Spesbona

@SpesBona:, ek sien die man is oorlede.

Aangesluit op 19 April 2008
Jongste opmerking: 5 dae gelede deur SpesBona in onderwerp HESS
Spesbona
Argief
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
Hoe word 'n argief aangelê?
Spesbona
Grootmeesterredakteur
(17 jaar, 111 000+, global;
15 jaar, 68 000+, af.wp)

Franz Beckenbauer

Ai! 'n Reus in die sokkerwêreld. Kan jy moontlik net ons artikel opdateer, dit lees dat hy tans nog iewers werk... Groete! Oesjaar (kontak) 19:04, 8 Januarie 2024 (UTC)

Heidrun Hartmann

@SpesBona:, die Duitse artikel [1] is groter as die Afrikaanse artikel. Kan jy dalk ons s'n verbeter? Groete! Oesjaar (kontak) 18:03, 14 Januarie 2024 (UTC)

Ich bring dich nach Hause / heim.

Spes, middag, ek het net gou 'n vragie.

Is daar 'n wesenlike onderskeid tussen:


  • Ich bring dich nach Hause (voorsetsel met datief / Präposition + Dativ).
  • Ich bring dich heim (bywoord / Adverb)


Sover ek weet was dit nog altyd nach Hause (dit dui rigting aan, dus nie "zu Hause" - in my kop onderskei ek klaar in Latyn tussen die akkusatief (beweging) en die ablatief (stilte)).

Nou wat die gevoelswaarde aanbetref, is "heim" in hierdie opsig vriendeliker, "onkelhaft", sagter of gemoedeliker as "nach Hause?" Of is dit maar dieselfde?

In Afrikaans sê jy gewoon:

  • "Ek vat jou (gou) huis toe" (meer gesproke)
  • "Ek neem jou huis toe" (meer literêr)

Jy kan wel ook sê: "Ek sal jou huis toe bring."

En as dit nou formeel is, sê jy: "Ek sal u (veilig) tuis besorg". Suidpunt (kontak) 10:47, 27 Januarie 2024 (UTC)

    Goeienaand Suidpunt! Dit is nou 'n interessante vraag wat ek myself as 'n moedertaalspreker waarskynlik nooit sou gevra het nie. Ek wou sê ja, dit is dieselfde, maar dit hang waarskynlik ook van jou dialek af. Dieselfde geld waarskynlik ook vir Ich bin zu Hause en Ich bin daheim ("ek is tuis") of Ich gehe nach Hause en Ich gehe heim ("ek gaan huis toe"). In hierdie konteks is huis (Haus) en tuis (Heim) dus dieselfde. Maar as jy in 'n Heim (Altenheim, Kinderheim) bly of diere in 'n Tierheim, dan sou ek nie sê dit beteken dieselfde nie, dan is jy beslis nie "zu Hause" (binne jou eie vier mure, in deinen eigenen vier Wänden) nie. 'n Ander vraag is as jy 'n woning huur, sou 'n mens dan sê "ek gaan huis toe"? Nach Hause gehen vereis maar 'n eie huis, sou ek vermoed? Groete. -- Spesbona  SpesBona 21:00, 27 Januarie 2024 (UTC)
      Dankie, SpesBona.
      Bedoel jy nou Wohnung soos woonstel, of... wag gou, ek ruik 'n paar valse vriende.
Caption text
Afrikaans Duits Engels Latyn
woning (enige blyplek) Wohnung abode, home domus, domicilium
Waar is jou/u tuiste? Wo ist Ihr Zuhause? Where's your home? Ubi domus tua est?
woonstel Wohnung/Mietwohnung flat/apartment cenaculum/cubiculum
woonstelblok Wohnhaus/Apartmenthaus/Wohnblock apartment building insula
      "Tuiste" is 'n selfstandige naamwoord, en bedoel eintlik 'n woning, of gebied waar jy gemaklik of geliefd voel om in te bly. "Waar is jou tuiste?" is dieselfde as "waar is huis" (in Nederlands bestaan: "waar is thuis?")? Dit is figuurlik. "My hart is in die Boland".
      Anders sou jy reguit vra: "waar is jou huis?" "waar bly jy?" (Ubi habitas?) of "wat is jou woonadres?" (vir 'n vorm)
      In hierdie geval dink ek nie is ons so kleinserig nie, en jy sal werklik nie op tone trap as jy iemand terug tent toe vergesel met "ek vat jou gou huis toe" nie.

Jy kan wel ook sê: "Ek vat jou gou terug tent toe" of "Ek vat jou gou terug woonstel toe", dit wil my voorkom hoe meer woorde jy tussenin prop (soos terug), hoe sagter klink dit op die oor.

        Hallo Suidpunt! Ja, ek het gedink aan "Waar bly jy?" (Wo wohnst du?) en dus beland by "blyplek" (Wohnung). Ek hou daarvan om die blyplek van 'n mens met meer woorde mooi te verpak, soos jy in jou laaste voorbeeld doen. Jy skuif die konteks van die blyplek na jou hoflikheid toe. Groete. -- Spesbona  SpesBona 22:00, 28 Januarie 2024 (UTC)

Hulp met prentjies...

Naand Sören! Sien [2] Kan jy dalk help met die rooi in die twee prentjies? Groete! Oesjaar (kontak) 20:27, 9 Februarie 2024 (UTC)

    Goeienaand @Oesjaar: probeer maar "'n Voorbeeld van 'n oorgang van die tydelike Geostasionêre oorgang wentelbaan na die Geostasionêre wentelbaan.{{sleutel|magenta|[[EchoStar XVII]]}}{{sleutel|RoyalBlue|[[Aarde]]}}" Ek hoop dit help. Groete. -- Spesbona  SpesBona 20:35, 9 Februarie 2024 (UTC)

Sigrid Liede

Guten Tag mein Freund! Kan jy asb Sigrid_Liede vertaal in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 20:13, 19 Februarie 2024 (UTC)

    @Oesjaar:, jammer, maar dié artikel bestaan feitlik slegs uit vyf sinne oor die persoon self. Ek sou dit as 'n swak artikel sonder enige biografiese inligting beskryf. Buitendien verwar my die lang lys aan boeke wat sy geskryf het. Watter waarde sou die artikel hê? Groete. -- Spesbona  SpesBona 22:10, 20 Februarie 2024 (UTC)

Anne-Marie Beukes

Guten Tag mein Freund! Enige kans dat jy dalk ietsie kan skep op die Duitse Wikipedia oor prof. Anne-Marie? Sy is 'n groot vriend van ons! Bitte! Groete! Oesjaar (kontak) 20:35, 26 Februarie 2024 (UTC)

Sjabloon vir vliegtuigenjins

Guten Tag mein Freund! @SpesBona:, enige kans dat jy die sjabloon Infobox aircraft engine kan vertaal asb? Groete! Oesjaar (kontak) 14:46, 7 April 2024 (UTC)

    Tweede gunsie: kan jy Jet engine.svg na Afrikaans vertaal? Hier is die byskrifte: 1 = Inlaat, 2 = Laedruk, 3 = Hoëdruk, 4= Verbranding, 5 = Uitlaat, 6 = Warm gedeelte, 7 = Turbines, 8 = Verbrandingkamer, 9 = Koue gedeelte, 10 = Luginlaat ...Groete! Oesjaar (kontak) 17:00, 7 April 2024 (UTC)

HESS

Guten tag mein Freund! Ek doen vandag 'n werkswinkel hier in Windhoek en die mense hier het my gevra oor die projek: HESS. Kan jy dit moontlik vertaal asb? Groete! Oesjaar (kontak) 12:39, 18 April 2024 (UTC)

    @Oesjaar: jammer, maar ek is steeds besig om my eie taalgebruik te korrigeer en my eie voorbladartikels te verbeter. @Woordgenoot: is daar enige kans dat jy my help met taalwenke? Ek is mos die aktiefste lid op die Afrikaanse Wikipedia wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Waarom ek vra: Aliwal gee vir my 'n wenk (Kampioenetrofee pleks van Kampioentrofee, net soos plek van nes, land pleks van nasie, oorwinning oor pleks van oorwinning teen), Johannescharlesventer doen dieselfde (groep pleks van poel) en ek hardloop deur 'n honderd artikels. Ek sit hier geïsoleerd in Duitsland en wonder elke keer wat sou Afrikaanssprekendes skryf. Ek begin om mal te word en spandeer meer en meer tyd aan taalgebruik. Blykbaar is my taalgebruik nie meer op die vlak wat dit twee of drie jaar gelede was nie! Ek is steeds dankbaar vir enige taalwenk, dit word opreg waardeer.
    @Oesjaar: ek hoop maar net jy neem my taalbekommernis hierbo nie kwalik nie, ek bedoel dit nie só nie. In elk geval sterkte met en groete aan die werkswinkel daar in Windhoek! As ek in Afrikaans skryf dink ek ook aan hulle daar in Namibië. Groete. -- Spesbona  SpesBona 21:00, 19 April 2024 (UTC)

Tags:

Spesbona Franz BeckenbauerSpesbona Heidrun HartmannSpesbona Ich bring dich nach Hause heim.Spesbona Hulp met prentjies...Spesbona Sigrid LiedeSpesbona Anne-Marie BeukesSpesbona Sjabloon vir vliegtuigenjinsSpesbona HESSSpesbonaGebruiker:OesjaarGebruiker:SpesBonaGebruikerbespreking:Oesjaar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VormHeuningbyKatherine JohnsonVoyeurismeAntieke EgipteTafelbergAlkoholismeToringBipolêre gemoedsteuringHamburgerMiddeloorontstekingJan van TonderWaterpokkiesLys van Griekse mitologiese figureMagneetBosluisbytkoorsGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaGrondbesoedelingGoogleMenslike seksuele gedragHoedMaatskappyDurbanDesmond TutuTrigeminale neuralgieOnse VaderCorioliskragSwart menseKalsiumFinale OplossingEskomWikiNasionalismeOorstromingBreinKlavierKunsViëtnamoorlogToekoms van die AardeTweede WêreldoorlogVarkVoorvoegselConsolidated B-24 LiberatorBaljuSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRuimteStruktuur van die AardeNasiebouEugenetikaRookgewoonteVersoeningsdagOrtopedieKatoenDemi Lee MooreRekeningkundeUitwerking van klimaatsveranderingKlein gekolde katBeëdigde verklaringOntbossingMigrasie van voëlsVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameNG gemeente MurraysburgWinterRenteGedigWinnie Madikizela-MandelaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSelfieJuraAbstraksie (rekenaarwetenskap)TaalDuitse maselsKarpaletonnelsindroomTrekarbeidPenisLidwoord🡆 More