Semiotiek is die studie van tekens en simbole.
Taal is 'n simboliese sisteem waar betekenis toegeken word op die basis van konsensus; hierdie betekenis wat toegeken word, is simbolies. Semiotiek vind sy oorsprong in die Griekse woord sēmeiōtikos (teken). Semiotiek is dus die wetenskap van tekens. Met ander woorde, die wetenskap wat op 'n sistematiese wyse teken(sisteme) en betekenisprosesse ondersoek. Binne Semiotiek verwys 'n teken na X wat in die plek van Y staan; X verteenwoordig Y. Semiotiek bestudeer dus die teken op sigself, maar ook die sisteem waarin tekens funksioneer en waarvolgens tekens gekombineer word. Ferdinand de Saussure word beskou as die vader van moderne Semiotiek.
Ander noemenswaardige figure in die historiese ontwikkeling van die veld van Semiotiek:
Die Amerikaanse filosoof, Charles Sanders Peirce (1839-1914), ontwikkel 'n algemene tekenleer wat veral op taal van toepassing is. Hy sê die volgende daaroor:
I define a sign as anything which is so determined by something else, called its Object, and so determines an effect upon a person, which effect I call its interpretant, that the later is thereby immediately determined by the former.
Hy veronderstel dus dat 'n teken iets is wat in die plek staan van iets anders. Dit wat die teken veronderstel of verteenwoordig word, noem hy die voorwerp. Hierdie voorwerp staan ook bekend as die designatum, referent of denotatum. Hierdie teken (interpretant) word dan geïnterpreteer in die bewussyn van die interpreteerder. Derhalwe, onderskei hy drie moontlike verhoudings tussen 'n teken en sy voorwerp:
Die Switserse taalkundige en Strukturalis, Ferdinand de Saussure (1857-1913), speel 'n kardinale rol in die bestudering van tekens. Hy meen dat die studie van tekens nooit los van Strukturalisme gesien kan word nie. Hy noem sy strukturalistiese bestudering van taal as 'n sisteem van tekens Semiologie. Hy veronderstel dat die taalsisteem 'n sosiale konvensie in die gemeenskap is en dat elke individu 'n persoonlike of interne voorstelling van hierdie sisteem het. Vandag is die term Semiotiek egter meer gebruiklik. Binne sy bestudering van taal as 'n tekensisteem tref hy 'n belangrike onderskeid tussen die signifiant (aanduier) en die signifié (aangeduide). Eersgenoemde verwys na die teken (vorm) en laasgenoemde na die konsep (betekenis).
Hy tref verder ook 'n belangrike onderskeid tussen die onwaarneembare en waarneembare eienskappe van taal; langue (taal) en parole (om te praat). Langue is die term wat die onpersoonlike, sosiale eienskap van taal as 'n stel tekens voorstel (sisteem van taal) en parole dui op die persoonlike, individuele vorm van taal as taalhandelinge van die taalsubjek (konkrete taaluitings). Langue en parole saam vorm langage. Die fokus val egter op die onwaarneembare eienskappe van taal (langue).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Semiotiek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.