Fc Erzgebirge Aue

FC Erzgebirge Aue is 'n sokkerklub van Aue in Sakse, Duitsland.

FC Erzgebirge Aue
Fc Erzgebirge Aue
Volledige naam Fussballclub Erzgebirge
Aue e.V.
Stigtingsdatum 4 Maart 1946
Tuisveld Erzgebirgsstadion,
Aue
Kapasiteit 16 350
Kompetisie Bundesliga 2

Die klub is na die Tweede Wêreldoorlog opgerig as BSG Pneumatik Aue. Die span is herdoop na Zentra Wismut Aue in 1949 en SC Wismut Aue in 1951.

Erzgebirge Stadium Aue, 2018
Erzgebirge Stadium Aue, 2018

Die span het aanvanklik puik presteer en in 1954 het die kommunistiese Oos-Duitse regering besluit dat die nabygeleë stad Chemnitz - toe nog Karl Marx Stadt – 'n sterk sokkerspan verdien het. Ondanks die feit dat die tuisbasis van die klub in Aue gebly het, is die naam verander in SC Wismut Karl Marx Stadt. In die periode wat daarop volg was die klub baie suksesvol in Oos-Duitse sokker. In 1955 word die FDGB-beker verower, gevolg deur drie nasionale titels in 1956, 1957 en 1959. In 1959 word die bekereindstryd weer bereik, maar verloor die klub met 3-2 teen BFC Dynamo. In 1963 het Karl Marx Stadt 'n eie span gekry is die klubnaam weer terug verander in BSG Wismut Aue. Tot vandag het Aue nog heelwat ondersteuners wat die span uit Chemnitz ondersteun en na Aue reis vir tuiswedstryde.

Na die val van die Berlynse Muur en die eenwording van Duitsland, is die naam in 1990 verander tot FC Wismut Aue. Enkele jare later, in 1993, word die huidige naam - FC Erzgebirge Aue - aangeneem. Die naam Erzgebirge (ertsgebergte) verwys na die ligging van Aue.

In 2003 het Aue verrassend die Regionalliga Noord gewen en na die 2. Bundesliga gepromoveer, waar dit 'n sterk mededinger blyk te wees.

Erelys

Oos-Duitse kampioen

    1956, 1957, 1959

FDGB-Pokal

    1955

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64(I)DDR-Oberliga10de
  • 1964-65(I)DDR-Oberliga9de
  • 1965-66(I)DDR-Oberliga6de
  • 1966-67(I)DDR-Oberliga9de
  • 1967-68(I)DDR-Oberliga11de
  • 1968-69(I)DDR-Oberliga9de
  • 1969-70(I)DDR-Oberliga7de
  • 1970-71(I)DDR-Oberliga11de
  • 1971-72(I)DDR-Oberliga10de
  • 1972-73(I)DDR-Oberliga11de
  • 1973-74(I)DDR-Oberliga10de
  • 1974-75(I)DDR-Oberliga12de
  • 1975-76(I)DDR-Oberliga6de
  • 1976-77(I)DDR-Oberliga10de
  • 1977-78(I)DDR-Oberliga11de
  • 1978-79(I)DDR-Oberliga11de
  • 1979-80(I)DDR-Oberliga9de
  • 1980-81(I)DDR-Oberliga12de
  • 1981-82(I)DDR-Oberliga10de
  • 1982-83(I)DDR-Oberliga10de
  • 1983-84(I)DDR-Oberliga8ste
  • 1984-85(I)DDR-Oberliga4de
  • 1985-86(I)DDR-Oberliga11de
  • 1986-87(I)DDR-Oberliga4de
  • 1987-88(I)DDR-Oberliga10de
  • 1988-89(I)DDR-Oberliga7de
  • 1989-90(I)DDR-Oberliga13de
  • 1990-91(II)DDR-liga, Stapel B2de
  • 1991-92(III)Am.Oberliga Noordoos/Suid 2de
  • 1992-93(III)Am.Oberliga Noordoos/Suid7de
  • 1993-94(III)Am.Oberliga Noordoos/Suid 7de
  • 1994-95(III)Regionalliga Noordoos9de
  • 1995-96(III)Regionalliga Noordoos5de
  • 1996-97(III)Regionalliga Noordoos2de
  • 1997-98(III)Regionalliga Noordoos7de
  • 1998-99(III)Regionalliga Noordoos7de
  • 1999-00(III)Regionalliga Noordoos3de
  • 2000-01(III)Regionalliga Noord10de
  • 2001-02(III)Regionalliga Noord9de
  • 2002-03(III)Regionalliga Noord1ste
  • 2003-04(II)2.Bundesliga8ste
  • 2004-05(II)2.Bundesliga7de
  • 2005-06(II)2.Bundesliga7de
  • 2006-07(II)2.Bundesliga10de
  • 2007-08(II)2.Bundesliga16de
  • 2008-09(III)3.Liga2de
  • 2009-10(III)3.Liga2de
  • 2010-11(II)2.Bundesliga5de
  • 2011-12(II)2.Bundesliga15de
  • 2012-13(II)2.Bundesliga15de
  • 2013-14(II)2.Bundesliga14de
  • 2014-15(II)2.Bundesliga17de
  • 2015-16(III)3.Liga

Eksterne skakels

2. Bundesliga 2010/11-seisoen

FC Augsburg - TSV 1860 München - FC Erzgebirge Aue - Karlsruher SC - MSV Duisburg - VfL Osnabrück -
Hertha BSC Berlyn - 1. FC Union Berlyn - SpVgg Greuther Fürth - DSC Arminia Bielefeld - VfL Bochum -
FC Energie Cottbus - Fortuna Düsseldorf - FC Ingolstadt 04 - SC Rooiwit Oberhausen -
FSV Frankfurt - SC Paderborn 07 - Alemannia Aken

Tags:

19491951DuitslandSakseSokkerTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Desimale breukeLys van politieke partye in Suid-AfrikaMasjienMorfologie (taalkunde)SkerpioenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVoëlgriepKoppeltekenGrondbesoedelingSamestellende afleidingAkademiaHugenootAardverwarmingArmoedeKunsGasSprokieSamestellingDroomHorlosieChatGPTMiddeloorontstekingWet op NaturellengrondDriehoekDrinkwatervoorsieningEkonomie van Suid-AfrikaRuslandWisselkoersMateriaalMaatskaplike verantwoordelikheidAkuutSI-stelselHindoeïsmeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameToestand van materiePolitieke partyBeesHernubare energieAustraliëGeslagLieweheersbesieWolkMetaalDarwinismeMaagGeografie van Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)AtoomMeeueGesonde dieetHomofoonOnderwysSeksismeKlimaatsverandering in AfrikaTradisionele Afrika-godsdiensSwartbewussynsbewegingAnneli van RooyenDiarreeKoolstofAardrykskundeNuwe TestamentSlawerny in Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolMpumalangaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBruin menseDominique Strauss-KahnMynbouSuurstofVlekvrye staalAntjie SomersLeestekenXHTMLPoësieWater (molekuul)🡆 More