Gamma Aquarii

Gamma Aquarii (afgekort as γ Aqr), tradisioneel bekend as Sadachbia, is ’n dubbelster in die sterrebeeld Waterdraer.

Dit is sowat 164 ligjare van die Son af geleë en het ’n skynbare magnitude van 3,849, wat dit een van die helderste sterre in die sterrebeeld maak.

Gamma Aquarii
Gamma Aquarii
Die ligging van γ Aquarii (in die rooi sirkel).
Die ligging van γ Aquarii (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Waterdraer
Bayer-naam γ Aquarii
Spektraaltipe A0 V
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 22h 21m 39.37542s
Deklinasie -01° 23′ 14.4031″
Skynmagnitude (m) 3,849
B-V-kleurindeks  -0,060
U-B-kleurindeks  -0,092
Besonderhede
Temperatuur (K) 10 500
Ander name
Sadalachbia, Sadachbia, 48 Aquarii, ADS 15864, BD-02°5741, FK5 842, HD 212061, HIP 110395, HR 8518, SAO 146044.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Gamma Aquarii is die primêre of A-komponent van ’n dubbelster met die naam WDS J22217-0123. Die sekondêre of B-komponent is UCAC2 31430071. Gamma Aquarii A se twee komponente is dus bekend as WDS J22217-0123 Aa en Ab.

Gamma Aquarii A lyk soos ’n A-tipe ster met 'n klassifikasie van A0 V en ’n massa van sowat twee en ’n half keer dié van die Son.

Dit tol relatief vinnig, teen sowat 80 km/s-1. Die buitenste atmosfeer straal energie uit teen ’n effektiewe temperatuur van 10 500 K, wat byna twee keer die temperatuur van die Son se oppervlak is. Dit gee Gamma Aquarii die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster.

Name

Die ster se Bayer-naam is "Gamma Aquarii" en sy Flamsteed-naam "48  Aquarii". WDS J22217-0123 A is sy naam in die Washington Double Star Catalog. Die tradisionele naam, "Sadachbia", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الأخبية sa‘d al-’axbiyah, "geluk van die huise (tente)".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadachbia" vir die komponent WDS J22217-0123 Aa goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.

Verwysings

Eksterne skakels

22h 21m 39.37542s, −01° 23′ 14.4031″

Tags:

Gamma Aquarii EienskappeGamma Aquarii NameGamma Aquarii VerwysingsGamma Aquarii Eksterne skakelsGamma AquariiDubbelsterLigjareSkynbare magnitudeSonSterrebeeldWaterdraer (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NarsismeKolonoskopieMasjienLimpopoVraag en aanbodRuslandWaterSharpeville-slagtingXHTMLRassismeDesmond TutuSamestellende afleidingSlawernyGeldBoeddhismeSerebrospinale vogSwartkwasmuishondWaterbesparing in Suid-AfrikaKennisIndustriële RevolusieSteve HofmeyrWerkloosheidLetterkundeBaljuAtleetvoetWêreld- Ekonomiese ForumPseudowetenskapLugbesoedelingKalsiumVormTweede WêreldoorlogBeesDroogteGroot DepressieIslamOnse VaderSwawelVryheidsdagKnopiespinnekopTierboskatLys van landeVoëlHartaanvalMangelArmoedeverligtingGalblaasKolitisBywoordKartografieIronieTropiese sikloonLys van Afrikaanse rolprenteLys van bekende Suid-AfrikanersDurbanBuffelSlag van Cuito CuanavaleVryheid van spraakCarike KeuzenkampKonsentrasiekampLys van WêrelderfenisgebiedeKonsonantLatynElandréKunsLongDansNieuwoudtvilleTuisbladHamilton WesselsKameelperdGeskiedenis van erotiese afbeeldingsRacheltjie de BeerKriek🡆 More