Eric de Kuyper (gebore op 2 September 1942) is 'n Vlaams-Belgiese en Nederlandse skrywer, kunskritikus, en eksperimentele filmregisseur.
Fiksionele outobiografiese romans, wat in die 3de persoon geskryf word, maak die grootste deel van sy kreatiewe werk uit. Sy akademiese skryfwerk behels resensies, essays, artikels en boeke oor semiotiek, rolprentwese, dans, teater en opera. Sy nie-tradisionele filmwerk onthul 'n voorliefde vir melodrama, liefdesliedere en klanklose films, met die sentrale onderwerp van homoseksualiteit. Teen die einde van die 2000's het hy concerts en images geleenthede begin reël, waarin hy klanklose rolprente en enkele segmente wat hy self vir die geleenthede skiet met lewendige klassieke musiek en soms sang en toneelspel kombineer.
Eric de Kuyper | |
---|---|
Gebore | Eric Firmin Petrus de Kuyper 02 September 1942 |
Alma mater | Rits, Erasmushogeschool Brussel; Vrije Universiteit Brussel; École des hautes études en sciences sociales, Parys |
Beroep | Romansier, filmmaker, Semiotiek. Hy skryf in Nederlands, Vlaams, Frans, Engels en Duits |
Jare aktief | 1980's–teenswoordig |
Eric de Kuyper is gebore Brussels, en het sy vroeë jeug aldaar deurgebring. Daarna is sy tienerjare oorheers deur "geloof, seksualiteit, en die toekoms" in Antwerpen, soos hy dit self gestel het. Volgens hom het die gesin meestal Nederlands gepraat, terwyl hulle "in Frans geredeneer het en die meer subtiele emosies" in dié taal beleef het. Nadat hy aan die Notre Dame Jesuïete Hoërskool gegradueer het, keer hy terug na die stad van sy geboorte om aan die Departement Oudiovisuele en Dramatiese Kunste en Tegnieke (Rits), Erasmushogeschool te studeer, en kursusse neem in filosofie en massa kommunikasie aan die Vrije Universiteit Brussels. Terwyl hy op universiteit was begin hy as regisseur by die Vlaamse Radio- en Televisieomroep werk. In 1974 registreer hy vir nagraadse studie aan die École des hautes études en sciences sociales in Parys waar hy werk in semiotiek en in 1979 'n PhD verwerf vir sy proefskrif "Pour une Sémiotique Spectaculaire" onder leiding van Algirdas Julien Greimas. Voordat hy in 1992 voltyds skrywer geword het was hy professor in filmteorie aan die Radboud Universiteit Nijmegen (Katolieke Universiteit van Nijmegen) in Nederland (1978–1988), en daarna adjunk-direkteur van die Nederlandse Film Museum (1988–1992). Hy was op die redaksie van die Nederlandse akademiese filmjoernaal 'Versus', waarvoor hy ook bydraes gemaak het.
De Kuyper het homself al beskryf as een van die min inwoners van Brussels wat steeds ten volle tweetalig is.(Vlaams en Frans). Hy praat ook Engels en Duits. Die Vlaams-Belgiese Emile Poppe, de Kuyper se medestudent aan die Vrije Universiteit Brussels en die École des hautes études en sciences sociales in Parys, het reeds verskeie akademiese stukke saam met hom gepubliseer en ook saam met de Kuyper gewerk in die vervaardiging van verskeie rolprente. Hulle woon naby Nijmegen in Kranenburg, Noordryn-Wesfale in Duitsland, ongeveer 5 myl vanaf die Nederlandse grens, net soos die hoofkarakter van de Kuyper se kortverhaal De verkeerde krant. De Kuyper het gesê dat hy in 'n sekere mate in België en Nederland tuis voel, en ook soos 'n vreemde in beide lande.
De Kuyper se eerste roman, Aan zee: taferelen uit de kinderjaren, bestaan uit 'n reeks insiggewende insigte uit die lewe van 'n klein seuntjie in na-oorlogse Brussels en die gesin se somervakansie in Oostende.
Saam roep hulle 'n nostalgiese vignette van vervloë tye op, tesame met 'n tydlose gevoel van kinderjare, wanneer 'n mens voel asof alles om hom draai. 'n Resensent het gesê dat niemand wat dit gelees het, na die Belgiese strand kan kyk sonder om aan de Kuyper te dink nie. Die liriese Aan zee was die eerste volume in de Kuyper se suksesvolle reeks werke bestaande uit derdepersoon gefiksionaliseerde herinneringe.
In die kortverhaal De verkeerde krant rig de Kuyper sy waarnemings op alles wat Duits is wanneer 'n Nederlandse professor, wat soos de Kuyper in Duitsland woon, 'n treinreis na Frankfurt onderneem: Die reisiger se gedagtes dryf van tale, na vergelykings tussen Europese koerantstyle, na kruiskulturele waarnemings, terwyl sy reis hom na 'n ongewone toevallige ontmoeting neem wanneer hy na 'n verbindingstrein na Keulen oorklim.
De Kuyper se films onthul 'n voorliefde vir melodrama, liefdesliedere en die klanklose films van Alfred Machin en Yevgeni Bauer. Die sentrale tema van sy films is homoseksualiteit. Die meeste van sy werk is hoogs eksperimenteel en word hoofsaaklik tydens filmfeeste vertoon.
Sy nie-tradisionele debuut as regisseur (gefinaliseer in 1982, vrygestel in 1983) het hom die Grand Prix besorg tydens die Hyères Internasionale Filmfees. Die oorspronklike Italiaanse titel verwys na die aria "Oh, pure / chaste goddess..." (d.w.s. die maan) uit die opera Norma deur Vincenzo Bellini. Die swart- en-wit stuk sonder dialoog begin met 'n stilstaande kamera wat aantreklike mans toon wat omsien na hul voorkoms voor 'n spieël terwyl die klankbaan van opera-arias en fragmente van ander liedjies die kyker uitdaag om die twee vlakke as verleidelike en bedwelmende parallelle, spekulatiewe kontraste of vormbrekende oortredings te ervaar. Die film stel 'n verhouding met sy filmvoorwerpe, naamlik manlike liggame, daar, wat beide sensueel en en afstand skep en wat herinner aan Flesh (reg. [[[Paul Morrissey]]; 1968) deur Andy Warhol.
In sy mees diskursiewe film ondersoek de Kuyper die temas van melodrama binne die konteks van die karakters se keuse van minnaars, en bring dit tuis met 'n onkonvensionele einde. Die swart-en-wit fotografie is gemaak deur die legendariese Henri Alekan, die fotograaf van die 1946 rolprent Beauty and the Beast (regie Jean Cocteau). Die liefdesverhaal tussen 'n universiteitstudent, en sy 40-jarige professor in filmstudies (soos de Kuyper ook destyds was) wat spesialiseer in Hollywood-dramas, neem 'n ongewone draai as die twee besluit om die student se ouers te besoek. Die vader blyk die professor se geliefde van vyftien jaar tevore te wees. De Kuyper het gesê dat hy dit belangrik geag het om nie die gehoor toe te laat om die film te beskou deur die lens van die algemene verwagtinge van 'n gay onderwerp nie, terwyl die keuse van twee manlike hoofkarakters terselfdertyd die ontsyfering van die liefde-onderwerp by wyse van die algemeen gevestigde gebruike voorkom. In plaas van 'n diskoers oor die liefde in mense se werklike lewens, is A Strange Love Affair gevul met 'n diskoers oor liefde soos dit in rolprente voorkom, veral Johnny Guitar (reg. Nicholas Ray, 1954), die beherende metafoor vir die hele verhaal.
Na 'n dekade lange onderbreking het de Kuyper saam met Chantal Akerman gewerk aan die draaiboeke vir haar La captive en Demain on déménage. Sy het hom later 'n ondersteunende rol gegee in haar rolprent, Die Blutgräfin.
Eric de Kuyper se fiksie is reeds in Frans, Italiaans en Hongaars vertaal, met een kortverhaal wat in Engels vertaal is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eric de Kuyper, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.