Filmografie Van Tom Cruise: Lys artikel van flieks met die akteur Tom Cruise

Tom Cruise is 'n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.

Hy maak sy rolprentdebuut in die romantiese drama Endless Love in 1981. In 1983 maak hy sy deurbraak in die romantiese komedie, Risky Business en ontvang hiermee sy eerste benoeming vir die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur. In 1986 speel Cruise die rol van 'n vegvlieënier in die aksiedrama Top Gun, wat vervaardig is deur Tony Scott. Dit was die topverdiener by die filmloket vir diè jaar. Cruise het ook saam met Paul Newman verskyn in The Color of Money, wat deur Martin Scorsese geregisseer is. Twee jaar later verskyn hy saam met Dustin Hoffman in die drama Rain Man, wat bekroon is met die Oscar vir Beste Rolprent (1988). Hy het ook verskyn in die romantiese drama Cocktail (1988). Sy volgende rol was die van 'n anti-oorlogsaktivis (Ron Kovic) in die rolprentverwerking van Kovic se gelyknamige memoirs, Born on the Fourth of July (1989), waarvoor hy die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur ontvang.

Filmografie Van Tom Cruise: Rolprent, Televisie, Sien ook
Cruise tydens die Japannese première van Jack Reacher: Never Go Back, in 2016

In 1992 verskyn hy teenoor Jack Nicholson in die regsdrama A Few Good Men, 'n verwerking van die gelyknamige Broadwaytoneelstuk wat ook geskryf is deur Aaron Sorkin. Cruise verskyn hierna in The Firm (1993), 'n rolprentverwerking van John Grisham se gelyknamige regsdrama. In dieselfde jaar maak hy sy debuut as regisseur in 'n episode van die televisiereeks Fallen Angels. Cruise verskyn as die spioen Ethan Hunt in die aksiefilm Mission: Impossible (1996), die eerste projek van sy maatskappy, Cruise/Wagner Productions, wat hy in 1993 opgerig het saam met medestigter Paula Wagner. Met ingang 2023 het Cruise reeds in ses verdere rolprente in die Mission: Impossible franchise verskyn naamlik: Mission: Impossible 2 (2000), Mission: Impossible III (2006), Mission: Impossible – Ghost Protocol (2011), Mission: Impossible – Rogue Nation (2015), Mission: Impossible – Fallout (2018), en Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One (2023).

Cruise het die titelrol gespeel in die komediedrama Jerry Maguire, wat geregisseer is deur Cameron Crowe. Vir sy vertolking word hy genomineer vir 'n Golden Globe in die kategorie Beste Akteur. In 1999 verskyn Cruise in die erotiese riller Eyes Wide Shut teenoor sy destydse vrou Nicole Kidman, waarvan Stanley Kubrick die regisseur is. Hy verskyn ook in die drama Magnolia, wat geregisseer is deur Paul Thomas Anderson. Vir laasgenoemde rol ontvang hy 'n Golden Globe-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur. Hy is ook benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Akteur. Cruise het weereens saam met Crowe (as regisseur) verskyn vir die wetenskapsfiksieriller Vanilla Sky (2001), waarvoor hy 'n Saturn-toekenning vir Beste Akteur ontvang het. Die daaropvolgende jaar verskyn hy in Minority Report, wat deur Steven Spielberg geregisseer is. In 2005 werk hy weer saam met Spielberg in War of the Worlds. Hiervoor ontvang hy die Stanley Kubrick Britannia-toekenning vir Uitnemendheid (BAFTA Los Angeles). Drie jaar later verskyn hy in die satiriese aksiekomedie rolprent Tropic Thunder. In dieselfde jaar speel hy ook die rol van die leëroffisier Claus von Stauffenberg in die historiese dramarolprent Valkyrie (beide in 2008). In 2010 speel Cruise weer teenoor sy medester van Vanilla Sky-faam, Cameron Diaz, in die aksiedrama film Knight and Day, wat gevolg word deur die aksiefilm Jack Reacher (2012), waarin hy die titelrol gespeel het, asook in die vervolg daarop, Jack Reacher: Never Go Back (2016). Hy het ook verskyn in Oblivion (2013) en Edge of Tomorrow (2014), beide wetenskapsfiksie films. Drie jaar later vertolk hy die rol van die dwelmsmokkelaar Barry Seal in die aksiekomedie American Made (2017). In 2022 was Cruise beide vervaardiger van, en akteur in die vervolg op Top Gun, Top Gun: Maverick, wat meer as $1.4 miljard verdien het by rolprentlokette, en sodoende sy besbetaalde rolprent geword het.

Rolprent

Jaar Titel Rol Notas Verwysings
1981 Endless Love Billy
Taps Kaptein David Shawn
1983 The Outsiders Steve Randle
Losin' It Woody
Risky Business Joel
All the Right Moves Stefen Djordjevic
1985 Legend Jack
1986 Top Gun Luitenant Pete "Maverick" Mitchell
The Color of Money Vincent Lauria
1988 Cocktail Brian Flanagan
Rain Man Charlie Babbitt
1989 Born on the Fourth of July Ron Kovic
1990 Days of Thunder Cole Trickle Ook medeskrywer van draaiboek
1992 Far and Away Joseph Donelly
A Few Good Men Luitenant Daniel Kaffee
1993 The Firm Mitch McDeere
1994 Interview with the Vampire Lestat de Lioncourt
1996 Mission: Impossible Ethan Hunt Ook vervaardiger
Jerry Maguire Jerry Maguire
1998 Without Limits N.V.T. Slegs vervaardiger
1999 Eyes Wide Shut Dr. William Harford
Magnolia Frank T.J. Mackey
2000 Mission: Impossible 2 Ethan Hunt Ook vervaardiger
2001 Stanley Kubrick: A Life in Pictures Verteller Dokumentêre prent
The Others N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger
Vanilla Sky David Aames Ook vervaardiger
2002 Space Station 3D Verteller Dokumentêr
Minority Report Chief John Anderton
Austin Powers in Goldmember Homself as Austin Powers Cameorol
Narc N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger
2003 Shattered Glass N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger
The Last Samurai Nathan Algren Ook vervaardiger
2004 Collateral Vincent
2005 War of the Worlds Ray Ferrier
Elizabethtown N.V.T. Slegs vervaardiger
2006 Ask the Dust N.V.T. Slegs vervaardiger
Mission: Impossible III Ethan Hunt Ook vervaardiger
2007 Lions for Lambs Senator Jasper Irving
2008 Tropic Thunder Les Grossman
Valkyrie Kolonel Claus Von Stauffenberg
2010 Knight and Day Roy Miller / Matthew Knight
2011 Mission: Impossible – Ghost Protocol Ethan Hunt Ook vervaardiger
2012 Rock of Ages Stacee Jaxx
Jack Reacher Jack Reacher Ook vervaardiger
2013 Oblivion Jack Harper
2014 Edge of Tomorrow Majoor William "Bill" Cage
2015 Mission: Impossible – Rogue Nation Ethan Hunt Ook vervaardiger
2016 Jack Reacher: Never Go Back Jack Reacher Ook vervaardiger
2017 The Mummy Sersant Nick Morton
American Made Barry Seal
2018 Mission: Impossible – Fallout Ethan Hunt Ook vervaardiger
2022 Top Gun: Maverick Kaptein Pete "Maverick" Mitchell
2023 Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One Ethan Hunt
2024 Mission: Impossible – Dead Reckoning Part Two Ook vervaardiger; Verfilming
Filmografie Van Tom Cruise: Rolprent, Televisie, Sien ook 
Tom Cruise tydens die European Red Carpet Paris-debuut van Mission: Impossible – Fallout, Julie 2018

Televisie

Jaar Titel Rol Notas Ref(s)
1993 Fallen Angels N.V.T. Regisseur
Episode: "The Frightening Frammis"

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Filmografie Van Tom Cruise RolprentFilmografie Van Tom Cruise TelevisieFilmografie Van Tom Cruise Sien ookFilmografie Van Tom Cruise VerwysingsFilmografie Van Tom Cruise Eksterne skakelsFilmografie Van Tom CruiseAkteurDustin HoffmanMartin ScorseseOscarPaul NewmanTom CruiseVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klem-in-die-kaakLien se lankstaanskoeneMiddeloorontstekingLys van medisinale kruieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSteenkoolElon MuskEreksieTegnologieFamilie (verwantskap)DuitslandLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKoos du PlessisdgbsjLys van nedersettings in Suid-AfrikaGrondwetKoekie (rekenaarwetenskap)GesondheidMonopolyMagneetSlotmasjienAardbewingSpinnekopWatersuiweringMensVulvaKlimaatsverandering in AfrikaKoorsblaarSoweto-opstandVoorsetselLiefdeJeugdagMasturbasieKoedoeKnieMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaWieg van die MensdomRivierHerfs25 AprilEkostelselGestremdheidGiuseppe GuarneriAnale seksVlinderVoëlErebus (berg)PlastiekBeeldspraakPinksterAfrikanernasionalismeWisselkoersBreinMierleeuPad na jou hartEjakulasieKeelseerOnderhandelinge om apartheid te beëindigVideoHoenderDiarreeBeaufortskaalKaapse MaleiersDeon GrootRegHutsmerkLetterkundeKernoorlogRooibokVoedselkettingTradisionele literatuurLuiperd🡆 More