G.d. Scholtz: Suid-Afrikaanse historikus (1905-1983)

G.D.

Scholtz (gebore Gert Daniël Scholtz; 15 Augustus 1905 - 10 Julie 1983) was 'n gerekende Afrikaner geskiedkundige wat die Tweede Vryheidsoorlog beskou het as 'n stryd om die vryheid en onafhanklikheid van die Boere. Sy boek, Die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902, is deur Bridget Theron, 'n lektor aan die Universiteit van Suid-Afrika, in Engels vertaal as The Anglo-Boer War 1899-1902. Die boek is 'n toeganklike werk wat eggo's van die Amerikaanse oorloë van onafhanklikheid dra.

G.D. Scholtz
Gebore
Gert Daniël Scholtz

15 Augustus 1905
Sterf10 Julie 1983 (op 77)
Plek begraweHoofbegraafplaas Potchefstroom
NasionaliteitSuid-Afrikaans
BeroepHistorikus, joernalis en skrywer
EggenootRachel Geraldine Elizabeth Scholtz
KindersDavid Adelbert, Werner en Willem Leopold von Ranke
Ouer(s)David Johannes Philippus Scholtz en Rensche Susanna Coetzee
ToekenningsStalsprys vir Geskiedeniswetenskap (1952, 1958)

Scholtz, wat drie jaar na die einde van die Anglo-Boereoorlog gebore is, het die belange van die Afrikanervolk deur sy geskiedskrywing probeer bevorder. Enersyds het hy die Britse imperialisme beveg met die oog op volkseenheid en 'n Afrikanerbewind, en andersyds die be-stemregtiging van nie-blankes binne 'n eenheidstaat deur partisie van die land te probeer verhinder, wat synsinsiens tot die ondergang van die blankes kon lei. Na aanleiding van die Anglo-Boereoorlog, wat hy in internasionale verband geplaas het, het hy gewaarsku dat die ver-internasionalisering van die rassevraagstuk na isolasie en sanksies kon lei, waardeur gelykstelling afgedwing kon word. As 'n kind van sy tyd het hy die ondergang van die Afrikanerdom onder 'n swart meerderheidsbewind voorspel.

Dr. Leopold Scholtz was sy seun.

Eerbewyse

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken in 1952 die Stalsprys vir Geskiedeniswetenskap aan hom toe vir sy boek Oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog. In 1958 word hy weereens met die Stalsprys vereer vir sy bydrae tot die regswetenskap met die publikasie van Hoe die wêreldpolitiek gevoer word.

Werke

  • Die konstitusie en die staatsinstellings van die Oranje-Vrystaat, 1854-1902 (1937) (Amsterdam : Swets & Zertlinger)
  • Europa en die Tweede Vryheidsoorlog, 1899-1902 (1939) (Voortrekkerpers Beperk)
  • In Doodsgevaar - Die Ervarings Van Kapt. J.J. Naudé Tydens Die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 (1940) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Generaal Christiaan Frederik Beyers 1869 - 1914 (1 Januarie 1941) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Rebellie 1914-1915 (1942) (Protea Boekhuis, oorspronklike uitgewer - Voortrekkerpers Beperk)
  • Dr. Nicolaas Johannes Van Der Merwe 1888 - 1940 (1944) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 (1947) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Hoe die Wereldpolitiek gevoer word (1952) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Suid-Afrika en die wêreldpolitiek, 1652-1952 (1954) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Ondertekening van die Sandrivier-Konvensie Herdenk 1852-1952 (1952) (FAK)
  • Die Lewensaand van President Kruger (1954) (FAK)
  • Het die Afrikaanse volk 'n toekoms? (1955) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Geskiedenis van die nederduitse hervormde of gereformeerde kerk van Suid-Afrika, 1842-1885 (1956) (N.G. Kerk-Uitgewers)
  • President Johannes Hendrikus Brand 1823-1888 (1957) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Gevaar Uit Die Ooste (1957) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 (1960) (Voortrekkerpers Beperk). Vertaal in Engels as The Anglo-Boer War 1899-1902 (2000) (Protea Boekhuis)
  • Die Stryd om die Wereld: Rusland en die Kommunisme (1962) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Republiek van Suid-Afrika; agtergrond, ontstaan en toekoms (skrywer Haarsveld, F.A. Van; G.D. Scholtz red.) (1 Januarie 1966) (Voortrekkerpers Beperk)
  • 'n Swart Suid-Arika? (1964) (Nasionale Boekhandel)
  • Die bedreiging van liberalisme (1965) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die naturellebeleid van die Nasionale Party onder Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd (1968?) (Engels: The native policy of the National Party under Hertzog, Malan, Strijdom and Verwoerd) (Johannesburg : Inlichtingsdiens Nasionale Party van S.A.)
  • Die proses van gelykmaking (1968) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Die Afrikaner en die See (1969) (Voortrekkerpers Beperk)
  • Dr. Hendrik Frensch Verwoerd 1901-1966 (1974) (Perskor-uitgewery)
  • Generaals Hertzog en Smuts en die Britse Ryk (1975) (Publikasiereeks van die Randse Afrikaanse Universiteit)
  • Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner (8 Volumes) (Voortrekkerpers Beperk)
    • Deel I, 1652 -1806
    • Deel lI, 1806-1854
    • Deel lll, 1854-1881
    • Deel IV, 1881-1899
    • Deel V, 1899-1910
    • Deel VI, 1910-1924
    • Deel VII, 1924-1939
    • Deel VIII, 1939-1948
    • Deel IX, 1948-1961
    • Deel X, Vanaf 1961
  • Afrikaner Waarheen? (1977) (Perskor-uitgewery, Johannesburg)

Verwysings

Tags:

10 Julie15 Augustus19051983AfrikanerAnglo-BoereoorlogBoereGeskiedkundigeLektor

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rudi ClaaseKrokodilNG gemeente JansenvilleHeupvervangingDiarreeWes-KaapBakterieWaarheid-en-versoeningskommissieSean CombsBlack SashSatellietSendelingposisieNasiebouDuitsGrondWhatsAppDirekte en Indirekte redeConsolidated B-24 LiberatorD.J. OppermanSwartbewussynsbewegingInligtingVierde Industriële RevolusieLieweheersbesieKolorektale kankerSteve BikoAlkoholismeGeslagsgelykheidHoopMynbouSpreeuGrondsoorteVaalrivierLabia (geslagsdele)NiemetaalLys van musiekinstrumenteSarel Jacob PretoriusGesonde dieetReënVeerBurgerregteGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaRina HugoRassisme in AfrikaNelson MandelaProstaatkankerCristiano RonaldoGreen PornoVulkanismeAfrikaanse Wikipedia3D-rolprentGlasOseaanLys van nedersettings in Suid-AfrikaEmfiseemMusiekLys van hoofstedeGeweldGriepSinkNoordwesEnsiklopedieBronsTuisbladNamibiëDokterSuid-Afrikaanse ReserwebankAvbobMeervoudKerngeneeskundeKindersiektesVarkgriepRookgewoonteLys van Afrikaanse televisiereekse🡆 More