N.j. Van Der Merwe

Dr.

Nicolaas Johannes van der Merwe (Senekal, Oranje-Vrystaat, 17 Februarie 1888 – Bloemfontein, 11 Augustus 1940) was 'n Afrikaanse kultuurleier, Volksraadslid en predikant in die NG Kerk.

N.j. Van Der Merwe
Ds. N.J van der Merwe was die leraar van die NG gemeente Theunissen van 1921 tot 1924 toe hy die politiek betree. Hy is in 1916 getroud met Tibbie Steyn, derde dogter van pres. M.T. Steyn en sy vrou, Rachel Isabella Steyn, wie se bynaam ook Tibbie was. Hy was die eerste voorsitter van die FAK en eerste nasionale leier van die Voortrekkers.
N.j. Van Der Merwe
Van der Merwe as Volksraadslid.
N.j. Van Der Merwe
Die Nasionale Party se federale raad, 1935. Mabel Jansen sit derde van links in die tweede ry. Heel links in dié ry sit dr. Casparus de Wet. D.F. Malan sit regs van Jansen en dr. Van der Merwe regs van hom. Agter, tweede van regs, staan adv. Hans Strijdom.
N.j. Van Der Merwe
Sen. Tibbie Visser (regs, dr. Van der Merwe se weduwee wat ná sy dood getrou het met dr. C.F. Visser) en sen. Koster op die trap van die hoofingang na die Senaat in Kaapstad in 1961. Sen. Visser het die Vrystaat namens die Nasionale Party verteenwoordig.
N.j. Van Der Merwe
Die 70 studente van die Kweekskool in 1910 en hul professore. N.J. van der Merwe sit links in die voorste ry.

Hy was die jongste van die sewe kinders van Francois van der Merwe en sy vrou, Anna Elizabeth du Toit, en het kleintyd die konsentrasiekamp op Norvalspont oorleef. Sy eerste opleiding ontvang hy op Senekal onder mnr. Kirchner en daarna op Fauresmith. Sy B.A.-graad het hy aan die Grey-universiteitskollege verwerf, waarna hy sy teologiese studie aan die Kweekskool op Stellenbosch voltooi het. As studenteleier speel hy ’n belangrike rol om Maties van hul taal bewus te maak en was voorsitter van die Christen-studentevereniging in Suid-Afrika en in 1914 reisende sekretaris.

In 1913 is hy tot die evangeliebediening toegelaat. Hy het die gemeente Port Elizabeth tydelik bedien. Van 1915 tot 1919 was hy vier en 'n half jaar predikant op Wepener. Hy was lid van die Vrystaatse Sinodale Kommissie en van die Federale Raad der Kerken, die voorloper van die Algemene Sinode. Reeds met sy eerste sinodesitting (1916) stel hy voor die Bybel word in Afrikaans vertaal en predikante kry die reg om in Afrikaans te preek. Dié voorstel is goedgekeur. Hy was menige jare as een van die vertalers van die Bybel werksaam. Hy was voorsitter van die Vrystaatse Helpmekaar en lid van die hoofbestuur van die Nasionale Party. Hy was ook lid van die Raad van die Grey-universiteitskollege en 'n direkteur van die Nasionale Pers.

In 1921 verwerf hy sy doktorsgraad aan die Vrye Universiteit van Amsterdam met ’n proefskrif in Afrikaans. Van 1921 tot 1924 was hy predikant op Theunissen en van 1924 tot sy dood Volksraadslid vir Winburg vir die Nasionale Party, nadat hy in 1924 die eerste keer verkies is en wel onbestrede. Hy was ’n stigter en eerste voorsitter van die FAK en het dit gebly tot sy dood. Ook van die Voortrekkerbeweging was hy die eerste nasionale leier. Hy het in 1916 getrou met Tibbie, tweede jongste dogter van pres. M.T. Steyn. Hul dogter was getroud met ds. Kosie Stofberg. Een van dié egpaar se ses kinders was die Springbok-rugbyspeler Theuns Stofberg.

Van der Merwe het die Lewensbeskrywing van President Steyn geskryf wat in 1921 in twee dele gepubliseer is.

Bronne

  • (af) Olivier, ds. D.P.M. (red.). 1929. Kerk Souvenir van Senekal. Vyftigjarige bestaan. 1879–1929. Bloemfontein: Nas. Pers Bpk.
  • Scholtz, G.D.: Nicolaas Johannes van der Merwe 1888-1940. Johannesburg: Voortrekkerpers, 1944.
  • (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Verwysings

Tags:

11 Augustus17 Februarie18881940BloemfonteinNederduitse Gereformeerde KerkOranje-VrystaatSenekal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ApartheidBevolkingVrymesselaryAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidChemiese verbindingDaggaTierDramaPrimêre sektor van die ekonomieBTWEreksieImpakte van toerismeWes-KaapHartSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeKrugerwildtuinGlobaliseringSeksismeAfrikaanse WikipediaVryheidsmanifesYstertydperkArmoedeGeskiedenis van die BoererepubliekeAnrich HerbstSan Andreas-breukOopbroninhoudNarsistiese persoonlikheidsteuringLionel PetersonLetterlike en figuurlike taalgebruikHindoeïsmeSneeuBeeldspraakRasionale getalZack du PlessisGroepsgebiedewetWeer (meteorologie)BestuiwingSeksposisieVoortrekkermonumentHomoniemInkomsteLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWaterpokkiesEkologieProvinsies van Suid-AfrikaFotosintese7de LaanSeevlakMenslike seksuele gedragAfrikanerweerstandsbewegingVlagterminologieLewerRepubliek die KongoGesonde dieetSwartbewussynsbewegingFinansiële staatArabies-Israeliese konflikEmfiseemWynand du ToitOm-te-infinitiefkonstruksieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaEskomNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaTsoenamiAardverwarmingMaatskaplike verantwoordelikheidGemeenskapKommunikasieVolstruisJagluiperdSpringbokAbstraksie (rekenaarwetenskap)SublimasieRefentse MorakeTermiese geleidingsvermoëKoorsblaar🡆 More