begin beplan om op Sacajimba te bou. Ds. Pieter Biewenga, van 1906 tot 1926 Que se enigste leraar, het op Bhè gewoon, maar die gemeente die naam Que behou. Die lidmate was egter steeds op trek en het eindelik min of meer op en om Mombolo in Sentraal-Angola tot rus gekom. So is ’n kerkgebou op Mombolo opgerig, maar steeds het die gemeentenaam Que gebly. Nadat die kerkgebou op Sacajimba afgebrand het, is dit nie vervang nie.

Met die grootskaalse repatriasie van Afrikaners uit Angola in 1928 het die gemeente Que ontbind. Die meeste trekkers het hulle in Suidwes-Afrika gevestig, die begin van die Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika.

Predikant

  1. Biewenga, Pieter, 1906 – 1926 (aanvaar sy emeritaat)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.


Tags:

AngolaGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Grondwet van Suid-AfrikaEkologieAvbobOutismeOlimpiese SpeleOntdekking van die chemiese elementeSpinnekopMikro-ekonomieElandréSelfvertrouePiesangOnderwysWolkMangelontstekingKolonialismeRosa ParksPlastiekGeestesteuringMetafoorRekenaarWillie JoubertSlawernyBerilliumBorsteAtleetvoetBeesvleisGeweldSuid-AfrikaHerpes simplexKoperWoordsoortLys van Suid-Afrikaanse skrywersKlein-KarooSlag van Cuito CuanavaleLeeuAfleiding (taalkunde)PerdHector PietersonWeermagSwangerskapMorfologie (taalkunde)Suid-Afrikaanse GrensoorlogSeksLenteKameelperdStadPornografiese akteurAntjie SomersInternetPornhubDroomBrandmondsindroomReënVoorsetselBynierSonja HerholdtWortelAfvalbestuurSinsbouOorkruipersDirekte en Indirekte redeAntisemitismeEierstokPaasfeesIsraelGevolge van aardverwarming op oseaneDwelmmiddelVoortrekkersWaarheid-en-versoeningskommissieAarverkalkingHolocaustSkerpioenBloedsomloopstelselNasionale VrouemonumentKlimaat🡆 More