Dolos

Die dolos is 'n ankervormige betonblok wat gebruik word as seewering om kuste te beskerm.

Dit het die vorm van 'n hoofletter H waarvan een arm met 90º gedraai is.

Dolos
Dolosse in Kaapstad, Suid-Afrika.
Dolos
Dolos-konstruksie te Yzerfontein, Suid-Afrika.

Eric Merrifield, die hawe-ingenieur van Oos-Londen, en Aubrey Kruger, 'n tekenaar, beide spoorwegamptenare, is die ontwerpers van die unieke model. Sy naam is ontleen aan die beentjie in die hakskeengewrig van 'n skaap, bok of bees.

Golfbrekers het voorheen bestaan uit groot betonblokke van 'n wye verskeidenheid vorms en het meesal inmekaar gehaak. Met kwaai storms het hierdie ontwerpe dikwels meegegee omdat hulle die golfkrag bloot gereflekteer en nie versprei het nie. In 1944 is verskeie reghoekige betonblokke van 33 ton by die hawehoof van Oos-Londen deur 'n storm van hul plek verwyder. Hulle is daarop met swaarder blokke vervang. Twintig jaar later was meer as die helfte daarvan reeds nie meer in hulle regte posisies nie.

Verskeie modelle van betonblokke vir kusbeskerming was op daardie tydstip reeds in die wêreld bekend, naamlik die tetrapods in Frankryk, die Stabits in die Verenigde Koninkryk, die Akmons in Nederland en die Tribars in die VSA.

Merrifield het in 1963 'n blok ontwerp wat 'n maksimum aan gaping en oppervlak bied vir 'n minimum beton gebruik. Dit kon sonder 'n vaste plan in die see opgestapel word en was besonder stabiel. So is die golfkrag in die terugslag nie slegs gereflekteer nie, maar ook maksimaal versprei. Verder het die blokke ook goed aanmekaar vasgehaak en was hulle boonop met 'n gietvorm maklik te vervaardig.

Toetse uitgevoer deur die WNNR op Stellenbosch het bepaal dat die dolos tydens dieselfde golftoestande vyfmaal meer doeltreffend is as sy mededingers teen slegs 20% van sy mededinger se gewig.

Die dolos is 'n unieke Suid-Afrikaanse ontwerp wat wêreldwyd gebruik word. Merrifield het geen patent op die ontwerp geregistreer nie. In 1975 is hy vir sy werk bekroon.

Fotogalery

Bron

  • Brown, A.C. (red.): A history of scientific endeavour in South Africa. A collection of essays published on the occasion of the centenary of the Royal Society of South Africa. Kaapstad: Royal Society of South Africa, 1977.

Tags:

BetonKuslynSee

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsdagAfrikaansFrederik Willem de KlerkWet op NaturellengrondVlekvrye staalStedelike gebiedMiddeloorontstekingLys van elemente volgens simboolArmoedeverligtingKlereOlimpiese SomerspeleOsoonuitputtingEuropaSlawernyEerste WêreldoorlogAfrikanernasionalismeKommunismeLyfstraf in skoleGeskiedenis van AfrikaansProteaJupiterHondVersamelnaamMaselsKrimpvarkieOligopolieKnysnaPrimêre sektor van die ekonomieAngolese BurgeroorlogArmoedeJohn Brown (aktivis)VolhoubaarheidCholeraNieuwoudtvilleGeelsugVratSlawerny in Suid-AfrikaKoue OorlogPerdMahatma GandhiSoogdierAlkoholismeVulkaanGeslagsgelykheidDataverwerkingGrondwet van Suid-AfrikaSint Pierre en MiquelonOlimpiese Somerspele 2024Karen WesselsEkostelselSiya KolisiMaroela MediaOorTweede WêreldoorlogKommunikasieBloeddrukKarooPretoriaMeervoudDierReddingskakeKlein-KarooAfrikaanse woordelys en spelreëlsWet op Afsonderlike Geriewe20ste eeuSportLongN.P. van Wyk LouwLys van bekende Suid-AfrikanersKindersiektesArmeniëKappie (skryfteken)DaggaNasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty🡆 More