Deutsche Guernsey-Zeitung

Die Deutsche Guernsey-Zeitung (Duitse Guernsey-koerant) was 'n Duitse weermagkoerant wat tydens die Tweede Wêreldoorlog op die kanaaleiland Guernsey verskyn het.

Geskiedenis

Nadat die plaaslike koerant Evening Press reeds na aanleiding van die Deutsche Insel-Zeitung se model gedeeltelik in Duits verskyn het, is op 4 Julie 1942 met die Deutsche Guernsey-Zeitung vir die eerste keer 'n volledig Duitstalige koerant gepubliseer. Die redakteurs het van die Propagandakompanie 649 gekom, wat aan die 7de Leër behoort het. Die drukkery van die Evening Press is steeds gebruik, maar as gevolg van die verouderde toerusting moes talle materiale uit Frankryk verkry word. Die inhoud van die koerant het beide die aktuele politieke gebeure sowel as plaaslike kwessies behandel. Normaalweg het die koerant slegs uit één blad bestaan, met uitsondering van ekstra-uitgawes wat van tyd tot tyd verskyn en uit twee blaaie bestaan het. Sonderführer Herbert Ladda was die hoofredakteur tot 24 Julie 1944; hy is opgevolg deur Oberleutnant Schmidt-Walkhoff.

Die koerant is ook aan Alderney en Sark afgelewer en het tot die Duitse Ryk se kapitulasie op 8 Mei 1945 verskyn, maar na 24 Maart net elke twee dae in plaas van daagliks. Op 30 April is 'n oproep deur Adolf Hitler aan diegene Duitsers gepubliseer wat nog in die laaste oorblywende besette gebiede, insluitend die Kanaaleilande, gebly het.

Op Jersey is 'n ander manier verkies; hierdie eiland se plaaslike koerant Evening Post is slegs met 'n Duitstalige voorblad voorsien.

Literatuur

  • Heinz-Werner Eckhardt: Die Frontzeitungen des deutschen Heeres 1939–1945. Wilhelm Braumüller Universitäts-Verlagsbuchhandlung, Wene/Stuttgart 1975, ISBN 3-7003-0080-8, p. 88–89
  • Peter Tabb: A peculiar occupation: new perspectives on Hitler's Channel Islands. Ian Allen, 2005, ISBN 0-7110-3113-4

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Deutsche Guernsey-Zeitung GeskiedenisDeutsche Guernsey-Zeitung LiteratuurDeutsche Guernsey-Zeitung VerwysingsDeutsche Guernsey-Zeitung Eksterne skakelsDeutsche Guernsey-ZeitungGuernseyKanaaleilandeKoerantTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NagmaalGeskiedenis van erotiese afbeeldings.luSpaanse trappeDissipel vir wie Jesus baie lief wasRoemeensKasteel die Goeie HoopVakbondMangelontstekingDassiedeurAnrich HerbstKoue OorlogNetflixNamibiëBloemfonteinRuslandBloedvergiftigingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TunisiëKrieketGekoördineerde Universele TydGewone tarentaalDane van NiekerkJapanBrasilië.nuHemelvaartsdagTonnels van Củ ChiVormDemi Lee MooreVerantwoordelikheidNumeriese en meetkundige patroneBierGotenburgBek-en-klouseer1652Nicolas-Louis de LacailleJane GoodallHeuningbierFord FiestaWikipediaMuishondHottentot (vis)Chetan BhagatRelatiwiteitsteorie2001DjihadTuisbladBeenbreuke en ontwrigtingsKarwatsNic de JagerVrugbaarheidBloedgroepRooibokMiltAfvalbestuurInsolasieRooiwaterSeksuele opwekkingHadjRamadanKolonoskopieBrongitisFilosofieMuggieBoereAfrikaanse woordelys en spelreëlsOntkiemingSeksualiteit🡆 More